Genesis 44:1-34

44  Later het hy die man wat oor sy huis was,+ beveel en gesê: “Vul die sakke van die manne met soveel voedsel as hulle kan vervoer en sit elkeen se geld in die opening van sy sak.+  Maar jy moet my beker, die silwerbeker, in die opening van die sak van die jongste sit, asook die geld vir sy graan.” Toe het hy gedoen volgens die woord van Josef, wat hy gespreek het.+  Die oggend het al lig geword toe die manne weggestuur is,+ hulle sowel as hulle esels.  Hulle het uit die stad uitgetrek. Hulle het nog nie ver gegaan nie, toe het Josef vir die man wat oor sy huis was, gesê: “Staan op! Sit die manne agterna en sorg dat jy hulle inhaal en vir hulle sê: ‘Waarom het julle kwaad vir goed vergeld?+  Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy met groot bedrewenheid voortekens lees nie?+ Dit is ’n slegte daad wat julle gepleeg het.’”  Uiteindelik het hy hulle ingehaal en hierdie woorde met hulle gespreek.  Maar hulle het vir hom gesê: “Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ondenkbaar dat u knegte so iets sou doen.  Kyk, die geld wat ons in die opening van ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän na u toe teruggebring.+ Hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?+  Laat dié een van u slawe by wie dit gevind word, sterf en laat ons ook self slawe van my heer word.”+ 10  Toe het hy gesê: “Laat dit nou presies volgens julle woorde wees.+ So sal die een by wie dit gevind word, my slaaf word,+ maar julle sal onskuldig wees.” 11  Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak. 12  En hy het sorgvuldig gesoek. Hy het by die oudste begin en by die jongste opgehou. Uiteindelik is die beker in Benjamin se sak gevind.+ 13  Toe het hulle hulle mantels geskeur+ en elkeen sy vrag weer op sy esel getel en na die stad teruggekeer. 14  En Juda+ en sy broers het in Josef se huis ingegaan, en hy was nog daar; en hulle het voor hom op die aarde neergeval.+ 15  Josef het toe vir hulle gesê: “Watter soort daad is dit wat julle gepleeg het? Het julle nie geweet dat ’n man soos ek met groot bedrewenheid voortekens kan lees nie?”+ 16  Hierop het Juda uitgeroep: “Wat kan ons vir my heer sê? Wat kan ons spreek? En hoe kan ons bewys dat ons regverdig is?+ Die ware God het die oortreding van u slawe uitgevind.+ Kyk, ons is my heer se slawe,+ ons sowel as die een in wie se hand die beker gevind is!” 17  Hy het egter gesê: “Dit is vir my ondenkbaar om so iets te doen!+ Die man in wie se hand die beker gevind is, hy sal my slaaf word.+ Wat die res van julle betref, trek in vrede op na julle vader toe.”+ 18  Juda het toe nader gekom na hom toe en gesê: “Ek bid u, my heer, laat u kneg tog asseblief ’n woord ten aanhore van my heer spreek,+ en moenie u toorn+ teen u slaaf laat ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.+ 19  My heer het sy slawe gevra en gesê: ‘Het julle ’n vader of ’n broer?’ 20  Daarop het ons vir my heer gesê: ‘Ons het ’n bejaarde vader en ’n kind van sy oudag, die jongste.+ Maar sy broer is dood, sodat net hy van sy moeder oorgebly het,+ en sy vader het hom werklik lief.’ 21  Daarna het u vir u slawe gesê: ‘Bring hom af na my toe sodat ek my oog op hom kan rig.’+ 22  Maar ons het vir my heer gesê: ‘Die seun kan nie sy vader verlaat nie. As hy sy vader sou verlaat, sal hy beslis sterf.’+ 23  Toe het u vir u slawe gesê: ‘Tensy julle jongste broer saam met julle afkom, mag julle my aangesig nie weer sien nie.’+ 24  “En ons het na u slaaf, my vader, opgetrek en hom toe die woorde van my heer vertel. 25  Later het ons vader gesê: ‘Gaan terug, koop vir ons ’n bietjie voedsel.’+ 26  Maar ons het gesê: ‘Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek, want ons kan nie die man se aangesig sien as ons jongste broer nie by ons is nie.’+ 27  Toe het u slaaf, my vader, vir ons gesê: ‘Julle weet goed dat my vrou vir my net twee seuns gebaar het.+ 28  Later het die een van my af weggegaan, en ek het uitgeroep: “Ag, hy is sekerlik verskeur!”+ en ek het hom tot nou toe nie gesien nie. 29  As julle ook hierdie een onder my oë uit sou wegneem en ’n noodlottige ongeluk hom sou oorkom, sal julle beslis my grys hare met rampspoed na Sjeool+ laat afdaal.’ 30  “En sodra ek dan nou by u slaaf, my vader, kom sonder dat die seun by ons is, terwyl sy siel verbonde is aan hierdie een se siel,+ 31  dan sal hy, sodra hy sien dat die seun nie daar is nie, eenvoudig sterf, en u knegte sal inderdaad die grys hare van u slaaf, ons vader, met droefheid na Sjeool laat afdaal. 32  Want u slaaf het borg geword+ vir die seun terwyl hy van sy vader af weg is deur te sê: ‘As ek hom nie na u toe terugbring nie, dan sal ek vir ewig teen my vader gesondig het.’+ 33  Laat u slaaf dan nou asseblief in die plek van die seun as ’n slaaf vir my heer bly, sodat die seun saam met sy broers kan optrek.+ 34  Want hoe kan ek na my vader toe optrek sonder dat die seun by my is, uit vrees dat ek dan die rampspoed sal aanskou wat my vader sal tref?”+

Voetnote