Habakuk 1:1-17
1 Die uitspraak wat die profeet Haʹbakuk in ’n visioen gesien het:
2 Hoe lank, o Jehovah, moet ek om hulp roep, sonder dat u hoor?+ Hoe lank sal ek tot u om hulp roep teen geweld, sonder dat u red?+
3 Waarom laat u my sien wat skadelik is en hou u aan om te kyk na wat niks anders as moeite is nie? En waarom is plundering en geweld voor my, en waarom is daar rusie, en waarom ontstaan twis?+
4 Daarom verloor die wet sy krag en kom die reg nooit te voorskyn nie.+ Omdat die goddelose die regverdige omsingel, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.+
5 “AANSKOU onder die nasies en kyk toe, en staar mekaar verbaas aan.+ Staan verbaas; want ’n werk word in julle dae verrig, wat julle nie sal glo nie, al word dit ook vertel.+
6 Want kyk, ek verwek die Galdeërs,+ die vyandige en onstuimige nasie, wat na die uitgestrekte plekke van die aarde trek om woonplekke in besit te neem wat nie aan hom behoort nie.+
7 Skrikwekkend en vreesinboesemend is hy. Van homself gaan sy reg en sy waardigheid uit.+
8 En sy perde is vinniger as luiperds, en hulle is wreder as aandwolwe.+ En sy ryperde het die grond met hulle hoewe gekap, en van ver af het sy ryperde gekom. Hulle vlieg soos die arend wat neerskiet om iets te eet.+
9 In sy geheel kom hy bloot vir geweld.+ Wanneer hulle gesigte byeengebring word, is dit soos die oostewind,+ en hy maak gevangenes bymekaar soos die sand.
10 En hy bespot konings, en hoë amptenare is vir hom iets lagwekkends.+ Hy lag selfs oor elke vesting,+ en hy hoop stof op en neem dit in.
11 Dan sal hy beslis soos wind voortbeweeg en deurtrek en skuldig word.+ Hierdie krag van hom is toe te skryf aan sy god.”+
12 Is u nie van lank gelede nie, o Jehovah?+ O my God, my Heilige, u sterf nie.+ O Jehovah, tot ’n oordeel het u hom gestel; en, o Rots,+ tot ’n teregwysing+ het u hom gegrondves.
13 U is te suiwer van oë om die kwaad te sien; en na moeite kan u nie kyk nie.+ Waarom kyk u na dié wat verraderlik handel,+ bly u stil wanneer die goddelose iemand verswelg wat regverdiger is as hy?+
14 En waarom maak u die mens soos die visse van die see, soos die kruipende diere waaroor niemand heers nie?+
15 Hy het hulle almal met ’n blote vishoek opgetrek;+ hy sleep hulle weg in sy sleepnet, en hy versamel hulle in sy visnet.+ Daarom verbly hy hom en is hy bly.+
16 Daarom bring hy offerandes aan sy sleepnet en laat hy offerrook opgaan vir sy visnet; want deur hulle is sy deel olieryk en is sy voedsel gesond.+
17 Sal hy daarom sy sleepnet leegmaak, en moet hy nasies voortdurend doodmaak, terwyl hy geen medelye betoon nie?+