Genesis 7:1-24

7  Daarna het Jehovah vir Noag gesê: “Gaan in die ark in, jy en jou hele huisgesin,+ want jy, het ek gesien, is regverdig voor my in hierdie geslag.+  Van al die rein diere moet jy vir jou groepe van sewe neem, die mannetjie en sy wyfie;+ en van al die diere wat nie rein is nie, net twee, die mannetjie en sy wyfie;  ook van die voëls van die hemel groepe van sewe, mannetjie en wyfie,+ om nageslag op die oppervlak van die hele aarde in die lewe te hou.+  Want oor nog net sewe dae laat ek dit veertig dae en veertig nagte+ op die aarde reën;+ en ek sal alles wat bestaan wat ek gemaak het, van die oppervlak van die aarde af wegvee.”+  En Noag het gedoen volgens alles wat Jehovah hom beveel het.  En Noag was seshonderd jaar oud toe die sondvloed van waters oor die aarde gekom het.+  En Noag het ingegaan, en sy seuns en sy vrou en sy seuns se vrouens het saam met hom in die ark ingegaan, voor die waters van die sondvloed.+  Van al die rein diere en van al die diere wat nie rein is nie en van die voëls en alles wat op die aarde kruip,+  het daar twee-twee na Noag in die ark ingegaan, mannetjie en wyfie, net soos God Noag beveel het. 10  En sewe dae later het die waters van die sondvloed oor die aarde gekom. 11  In die seshonderdste jaar van Noag se lewe, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dié dag is al die fonteine van die groot waterdiepte oopgebreek en is die sluise van die hemel geopen.+ 12  En die stortreën op die aarde het veertig dae en veertig nagte+ voortgeduur. 13  Op daardie selfde dag het Noag ingegaan, en Sem en Gam en Jafet, Noag se seuns,+ en die vrou van Noag en die drie vrouens van sy seuns saam met hom, in die ark in;+ 14  hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte+ en al die mak diere volgens hulle soorte en al die kruipende diere wat op die aarde kruip volgens hulle soorte+ en al die voëls volgens hulle soorte,+ al die gevleuelde voëls.+ 15  En hulle het na Noag in die ark bly gaan, twee-twee, van elke soort vlees waarin die lewenskrag werksaam was.+ 16  En dié wat ingaan, mannetjie en wyfie van elke soort vlees, het ingegaan, net soos God hom beveel het. Daarna het Jehovah die deur agter hom toegesluit.+ 17  En die sondvloed het veertig dae op die aarde voortgeduur, en die waters het bly vermeerder en die ark opgelig, en dit het hoog bo die aarde gedryf. 18  En die waters het oorweldigend geword en het grootliks vermeerder op die aarde, maar die ark het op die oppervlak van die waters bly gaan.+ 19  En die waters het die aarde so erg oorweldig dat al die hoë berge wat onder die ganse hemel was, bedek is.+ 20  Tot vyftien el bokant hulle het die waters hulle oorweldig, en die berge is bedek.+ 21  En alle vlees wat op die aarde beweeg het, het gesterf,+ die voëls en die mak diere en die wilde diere sowel as al die kruipende diertjies wat op die aarde gewemel het, en al die mense.+ 22  Alles waarin die asem van die lewenskrag in die neusgate werksaam was, naamlik alles wat op die droë grond was, het gesterf.+ 23  So het hy alles uitgewis wat op die oppervlak van die aarde bestaan het, die mense sowel as die diere en die kruipende diere en die voëls van die hemel, en hulle is van die aarde af weggevee;+ en net Noag en dié wat saam met hom in die ark was, het bly lewe.+ 24  En die waters het die aarde honderd-en-vyftig dae lank oorweldig.

Voetnote