Genesis 48:1-22

48  En ná hierdie dinge is daar vir Josef gesê: “Kyk, jou vader word swak.” Daarop het hy sy twee seuns Manasʹse en Eʹfraim+ saam met hom geneem.  Toe is daar aan Jakob berig gebring en gesê: “Kyk, u seun Josef het na u toe gekom.” En Israel het sy kragte ingespan en regop gesit op sy slaapbank.  En Jakob het vir Josef gesê: “God die Almagtige het aan my verskyn by Lus,+ in die land Kanaän, sodat hy my kon seën.+  En hy het vir my gesê: ‘Kyk, ek maak jou vrugbaar,+ en ek sal jou baie maak en ek sal jou ’n versameling van volke+ laat word en ek sal hierdie land aan jou saad ná jou gee as ’n besitting tot onbepaalde tyd.’+  En nou, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek hier na jou in Egipte gekom het, hulle is dan nou myne.+ Eʹfraim en Manasʹse sal myne word soos Ruben en Siʹmeon.+  Maar jou nakomelinge van wie jy ná hulle vader sal word, sal joune word. Tesame met die naam van hulle broers sal hulle in hulle erfdeel genoem word.+  En wat my betref, toe ek van Paddan+ af gekom het, het Ragel aan my sy in die land Kanaän gesterf,+ op die reis terwyl daar nog ’n goeie ent pad was voordat ons by Efrat+ sou kom, sodat ek haar daar op pad na Efrat, dit wil sê Betlehem,+ begrawe het.”  Toe het Israel Josef se seuns gesien en gesê: “Wie is dit?”+  En Josef het vir sy vader gesê: “Dit is my seuns wat God my in hierdie plek gegee het.”+ Hierop het hy gesê: “Bring hulle asseblief na my toe sodat ek hulle kan seën.”+ 10  En Israel se oë was dof van ouderdom.+ Hy kon nie sien nie. Gevolglik het hy hulle na aan hom gebring, en toe het hy hulle gesoen en hulle omhels.+ 11  En Israel het vir Josef gesê: “Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie,+ maar kyk, God het my ook jou nageslag laat sien.” 12  Daarna het Josef hulle van sy knieë weggeneem, en hy het hom met sy gesig na die aarde neergebuig.+ 13  Josef het hulle twee toe geneem, Eʹfraim met sy regterhand links van Israel,+ en Manasʹse met sy linkerhand regs van Israel,+ en hulle naby hom gebring. 14  Israel het egter sy regterhand uitgesteek en dit op Eʹfraim se kop gesit,+ hoewel hy die jongste was,+ en sy linkerhand op Manasʹse se kop.+ Hy het sy hande doelbewus so gelê, aangesien Manasʹse die eersgeborene was.+ 15  En hy het Josef geseën en gesê:+ “Die ware God voor wie my vaders Abraham en Isak gewandel het,+Die ware God wat my gedurende my hele lewe tot vandag toe as herder gelei het,+ 16  Die engel wat my uit alle rampspoed verlos het,+ seën die seuns.+En mag my naam oor hulle uitgeroep word en die naam van my vaders, Abraham en Isak,+En mag hulle tot ’n menigte op die aarde toeneem.”+ 17  Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op Eʹfraim se kop laat rus, het dit hom mishaag,+ en hy het sy vader se hand probeer vasgryp om dit van Eʹfraim se kop na Manasʹse se kop oor te bring.+ 18  Josef het derhalwe vir sy vader gesê: “Nie so nie, my vader, want hý is die eersgeborene.+ Sit u regterhand op sy kop.” 19  Maar sy vader het bly weier en gesê: “Ek weet dit, my seun, ek weet dit. Ook hy sal ’n volk word en ook hy sal groot word.+ Maar sy jongste broer sal nietemin groter as hy word,+ en sy nageslag sal die volle ekwivalent van nasies word.”+ 20  En hy het voortgegaan om hulle dié dag te seën+ en gesê: “Laat Israel deur middel van jou herhaaldelik ’n seën uitspreek en sê:‘Mag God jou maak soos Eʹfraim en soos Manasʹse.’”+ So het hy Eʹfraim voor Manasʹse bly stel.+ 21  Daarna het Israel vir Josef gesê: “Kyk, ek is sterwend,+ maar God sal voortdurend met julle wees en julle na die land van julle voorvaders terugbring.+ 22  Wat my betref, ek gee jou een stuk land meer as jou broers,+ wat ek met my swaard en met my boog uit die hand van die Amoriete geneem het.”

Voetnote