Habakuk 2:1-20

2  Op my wagpos sal ek bly staan,+ en ek sal deurentyd op die verskansing staan; en ek sal wag hou,+ om te sien wat hy deur my sal sê+ en wat ek op my teregwysing sal antwoord.+  En Jehovah het my geantwoord en gesê: “Teken die visioen op en skryf dit duidelik op tafels,+ sodat hy wat daarvan voorlees, dit vlot kan doen.+  Want die visioen is nog vir die vasgestelde tyd,+ en dit beweeg hygend voort na die einde, en dit sal geen leuen vertel nie. Al sou dit talm, bly in afwagting daarvan; want dit sal vir seker uitkom.+ Dit sal nie laat wees nie.  “Kyk! Sy siel is opgeblase;+ dit was nie regskape in hom nie. Maar wat die regverdige betref, deur sy getroue geloof sal hy bly lewe.+  En inderdaad, omdat die wyn verraderlik handel,+ is ’n man aanmatigend;+ en hy sal sy doel nie bereik nie,+ hy wat sy siel ruim gemaak het net soos Sjeool en wat soos die dood is en nie versadig kan word nie.+ En hy hou aan om al die nasies by hom te versamel en al die volke by hom bymekaar te bring.+  Sal dit nie juis hulle wees wat almal teen hom ’n spreekwoord+ en ’n sinspeling, insinuasies oor hom, aanhef nie? En daar sal gesê word: “‘Wee hom wat vermenigvuldig wat nie syne is nie+—hoe lank tog!+—en wat swaar skuld op hom laai!  Sal dié wat rente van jou vra, nie skielik opstaan en dié wat jou hewig skud, wakker word nie, en sal jy nie beslis vir hulle iets word om te plunder nie?+  Omdat jy baie nasies geplunder het, sal al die oorblywendes van die volke jou plunder,+ weens die vergieting van mensebloed en die geweld teen die aarde, die stad en almal wat daarin woon.+  “‘Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis,+ om sy nes in die hoogte te stel, om uit die greep van rampspoed verlos te word!+ 10  Jy het iets skandeliks vir jou huis beplan, die uitroeiing van baie volke;+ en jou siel sondig.+ 11  Want uit die muur sal ’n klip klaend roep, en uit die houtwerk sal ’n dakbalk hom antwoord.+ 12  “‘Wee hom wat ’n stad bou deur bloedvergieting en wat ’n stad stewig gevestig het deur onregverdigheid!+ 13  Kyk! Kom dit nie van Jehovah van die leërs dat volke net vir die vuur sal swoeg en dat volksgroepe hulle verniet sal vermoei nie?+ 14  Want die aarde sal vol wees van die kennis van die heerlikheid van Jehovah soos die waters die see bedek.+ 15  “‘Wee hom wat sy metgeselle iets te drinke gee, waarmee jou woede en toorn gemeng word, om hulle dronk te maak,+ met die doel om hulle skaamdele te sien.+ 16  Jy sal beslis oorversadig word met oneer in plaas van heerlikheid.+ Drink ook self+ en word as onbesnede beskou.+ Die beker van die regterhand van Jehovah sal na jou toe omgaan,+ en skande sal oor jou heerlikheid kom; 17  want die geweld wat die Liʹbanon aangedoen is,+ sal jou bedek, en die roofsug teen die diere wat hulle verskrik, weens die vergieting van mensebloed en die geweld teen die aarde,+ die stad en almal wat daarin woon.+ 18  Van watter nut is ’n gesnede beeld,+ as hy deur sy vormer uitgesny is, ’n gegote beeld en ’n onderrigter van leuens?+ as die vormer van sy vorm so daarop vertrou het+ dat hy waardelose gode gemaak het wat stom is?+ 19  “‘Wee hom wat vir die stuk hout sê: “Ontwaak tog!” vir ’n stom klip: “Word tog wakker! Hy sal onderrig gee”!+ Kyk! Hy is met goud en silwer oorgetrek,+ en daar is hoegenaamd geen asem in sy binneste nie.+ 20  Maar Jehovah is in sy heilige tempel.+ Bewaar die swye voor hom, ganse aarde!’”+

Voetnote