Genesis 40:1-23

40  En ná hierdie dinge het die skinker+ van die koning van Egipte en die bakker teen hulle heer, die koning van Egipte,+ gesondig.  En Farao het toornig geword op sy twee beamptes,+ op die hoof van die skinkers en op die hoof van die bakkers.+  Daarom het hy hulle in die tronk van die huis van die hoof van die lyfwag gesit,+ in die gevangenis,+ die plek waar Josef ’n gevangene was.  Toe het die hoof van die lyfwag Josef aangestel om by hulle te wees sodat hy hulle kon bedien;+ en hulle het etlike dae in die tronk gebly.  En hulle al twee het ’n droom gedroom,+ elkeen sy eie droom in die een nag,+ elkeen sy droom met sy eie uitlegging,+ die skinker en die bakker wat aan die koning van Egipte behoort het, wat gevangenes in die gevangenis was.+  Toe Josef die oggend by hulle inkom en hulle sien, kyk, toe het hulle terneergedruk gelyk.+  En hy het die beamptes van Farao wat saam met hom in die tronk van sy heer se huis was, begin uitvra en gesê: “Waarom is julle gesig vandag somber?”+  Hierop het hulle vir hom gesê: “Ons het ’n droom gedroom, en daar is niemand by ons wat dit kan uitlê nie.” Toe het Josef vir hulle gesê: “Is uitleggings nie ’n saak van God nie?+ Vertel dit asseblief vir my.”  En die hoof van die skinkers het sy droom vir Josef vertel en vir hom gesê: “In my droom, wel, daar was ’n wingerdstok voor my. 10  En aan die wingerdstok was daar drie lote, en dit was klaarblyklik aan die bot.+ Sy bloeisels het te voorskyn gekom. Sy trosse het hulle druiwe ryp laat word. 11  En Farao se beker was in my hand, en ek het die druiwe geneem en dit in Farao se beker uitgedruk.+ Daarna het ek die beker in Farao se hand gegee.”+ 12  Toe het Josef vir hom gesê: “Dít is die uitlegging daarvan:+ Die drie lote is drie dae. 13  Binne drie dae sal Farao jou kop ophef en sal hy jou beslis in jou amp herstel;+ en jy sal beslis Farao se beker in sy hand gee, volgens die vroeëre gebruik toe jy as sy skinker opgetree het.+ 14  Maar jy moet my in gedagte hou sodra dit met jou goed gaan,+ en jy moet asseblief liefderyke goedhartigheid aan my bewys en van my melding maak by Farao,+ en jy moet my uit hierdie huis kry. 15  Want ek is eintlik ontvoer uit die land van die Hebreërs;+ en ook hier het ek hoegenaamd niks gedoen waarvoor hulle my in die kerker moes sit nie.”+ 16  Toe die hoof van die bakkers sien dat hy iets goeds uitgelê het, het hy op sy beurt vir Josef gesê: “Ek was ook in my droom, en kyk, daar was drie mandjies met witbrood op my kop, 17  en in die boonste mandjie was daar allerhande eetgoed vir Farao,+ die werk van ’n bakker, en daar was voëls+ wat dit uit die mandjie bo-op my kop geëet het.” 18  Toe het Josef geantwoord en gesê: “Dít is die uitlegging daarvan:+ Die drie mandjies is drie dae. 19  Binne drie dae sal Farao jou kop van jou af ophef en jou beslis aan ’n paal hang;+ en die voëls sal beslis jou vlees van jou afeet.”+ 20  En op die derde dag was dit Farao se verjaarsdag,+ en hy het ’n feesmaal vir al sy knegte klaargemaak en die kop van die hoof van die skinkers en die kop van die hoof van die bakkers in die midde van sy knegte opgehef.+ 21  Gevolglik het hy die hoof van die skinkers in sy amp as skinker herstel,+ en hy het weer die beker in Farao se hand gegee. 22  Maar die hoof van die bakkers het hy opgehang,+ net soos Josef dit vir hulle uitgelê het.+ 23  Die hoof van die skinkers het egter nie aan Josef gedink nie en het van hom vergeet.+

Voetnote