Genesis 42:1-38

42  Uiteindelik het Jakob gesien dat daar graan in Egipte is.+ Toe het Jakob vir sy seuns gesê: “Waarom bly julle na mekaar kyk?”  En hy het bygevoeg: “Kyk, ek het gehoor dat daar graan in Egipte is.+ Trek daarheen af en gaan koop vir ons daar, sodat ons kan bly lewe en nie sterf nie.”  Gevolglik het tien broers+ van Josef afgetrek om graan uit Egipte te koop.  Maar Jakob het Benjamin,+ Josef se broer, nie saam met sy ander broers gestuur nie, want hy het gesê: “Anders kom hy dalk ’n noodlottige ongeluk oor.”+  So het Israel se seuns saam met die ander gekom wat kom koop het, want die hongersnood het in die land Kanaän geheers.+  En Josef was die maghebber oor die land.+ Hy het aan al die mense van die aarde verkoop.+ Gevolglik het Josef se broers gekom en laag voor hom gebuig met hulle gesig na die aarde.+  Toe Josef sy broers sien, het hy hulle dadelik herken, maar hy het hom onherkenbaar gemaak vir hulle.+ Daarom het hy hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: “Waar kom julle vandaan?” waarop hulle gesê het: “Uit die land Kanaän om voedsel te koop.”+  So het Josef sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie.  Josef het onmiddellik die drome onthou wat hy aangaande hulle gedroom het,+ en hy het vir hulle gesê: “Julle is spioene! Julle het gekom om die onbeskutte toestand van die land te sien!”+ 10  Toe het hulle vir hom gesê: “Nee, my heer,+ maar u knegte+ het gekom om voedsel te koop. 11  Ons is almal seuns van net een man. Ons is regskape manne. U knegte is nie spioene nie.”+ 12  Maar hy het vir hulle gesê: “Dit is nie waar nie! Want julle het gekom om die onbeskutte toestand van die land te sien!”+ 13  Hierop het hulle gesê: “U knegte is twaalf broers.+ Ons is die seuns van net een man+ in die land Kanaän; en kyk, die jongste is vandag by ons vader,+ terwyl die ander een nie meer is nie.”+ 14  Josef het egter vir hulle gesê: “Dit is soos ek tot julle gespreek het toe ek gesê het: ‘Julle is spioene!’ 15  Hieraan sal julle getoets word. So waar as Farao lewe, julle sal hiervandaan nie wegtrek tensy julle jongste broer hierheen kom nie.+ 16  Stuur een van julle dat hy julle broer kan gaan haal terwyl julle gevange gehou word, sodat julle woorde getoets kan word, of dit in julle geval die waarheid is.+ En indien nie, so waar as Farao lewe, dan is julle spioene.” 17  Daarop het hy hulle saam drie dae lank onder bewaking gestel. 18  Daarna het Josef op die derde dag vir hulle gesê: “Doen dít en bly lewe. Ek vrees+ die ware God. 19  As julle regskape is, laat dan een van julle broers gevange bly in die huis waar julle onder bewaking is,+ maar die res van julle: gaan, neem graan vir die hongersnood in julle huise.+ 20  Dan moet julle julle jongste broer na my toe bring, sodat julle woorde betroubaar bevind mag word; en julle sal nie sterf nie.”+ En hulle het so gedoen. 21  En hulle het vir mekaar begin sê: “Ons is ongetwyfeld skuldig met betrekking tot ons broer,+ want ons het die benoudheid van sy siel gesien toe hy ons om medelye gesmeek het, maar ons het nie geluister nie. Daarom het hierdie benoudheid oor ons gekom.”+ 22  Toe het Ruben hulle geantwoord en gesê: “Het ek nie vir julle gesê: ‘Moenie teen die kind sondig nie’, maar julle het nie geluister nie?+ En kyk, nou word sy bloed beslis teruggeëis.”+ 23  Wat hulle betref, hulle het nie geweet dat Josef luister nie, want daar was ’n tolk tussen hulle. 24  Toe het hy van hulle af weggedraai en begin huil.+ Daarop het hy na hulle toe teruggekeer en met hulle gepraat en Siʹmeon+ van hulle weggeneem en hom voor hulle oë gebind.+ 25  Daarna het Josef die bevel gegee, en hulle het hulle houers vol graan gemaak. Hulle moes ook die geld van die manne in elkeen se sak terugsit+ en vir hulle padkos vir die reis gee.+ En daar is so vir hulle gedoen. 26  Toe het hulle hulle graan op hulle esels gelaai en daarvandaan vertrek. 27  Toe een sy sak oopmaak om vir sy esel by die herberg voer te gee,+ het hy sy geld gesien, en kyk, dit was in die opening van sy sak.+ 28  Daarop het hy vir sy broers gesê: “My geld is teruggegee, en kyk, hier is dit in my sak!” Toe het hulle hart hulle begewe, sodat hulle bewend na mekaar toe gedraai+ en gesê het: “Wat het God ons tog aangedoen?”+ 29  Eindelik het hulle by hulle vader Jakob in die land Kanaän gekom en hom alles vertel wat hulle oorgekom het en gesê: 30  “Die man wat die heer van die land is, het ons hard aangespreek,+ aangesien hy gedink het ons is manne wat die land verken.+ 31  Maar ons het vir hom gesê: ‘Ons is regskape manne.+ Ons is nie spioene nie. 32  Ons is twaalf broers,+ die seuns van ons vader.+ Een is nie meer nie,+ en die jongste is vandag by ons vader in die land Kanaän.’+ 33  Maar die man wat die heer van die land is, het vir ons gesê:+ ‘Hieraan sal ek weet dat julle regskape is:+ Laat een van julle broers by my bly.+ Neem julle dan iets vir die hongersnood in julle huise en gaan.+ 34  En bring julle jongste broer na my toe, sodat ek kan weet dat julle nie spioene is nie, maar dat julle regskape is. Julle broer sal ek aan julle teruggee, en julle mag in die land handel dryf.’”+ 35  En toe hulle hulle sakke leegmaak, kyk, daar was elkeen se sakkie geld in sy sak. En hulle sowel as hulle vader het hulle sakkies geld gesien, en hulle het bang geword. 36  Toe het hulle vader Jakob tot hulle uitgeroep: “Julle het mý van kinders beroof!+ Josef is daar nie meer nie en Siʹmeon is daar nie meer nie,+ en Benjamin gaan julle wegneem! Oor my het al hierdie dinge gekom!” 37  Maar Ruben het vir sy vader gesê: “My twee seuns kan u doodmaak as ek hom nie na u toe terugbring nie.+ Vertrou hom aan my sorg toe, en ék sal hom na u toe terugbring.”+ 38  Hy het egter gesê: “My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood en hy het alleen oorgebly.+ As ’n noodlottige ongeluk hom sou oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle beslis my grys hare met droefheid na Sjeool laat afdaal.”+

Voetnote