Genesis 9:1-29

9  En God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en word baie en vul die aarde.+  En ’n vrees vir julle en ’n skrik vir julle sal op elke dier van die aarde en op elke voël van die hemel bly, op alles wat op die aarde kruip, en op al die visse van die see. In julle hand word hulle nou gegee.+  Al die diere wat beweeg en lewe, mag vir julle as voedsel dien.+ Soos in die geval van die groen plante, gee ek dit alles aan julle.+  Net vleis met sy siel+—sy bloed+—mag julle nie eet nie.+  En daarbenewens sal ek julle bloed van julle siele terugeis. Van elke dier sal ek dit terugeis; en van die hand van die mens, van die hand van elkeen wat sy broer is, sal ek die siel van die mens terugeis.+  Elkeen wat ’n mens se bloed vergiet, deur die mens sal sy bloed vergiet word,+ want na God se beeld het hy die mens gemaak.  En wat julle betref, wees vrugbaar en word baie, laat die aarde wemel van julle en word baie daarop.”+  En God het verder vir Noag en vir sy seuns by hom gesê:  “En wat my betref, kyk, ek bring my verbond tot stand+ met julle en met julle nageslag ná julle,+ 10  en met al die lewende siele wat by julle is, die voëls, die mak diere en al die wilde diere van die aarde by julle, alles wat uit die ark uitgegaan het sowel as elke dier op die aarde.+ 11  Ja, ek bring my verbond met julle tot stand: Nie weer sal alle vlees deur die waters van ’n sondvloed uitgeroei word nie, en nie weer sal daar ’n sondvloed kom om die aarde te verwoes nie.”+ 12  En God het bygevoeg: “Dít is die teken+ van die verbond wat ek gee tussen my en julle en elke lewende siel wat by julle is, vir die geslagte tot onbepaalde tyd. 13  My reënboog+ gee ek in die wolk, en dit sal dien as ’n teken van die verbond tussen my en die aarde. 14  En wanneer ek ’n wolk oor die aarde bring, sal die reënboog beslis in die wolk verskyn. 15  En ek sal beslis dink aan my verbond+ wat tussen my en julle en elke lewende siel van alle vlees is;+ en nie weer sal die waters ’n sondvloed word om alle vlees te verdelg nie.+ 16  En die reënboog sal in die wolk wees,+ en ek sal dit sekerlik sien om te dink aan die verbond tot onbepaalde tyd+ tussen God en elke lewende siel van alle vlees wat op die aarde is.”+ 17  En God het weer vir Noag gesê: “Dít is die teken van die verbond wat ek tot stand bring tussen my en alle vlees wat op die aarde is.”+ 18  En Noag se seuns+ wat uit die ark gekom het, was Sem en Gam en Jafet. Later het Gam die vader van Kanaän+ geword. 19  Hierdie drie was Noag se seuns, en uit hulle het die hele aarde se bevolking versprei.+ 20  En Noag het begin as ’n landbouer+ en ’n wingerd geplant.+ 21  En hy het van die wyn begin drink en dronk geword,+ en toe het hy hom binne-in sy tent ontbloot. 22  Later het Gam,+ die vader van Kanaän, sy vader se naaktheid gesien+ en dit buite vir sy twee broers gaan vertel.+ 23  Daarop het Sem en Jafet ’n mantel+ geneem en dit op hulle albei se skouers gesit en agteruit ingeloop. So het hulle hulle vader se naaktheid bedek, terwyl hulle gesig weggedraai was, en hulle het nie hulle vader se naaktheid gesien nie.+ 24  Uiteindelik het Noag van sy wyn wakker geword en te wete gekom wat sy jongste seun hom aangedoen het. 25  Hierop het hy gesê: “Mag Kanaän vervloek wees.+Laat hom die geringste slaaf van sy broers word.”+ 26  En hy het bygevoeg:“Mag Jehovah,+ Sem se God, geloof word,En mag Kanaän vir hom ’n slaaf word.+ 27  Mag God voldoende ruimte aan Jafet gee,En mag hy in die tente van Sem woon.+Mag Kanaän ook vir hom ’n slaaf word.” 28  En Noag het ná die sondvloed nog driehonderd-en-vyftig jaar gelewe.+ 29  En al die dae van Noag was negehonderd-en-vyftig jaar, en hy het gesterf.+

Voetnote