Genesis 46:1-34

46  Gevolglik het Israel en alles wat syne was, weggetrek en by Berseʹba+ gekom, en hy het offerandes aan die God van sy vader Isak+ gebring.  Toe het God in nagvisioene met Israel gepraat en gesê:+ “Jakob, Jakob!” waarop hy gesê het: “Hier is ek!”+  En hy het gesê: “Ek is die ware God,+ die God van jou vader.+ Moenie bang wees om na Egipte af te trek nie, want ek sal jou daar ’n groot nasie maak.+  Ek sal saam met jou na Egipte aftrek en ek sal jou gewis ook weer laat optrek;+ en Josef sal sy hand op jou oë lê.”+  Daarna het Jakob uit Berseʹba weggetrek, en die seuns van Israel het hulle vader Jakob en hulle kindertjies en hulle vrouens op die waens vervoer wat Farao gestuur het om hom te vervoer.+  Daarbenewens het hulle hulle kuddes en hulle besittings, wat hulle in die land Kanaän versamel het,+ saamgeneem. Uiteindelik het hulle in Egipte gekom, Jakob en sy hele nageslag saam met hom.  Hy het sy seuns en sy seuns se seuns saam met hom gebring, sy dogters en sy seuns se dogters, ja, sy hele nageslag, saam met hom na Egipte.+  En dít is die name van Israel se seuns wat na Egipte gekom het:+ Jakob en sy seuns: Jakob se eersgeborene was Ruben.+  En die seuns van Ruben was Hanog en Pallu en Hesron en Karmi.+ 10  En die seuns van Siʹmeon+ was Jeʹmuel en Jamin en Ohad en Jagin+ en Sohar en Saul,+ die seun van ’n Kanaänitiese vrou. 11  En die seuns van Levi+ was Gerson,+ Kehat+ en Meraʹri.+ 12  En die seuns van Juda+ was Er+ en Onan+ en Sela+ en Peres+ en Serag.+ Maar Er en Onan het in die land Kanaän gesterf.+ En die seuns van Peres was Hesron+ en Hamul.+ 13  En die seuns van Isʹsaskar+ was Tola+ en Puwa+ en Job en Simron.+ 14  En die seuns van Seʹbulon+ was Sered en Elon en Jagʹleël.+ 15  Dit is die seuns van Lea,+ wat sy vir Jakob in Paddan-Aram gebaar het, saam met sy dogter Dina.+ Al die siele van sy seuns en van sy dogters was drie-en-dertig. 16  En die seuns van Gad+ was Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aroʹdi en Areʹli.+ 17  En die seuns van Aser+ was Jimna en Jiswa en Jiswi en Beriʹa,+ en daar was hulle suster Sera. En die seuns van Beriʹa was Heber en Malʹkiël.+ 18  Dit is die seuns van Silpa,+ wat Laban aan sy dogter Lea gegee het. Met verloop van tyd het sy hulle vir Jakob gebaar: sestien siele. 19  Die seuns van Ragel,+ Jakob se vrou, was Josef+ en Benjamin.+ 20  En vir Josef is in Egipteland Manasʹse+ en Eʹfraim+ gebore, wat Aʹsenat,+ die dogter van Potifeʹra, die priester van On, vir hom gebaar het. 21  En die seuns van Benjamin was Bela+ en Beger+ en Asbel, Gera+ en Naäman,+ Ehi en Ros, Muppim+ en Huppim+ en Ard. 22  Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is. Altesaam veertien siele. 23  En die seuns van Dan+ was Husim.+ 24  En die seuns van Nafʹtali+ was Jagʹseël en Guni+ en Jeser en Sillem.+ 25  Dit is die seuns van Bilha,+ wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het. Met verloop van tyd het sy hulle vir Jakob gebaar; altesaam sewe siele. 26  Al die siele wat saam met Jakob na Egipte gekom het, was dié wat uit sy lendene voortgekom het,+ benewens die vrouens van Jakob se seuns. Altesaam ses-en-sestig siele. 27  En Josef se seuns wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat na Egipte gekom het, was sewentig.+ 28  En hy het Juda+ voor hom uit na Josef toe gestuur om voor hom uit inligting na Gosen te stuur. Daarna het hulle in die land Gosen gekom.+ 29  Toe het Josef sy wa gereed laat maak en opgegaan om sy vader Israel in Gosen te ontmoet.+ Toe hy voor hom verskyn, het hy hom dadelik om die hals geval en herhaaldelik aan sy hals in trane uitgebars.+ 30  Uiteindelik het Israel vir Josef gesê: “Hierdie keer is ek bereid om te sterf,+ noudat ek jou aangesig gesien het, aangesien jy nog lewe.” 31  Toe het Josef vir sy broers en vir sy vader se huis gesê: “Laat ek optrek en aan Farao berig bring en vir hom sê:+ ‘My broers en my vader se huis wat in die land Kanaän was, het hier na my toe gekom.+ 32  En die manne is herders,+ want hulle het veeboere geword;+ en hulle kleinvee en hulle beeste en alles wat hulle het, het hulle hierheen gebring.’+ 33  En wanneer Farao julle laat roep en sê: ‘Watter soort werk doen julle?’ 34  moet julle sê: ‘U knegte was van ons jeug af tot nou toe nog altyd veeboere, ons sowel as ons voorvaders’,+ sodat julle in die land Gosen kan woon,+ want elke skaapwagter is vir Egipte verfoeilik.”+

Voetnote