Genesis 8:1-22

8  Daarna het God gedink aan+ Noag en aan al die wilde diere en al die mak diere wat saam met hom in die ark was,+ en God het ’n wind oor die aarde laat gaan, en die waters het begin sak.+  En die fonteine van die waterdiepte+ en die sluise+ van die hemel is toegemaak, en so is die stortreën uit die hemel teruggehou.  En die waters het van die aarde begin terugtrek, geleidelik teruggetrek; en na verloop van honderd-en-vyftig dae het die water afgeneem.+  En in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, het die ark+ op die Aʹraratberge+ tot rus gekom.  En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge verskyn.+  Toe het Noag na verloop van veertig dae die venster+ oopgemaak van die ark wat hy gemaak het.  Daarna het hy ’n raaf+ uitgestuur, en hy het buite bly vlieg, weggevlieg en teruggekom, totdat die waters van die aarde af opgedroog het.  Later het hy ’n duif+ van hom af uitgestuur om te sien of die waters van die oppervlak van die aarde afgeneem het.  En die duif het geen rusplek vir die sool van sy voet gevind nie, en daarom het hy na hom toe teruggekeer in die ark omdat die waters nog op die oppervlak van die hele aarde was.+ Daarop het hy sy hand uitgesteek en hom geneem en hom by hom in die ark gebring. 10  En hy het nog sewe dae gewag, en weer eens het hy die duif uit die ark uitgestuur. 11  Later het die duif teen die aand na hom toe gekom, en kyk! daar was ’n vars geplukte olyfblaar+ in sy snawel, en so het Noag te wete gekom dat die waters van die aarde afgeneem het.+ 12  En hy het nog sewe dae gewag. Toe het hy die duif uitgestuur, maar hy het nie weer na hom toe teruggekom nie.+ 13  En in die seshonderd-en-eerste jaar,+ in die eerste maand, op die eerste dag van die maand, het die waters van die aarde af weggevloei; en Noag het die bedekking van die ark verwyder en gekyk, en die oppervlak van die aarde het drooggeloop.+ 14  En in die tweede maand, op die sewe-en-twintigste dag van die maand, was die aarde droog.+ 15  God het toe met Noag gepraat en gesê: 16  “Gaan uit die ark uit, jy en jou vrou en jou seuns en jou seuns se vrouens saam met jou.+ 17  Bring al die diere van elke soort vlees+ wat by jou is, die voëls+ en die mak diere+ en al die kruipende diere wat op die aarde kruip,+ saam met jou uit, aangesien hulle moet wemel op die aarde en vrugbaar moet wees en baie moet word op die aarde.”+ 18  Daarop het Noag uitgegaan, en ook sy seuns+ en sy vrou en sy seuns se vrouens saam met hom. 19  Al die diere, al die kruipende diere en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle families het hulle uit die ark uitgegaan.+ 20  En Noag het begin om ’n altaar vir Jehovah te bou+ en van al die rein diere+ en van al die rein voëls+ te neem en brandoffers op die altaar te bring.+ 21  En Jehovah het ’n rustige geur begin ruik,+ en daarom het Jehovah in sy hart gesê:+ “Nooit weer sal ek ’n vloek oor die grond uitspreek+ weens die mens nie, want die neiging+ van die mens se hart is sleg van sy jeug af;+ en nooit weer sal ek alles wat lewe, tref soos ek gedoen het nie.+ 22  Al die dae dat die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd, en koue en hitte, en somer en winter, en dag en nag nooit ophou nie.”+

Voetnote