Haggai 2:1-23

2  In die sewende+ maand, op die een-en-twintigste dag van die maand, het die woord van Jehovah deur middel van die profeet Haggai gekom+ en gesê:  “Praat asseblief met Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ die goewerneur van Juda,+ en met Josua,+ die seun van Joʹsadak,+ die hoëpriester, en met die oorblywendes van die volk en sê:  ‘Wie is nog onder julle oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het?+ En hoe sien julle dit nou? Is dit nie, in vergelyking daarmee, soos niks in julle oë nie?’+  “‘Maar wees nou sterk, o Serubbaʹbel’, is die woord van Jehovah, ‘en wees sterk,+ o Josua, die seun van Joʹsadak, die hoëpriester.’ “‘En wees sterk, julle almal, volk van die land’, is die woord van Jehovah, ‘en werk.’+ “‘Want ek is met julle’,+ is die woord van Jehovah van die leërs.  ‘Onthou wat ek met julle gesluit het toe julle uit Egipte uitgetrek het+ en toe my gees+ in julle midde gestaan het. Moenie bang wees nie.’”+  “Want só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Nog een keer—net ’n klein rukkie+—en ek skud die hemel en die aarde en die see en die droë grond.’+  “‘En ek sal al die nasies skud, en die begeerlike dinge van al die nasies moet inkom;+ en ek sal hierdie huis met heerlikheid vul’,+ het Jehovah van die leërs gesê.  “‘Die silwer is myne en die goud is myne’,+ is die woord van Jehovah van die leërs.  “‘Die heerlikheid van hierdie latere huis sal groter word as dié van die vroeëre’,+ het Jehovah van die leërs gesê. “‘En op hierdie plek sal ek vrede gee’,+ is die woord van Jehovah van die leërs.” 10  Op die vier-en-twintigste dag van die negende maand, in die tweede jaar van Dariʹus, het die woord van Jehovah tot die profeet Haggai gekom+ en gesê: 11  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Vra die priesters asseblief aangaande die wet+ en sê: 12  “As ’n man heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy raak met sy slip aan brood of ’n gereg of wyn of olie of enige soort voedsel, sal dit heilig word?”’”+ En die priesters het geantwoord en gesê: “Nee!” 13  En Haggai het verder gesê: “As iemand wat deur ’n afgestorwe siel onrein is, aan enige van hierdie dinge raak, sal dit onrein word?”+ Hierop het die priesters geantwoord en gesê: “Dit sal onrein word.” 14  Toe het Haggai geantwoord en gesê: “‘So is hierdie volk, en so is hierdie nasie voor my’,+ is die woord van Jehovah, ‘en so is al die werk van hulle hande en wat hulle ook al daar aanbied. Dit is onrein.’+ 15  “‘Maar rig nou asseblief julle hart+ hierop, van hierdie dag af aan, voordat daar ’n klip op ’n klip in die tempel van Jehovah gelê is,+ 16  vandat dié dinge gebeur het—iemand het by ’n hoop van twintig mate gekom, en dit was tien; iemand het by die parskuip gekom om vyftig mate uit die wyntrog te skep, en dit was twintig;+ 17  ek het julle met verskroeiing+ en met heuningdou+ en met hael+ getref, ja, al die werk van julle hande,+ en niemand by julle het hom tot my gewend nie’,+ is die woord van Jehovah— 18  “‘Rig julle hart+ asseblief hierop, van hierdie dag af aan, van die vier-en-twintigste dag van die negende maand, van die dag af dat die fondament van die tempel van Jehovah gelê is;+ rig julle hart hierop: 19  Is daar nog saad in die graankuil?+ En die wingerdstok en die vyeboom en die granaatboom en die olyfboom—dit het nog nie gedra nie, of hoe? Van hierdie dag af sal ek seën.’”+ 20  En die woord van Jehovah het ’n tweede keer tot Haggai gekom+ op die vier-en-twintigste dag van die maand+ en gesê: 21  “Sê vir Serubbaʹbel, die goewerneur van Juda:+ ‘Ek skud die hemel en die aarde.+ 22  En ek sal beslis die troon van koninkryke omverwerp en die krag van die koninkryke van die nasies vernietig;+ en ek sal die strydwa en dié wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal beslis val,+ elkeen deur die swaard van sy broer.’”+ 23  “‘In dié dag’, is die woord van Jehovah van die leërs, ‘sal ek jou neem, o Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ my kneg’, is die woord van Jehovah, ‘en ek sal jou beslis ’n seëlring+ maak, want jou het ek uitgekies’,+ is die woord van Jehovah van die leërs.”+

Voetnote