Genesis 6:1-22

6  En toe die mense op die oppervlak van die aarde in getal begin toeneem het en dogters vir hulle gebore is,+  het die seuns van die ware God+ die dogters van die mense begin opmerk,+ dat hulle mooi is; en hulle het vir hulle vrouens geneem, naamlik almal wat hulle verkies het.  Daarna het Jehovah gesê: “My gees+ sal nie vir ’n onbepaalde tyd teenoor die mens optree nie,+ aangesien hy ook vlees is.+ Gevolglik sal sy dae honderd-en-twintig jaar wees.”+  Die Neʹfilim was in daardie dae op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van die ware God voortgegaan het om met die dogters van die mense gemeenskap te hê en dié vir hulle seuns gebaar het; hulle was die sterkes van die ou tyd, die manne van naam.  Gevolglik het Jehovah gesien dat die slegtheid van die mens oorvloedig op die aarde was en dat elke neiging+ van die gedagtes van sy hart die hele tyd net sleg was.+  En Jehovah het spyt gevoel+ dat hy mense op die aarde gemaak het, en hy het gekrenk gevoel in sy hart.+  Toe het Jehovah gesê: “Ek gaan die mense wat ek geskep het,+ van die oppervlak van die aarde af wegvee, die mense sowel as die mak diere en die kruipende diere en die voëls van die hemel,+ omdat ek spyt is dat ek hulle gemaak het.”+  Maar Noag het guns in die oë van Jehovah gevind.  Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ’n regverdige man.+ Hy was onberispelik onder sy tydgenote. Noag het met die ware God gewandel.+ 10  Met verloop van tyd het Noag die vader van drie seuns geword, Sem, Gam en Jafet.+ 11  En die aarde het verdorwe geraak voor die oë van die ware God+ en die aarde het vol geweld geraak.+ 12  Toe het God die aarde gesien, en kyk! dit was verdorwe,+ want alle vlees het sy weg op die aarde verderf.+ 13  Daarna het God vir Noag gesê: “Die einde van alle vlees het voor my gekom,+ want die aarde is vol geweld as gevolg van hulle; en kyk, ek verdelg hulle saam met die aarde.+ 14  Maak vir jou ’n ark van die hout van ’n harsagtige boom.+ Jy moet afdelings in die ark maak, en jy moet dit binne en buite met teer bedek.+ 15  En só moet jy dit maak: driehonderd el+ die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte. 16  Jy moet ’n tsoʹhar [dak of venster] vir die ark maak, en jy moet dit tot ’n el van bo af voltooi, en die ingang van die ark moet jy aan sy sykant aanbring;+ en jy moet dit met ’n onderste verdieping, ’n tweede verdieping en ’n derde verdieping maak. 17  “En kyk, ek bring die sondvloed+ van waters op die aarde om alle vlees waarin die lewenskrag+ werksaam is, onder die hemel uit te verdelg. Alles wat op die aarde is, sal sterf.+ 18  En ek bring my verbond met jou tot stand; en jy moet in die ark ingaan, jy en jou seuns en jou vrou en jou seuns se vrouens saam met jou.+ 19  En van al die diere van elke soort vlees+ moet jy twee van elk in die ark inbring om hulle saam met jou in die lewe te hou.+ Mannetjie en wyfie moet hulle wees. 20  Van die voëls volgens hulle soorte en van die mak diere volgens hulle soorte,+ van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elk moet daar na jou toe ingaan om hulle in die lewe te hou.+ 21  En wat jou betref, neem vir jou elke soort voedsel wat geëet word;+ en jy moet dit by jou versamel, en dit sal vir jou en vir hulle as voedsel dien.”+ 22  En Noag het gedoen volgens alles wat God hom beveel het. Hy het net so gedoen.+

Voetnote