Genesis 49:1-33

49  Later het Jakob sy seuns geroep en gesê: “Kom bymekaar sodat ek vir julle kan sê wat aan die einde van die dae met julle sal gebeur.  Kom bymekaar en luister, o seuns van Jakob, ja, luister na julle vader Israel.+  “Ruben, jy is my eersgeborene,+ my krag en die begin van my voortplantingsvermoë,+ die uitnemendste in waardigheid en die uitnemendste in sterkte.  Met roekelose losbandigheid soos waters sal jy nie uitmunt nie,+ want jy het op die bed van jou vader geklim.+ In daardie tyd het jy my rusbed ontheilig.+ Hy het daarop geklim!  “Siʹmeon en Levi is broers.+ Instrumente van geweld is hulle moordwapens.+  Moenie in hulle intieme groep kom nie,+ o my siel. Moenie met hulle vergadering verenig word nie,+ o my gemoed, want in hulle toorn het hulle manne doodgemaak,+ en in hulle eiemagtigheid het hulle bulle se hakskeensenings afgesny.  Mag hulle toorn vervloek wees,+ want dit is wreed,+ en hulle grimmigheid, want dit handel hardvogtig.+ Laat ek hulle in Jakob verdeel en laat ek hulle in Israel verstrooi.+  “Wat jou betref, Juda,+ jou broers sal jou prys.+ Jou hand sal agter op die nek van jou vyande wees.+ Die seuns van jou vader sal hulle voor jou neerwerp.+  Juda is ’n leeuwelpie.+ Van die prooi af, my seun, sal jy beslis opklim. Hy het hom neergebuig, hy het hom uitgestrek soos ’n leeu en, soos ’n leeu, wie waag dit om hom op te jaag?+ 10  Die septer sal van Juda nie wyk nie,+ ook nie die aanvoerderstaf tussen sy voete uit nie, totdat Silo kom;+ en aan hom sal die gehoorsaamheid van die volke behoort.+ 11  Sy volgroeide esel maak hy aan ’n wingerdstok vas en die afstammeling van sy eselin aan ’n uitgesoekte wingerdstok; hy sal beslis sy klere in wyn was en sy kleed in druiwebloed.+ 12  Donkerrooi is sy oë van wyn, en die wit van sy tande is van melk. 13  “Seʹbulon sal by die seestrand woon,+ en hy sal by die strand wees waar die skepe geanker lê;+ en sy afgeleë sy sal na Sidon toe wees.+ 14  “Isʹsaskar+ is ’n sterkgebeende esel, wat tussen die twee saalsakke lê. 15  En hy sal sien dat die rusplek goed is en dat die land lieflik is; en hy sal sy skouer buig om laste te dra en hy sal aan slaafse dwangarbeid onderwerp word. 16  “Dan sal sy volk rig as een van die stamme van Israel.+ 17  Laat Dan ’n slang langs die pad wees, ’n horingslang langs die weg, wat die hakskene van die perd byt sodat sy ruiter agteroorval.+ 18  Ek sal inderdaad wag op redding van u, o Jehovah.+ 19  “Wat Gad betref, ’n rowerbende sal hom oorval, maar hy sal die uiterste agterhoede oorval.+ 20  “Uit Aser sal sy brood vet wees,+ en hy sal die lekkernye van ’n koning gee.+ 21  “Nafʹtali+ is ’n lenige takbokooi. Hy uiter elegante woorde.+ 22  “Loot van ’n vrugdraende boom,+ Josef is die loot van ’n vrugdraende boom by die fontein,+ wat sy takke uitstoot oor ’n muur.+ 23  Maar die boogskutters het aangehou om hom te teister en na hom geskiet en was hom voortdurend vyandiggesind.+ 24  En tog het sy boog op ’n vaste plek gewoon,+ en die krag van sy hande was soepel.+ Vanuit die hande van die Magtige van Jakob,+ vandaar is die Herder, die Steen van Israel.+ 25  Hy kom van die God van jou vader af,+ en hy sal jou help;+ en hy is by die Almagtige,+ en hy sal jou seën met die seëninge van die hemel daar bo,+ met die seëninge van die waterdiepte wat daar onder lê,+ met die seëninge van die borste en die moederskoot.+ 26  Die seëninge van jou vader sal inderdaad groter wees as die seëninge van die ewige berge,+ as die sieraad van die heuwels wat tot onbepaalde tyd bly.+ Hulle sal op die hoof van Josef bly, ja, op die kroon van die hoof van die een wat onder sy broers uitgesonder is.+ 27  “Benjamin sal bly verskeur soos ’n wolf.+ In die oggend sal hy die verowerde dier eet en in die aand sal hy buit verdeel.”+ 28  Hulle almal is die twaalf stamme van Israel, en dit is wat hulle vader vir hulle gesê het toe hy hulle geseën het. Hy het hulle elkeen geseën volgens sy eie seën.+ 29  Daarna het hy hulle beveel en vir hulle gesê: “Ek word tot my volk versamel.+ Begrawe my by my vaders in die grot wat in die veld van Efron, die Hetiet, is,+ 30  in die grot wat in die veld van Magpeʹla is wat teenoor Mamre in die land Kanaän lê, die veld wat Abraham van Efron, die Hetiet, gekoop het om ’n graf te besit.+ 31  Daar het hulle Abraham en sy vrou Sara begrawe.+ Daar het hulle Isak en sy vrou Rebekka begrawe,+ en daar het ek Lea begrawe. 32  Die gekoopte veld en die grot wat daarin is, het van die seuns van Het gekom.”+ 33  So het Jakob aan die einde gekom van die bevele aan sy seuns. Toe het hy sy voete op die slaapbank teruggetrek en gesterf en is hy tot sy volk versamel.+

Voetnote