Haggai 1:1-15

1  In die tweede jaar van koning Dariʹus,+ in die sesde maand, op die eerste dag van die maand, het die woord van Jehovah deur middel van die profeet Haggai gekom+ tot Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ die goewerneur van Juda,+ en tot Josua,+ die seun van Joʹsadak,+ die hoëpriester, en gesê:  “Só het Jehovah van die leërs+ gesê: ‘Wat hierdie volk betref, hulle het gesê: “Die tyd het nie gekom, die tyd dat die huis van Jehovah gebou moet word nie.”’”+  En die woord van Jehovah het verder deur middel van die profeet Haggai gekom en gesê:  “Is dit die tyd vir julle om in julle huise met paneelwerk te woon,+ terwyl hierdie huis woes lê?+  Só het Jehovah van die leërs dan nou gesê: ‘Rig julle hart op julle weë.+  Julle het baie saad gesaai, maar min word ingebring.+ Daar word geëet, maar nie tot versadiging toe nie.+ Daar word gedrink, maar nie tot dronkenskap toe nie. Klere word aangetrek, maar niemand word warm nie; en wie hom verhuur, verhuur hom vir ’n sak vol gate.’”+  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Rig julle hart op julle weë.’+  “‘Gaan op na die berg, en julle moet timmerhout bring.+ En bou die huis,+ sodat ek daarin behae kan skep+ en verheerlik kan word’,+ het Jehovah gesê.”  “‘Daar is na baie uitgesien, maar kyk, daar was net ’n bietjie;+ en julle het dit in die huis ingebring, en ek het daarop geblaas+—waarom?’+ is die woord van Jehovah van die leërs. ‘Ter wille van my huis wat woes lê, terwyl julle rondhardloop, elkeen vir sy eie huis.+ 10  Daarom het die hemel oor julle sy dou teruggehou, en die aarde het sy opbrengs teruggehou.+ 11  En ek het om droogte bly roep oor die aarde en oor die berge en oor die graan en oor die nuwe wyn+ en oor die olie en oor wat die grond gewoonlik voortbring en oor die mens en oor die mak dier en oor al die moeisame arbeid van die hande.’”+ 12  En Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël, en Josua, die seun van Joʹsadak,+ die hoëpriester, en al die oorblywendes van die volk het na die stem van Jehovah hulle God begin luister+ en na die woorde van die profeet Haggai,+ aangesien Jehovah hulle God hom gestuur het; en die volk is weens Jehovah met vrees vervul.+ 13  En Haggai, die boodskapper+ van Jehovah, het ooreenkomstig die boodskapper se opdrag van Jehovah met die volk gepraat+ en gesê: “‘Ek is met julle’,+ is die woord van Jehovah.” 14  En Jehovah het die gees van Serubbaʹbel, die seun van Sealʹtiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua,+ die seun van Joʹsadak, die hoëpriester, en die gees van al die oorblywendes van die volk opgewek;+ en hulle het ingekom en die werk begin doen in die huis van Jehovah van die leërs, hulle God.+ 15  Dit was op die vier-en-twintigste dag van die sesde maand in die tweede jaar van koning Dariʹus.+

Voetnote