Genesis 43:1-34
43 En die hongersnood was swaar in die land.+
2 En toe hulle die graan wat hulle uit Egipte gebring het,+ heeltemal opgeëet het, het hulle vader vir hulle gesê: “Gaan terug, koop vir ons ’n bietjie voedsel.”+
3 Toe het Juda vir hom gesê:+ “Die man het ons uitdruklik verseker en gesê: ‘Julle mag my aangesig nie weer sien tensy julle broer by julle is nie.’+
4 As u ons broer saam met ons stuur,+ is ons bereid om af te trek en vir u voedsel te koop.
5 Maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie, want die man het vir ons gesê: ‘Julle mag my aangesig nie weer sien tensy julle broer by julle is nie.’”+
6 En Israel het uitgeroep:+ “Waarom moes julle my kwaad aandoen deur vir die man te vertel dat julle nog ’n broer het?”
7 Hierop het hulle gesê: “Die man het regstreeks na ons en ons familielede gevra en gesê: ‘Lewe julle vader nog?+ Het julle nog ’n broer?’ en ons het volgens hierdie feite vir hom vertel.+ Hoe kon ons tog geweet het dat hy sou sê: ‘Bring julle broer af’?”+
8 Uiteindelik het Juda vir sy vader Israel gesê: “Stuur die seun saam met my,+ sodat ons kan opstaan en gaan en sodat ons kan bly lewe en nie sterf nie,+ ons sowel as u en ons kindertjies.+
9 Ek sal vir hom borg wees.+ Van my hand kan u die straf vir hom eis.+ As ek hom nie na u toe bring en hom voor u stel nie, dan sal ek vir altyd teen u gesondig het.
10 Maar as ons nie so getalm het nie, dan sou ons nou al twee keer soontoe en terug gewees het.”+
11 Toe het hulle vader Israel vir hulle gesê: “As dit dan die geval is,+ doen dan dít: Neem die beste produkte van die land in julle houers en bring dit vir die man as ’n geskenk:+ ’n bietjie balsem,+ en ’n bietjie heuning,+ labdanum en harsagtige bas,+ pistasieneute en amandels.+
12 Neem ook dubbel soveel geld in julle hand; en die geld wat in die opening van julle sakke teruggesit is, moet julle in julle hand terugneem.+ Miskien was dit ’n fout.+
13 En neem julle broer en staan op, gaan terug na die man toe.
14 En mag God die Almagtige gee dat julle medelye voor die man vind,+ sodat hy beslis vir julle julle ander broer en Benjamin sal vrylaat. Maar ek, as ek van kinders beroof moet word, dan sal ek beslis van hulle beroof wees!”+
15 Toe het die manne dié geskenk geneem, en hulle het dubbel soveel geld in hulle hand geneem, asook Benjamin. Toe het hulle opgestaan en na Egipte afgetrek en voor Josef gaan staan.+
16 Toe Josef Benjamin by hulle sien, het hy dadelik vir die man wat oor sy huis was, gesê: “Neem die manne na die huis en slag diere en tref voorbereidings,+ want die manne gaan vanmiddag by my eet.”
17 Die man het onmiddellik gedoen net soos Josef gesê het.+ En die man het die manne na Josef se huis geneem.
18 Maar die manne het bang geword omdat hulle na Josef se huis geneem is,+ en hulle het begin sê: “Dit is weens die geld wat aan die begin saam met ons in ons sakke teruggegaan het dat ons hierheen gebring word sodat hulle ons kan oorrompel en aanval en ons as slawe kan neem en ook ons esels!”+
19 Hulle het derhalwe nader gekom na die man wat oor Josef se huis was en by die ingang van die huis met hom gepraat,
20 en hulle het gesê: “Verskoon ons, my heer! Ons het gewis aan die begin afgetrek om voedsel te koop.+
21 Maar toe ons by die herberg kom+ en ons sakke begin oopmaak, kyk, daar was elkeen se geld in die opening van sy sak, ons geld volgens die volle gewig. Daarom wil ons dit graag met ons eie hande teruggee.+
22 En ons het nog meer geld in ons hande afgebring om voedsel te koop. Ons weet glad nie wie ons geld in ons sakke gesit het nie.”+
23 Toe het hy gesê: “Alles is wel met julle. Moenie bang wees nie.+ Julle God en die God van julle vader het julle ’n skat in julle sakke gegee.+ Julle geld het eers na my toe gekom.” Daarna het hy Siʹmeon na hulle toe uitgebring.+
24 Toe het die man die manne in Josef se huis ingebring en water gegee sodat hulle voete gewas kon word,+ en hy het voer vir hulle esels gegee.+
25 En hulle het die geskenk gereedgemaak+ vir Josef se koms op die middaguur, want hulle het gehoor dat hulle daar brood sou eet.+
26 Toe Josef in die huis ingaan, het hulle die geskenk wat in hulle hand was, na hom toe gebring in die huis en hulle voor hom op die aarde neergewerp.+
27 Hierna het hy gevra of dit met hulle goed gaan en gesê:+ “Gaan dit goed met julle vader, die bejaarde man van wie julle gepraat het? Lewe hy nog?”+
28 Hierop het hulle gesê: “Dit gaan goed met u kneg, ons vader. Hy lewe nog.” Toe het hulle gebuig en hulle neergewerp.+
29 Toe hy sy oë opslaan en sy broer Benjamin sien, die seun van sy moeder,+ het hy gesê: “Is dit julle broer, die jongste van wie julle my vertel het?”+ En hy het bygevoeg: “Mag God sy guns aan jou betoon,+ my seun.”
30 Josef was toe haastig, want sy innerlike emosies was opgewek teenoor sy broer,+ sodat hy ’n plek gesoek het om te huil, en hy het in ’n binnekamer ingegaan en daar in trane uitgebars.+
31 Daarna het hy sy gesig gewas en uitgegaan en hom bedwing en gesê:+ “DIEN die maaltyd op.”+
32 En hulle het dit vir hom afsonderlik opgedien en vir hulle afsonderlik en vir die Egiptenaars wat saam met hom geëet het afsonderlik; want die Egiptenaars kon nie ’n maaltyd saam met die Hebreërs eet nie, want dit is vir die Egiptenaars iets verfoeiliks.+
33 En hulle is in hulle sitplekke voor hom geplaas, die eersgeborene na sy eersgeboortereg+ en die jongste na sy jonkheid; en die manne het mekaar verbaas bly aankyk.
34 En hy het porsies wat voor hom was, voortdurend na hulle laat neem, maar hy het Benjamin se porsie vyf keer groter as die porsies van al die ander gemaak.+ So het hulle voortgegaan om ’n feesmaal te hou en tot versadiging toe saam met hom te drink.+