Habakuk 3:1-19
3 Die gebed van die profeet Haʹbakuk in klaagliedere:
2 O Jehovah, ek het die berig oor u gehoor.+ Ek het bang geword, o Jehovah, vir u dade.+
Maak dit tog in die midde van die jare lewend! Mag u dit in die midde van die jare bekend maak. Mag u daaraan dink om tydens die beroering barmhartigheid te bewys.+
3 God het van Teman af gekom, ja, ’n Heilige van die berg Paran af.+ Sela.+
Sy waardigheid het die hemel bedek;+ en met sy lof is die aarde gevul.+
4 Wat sy glans betref, dit het net soos die lig geword.+ Hy het twee strale gehad wat uit sy hand uitgaan, en daar was die skuilplek van sy sterkte.+
5 Voor hom uit het die pes bly gaan,+ en brandende koors het van sy voete uitgegaan.+
6 Hy het stilgestaan, sodat hy die aarde deurmekaar kon skud.+ Hy het gekyk en die nasies toe laat opspring.+
En die ewige berge is verbrysel;+ die heuwels wat tot onbepaalde tyd bly, het hulle neergebuig.+ Die gange van lank gelede is syne.
7 Onder wat skadelik is, het ek die tente van Kusan gesien. Die tentdoeke van die land Miʹdian+ het in beroering gekom.+
8 Is dit teen die riviere, o Jehovah, is dit teen die riviere dat u toorn ontvlam het,+ of is u grimmigheid teen die see?+ Want u het op u perde gery;+ u strydwaens was redding.+
9 In sy naaktheid word u boog ontbloot.+ Die geswore ede van die stamme is wat uitgespreek is.+ Sela. Met riviere het u die aarde gekloof.+
10 Berge het u gesien; hulle het ineengekrimp van pyn.+ ’n Donderstorm van waters het deurgetrek. Die waterdiepte het sy geluid laat hoor.+ In die hoogte het hy sy hande opgehef.
11 Son—maan—het in hulle verhewe woning+ stilgestaan.+ Soos lig het u pyle bly trek.+ Die weerlig van u spies het tot ligglans gedien.+
12 Met veroordeling het u voortgetrek deur die aarde. In toorn het u die nasies gedors.+
13 En u het uitgetrek tot die redding van u volk,+ om u gesalfde te red. U het die hoof uit die huis van die goddelose verpletter.+ Die fondament is blootgelê, tot by die nek.+ Sela.
14 Met sy eie stawwe het u die kop van sy krygsmanne deurboor+ toe hulle aangestorm het om my te verstrooi.+ Hulle groot jubeling was soos dié van mense wat daarop uit is om ’n geteisterde in ’n skuilplek te verslind.+
15 Deur die see het u met u perde gegaan, deur die massa uitgestrekte waters.+
16 Ek het gehoor, en my buik was in beroering; by die geluid het my lippe gebewe; verrotting het in my gebeente gekom;+ en in my toestand was ek in beroering, sodat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid,+ wanneer hy optrek teen die volk,+ om hulle te oorval.
17 Al bloei die vyeboom nie+ en is daar geen opbrengs aan die wingerdstokke nie, al loop die werk van die olyfboom op ’n mislukking uit en bring die terrasse geen voedsel voort nie,+ al word die kleinvee van die kraal afgesny en is daar geen beeste in die kampe nie+—
18 Nogtans sal ek my in Jehovah verheug;+ ek sal bly wees in die God van my redding.+
19 Jehovah, die Soewereine Heer, is my lewenskragtigheid;+ en hy sal my voete soos dié van die takbokooie maak,+ en op my hoogtes sal hy my laat loop.+
Vir die musiekleier op my snaarinstrumente.