Handelinge 12:1-25
12 Omstreeks dié tyd het koning Herodes sy hande aan party van die lede van die gemeente geslaan om hulle te mishandel.+
2 Hy het Jakobus, die broer van Johannes,+ met die swaard om die lewe gebring.+
3 Toe hy sien dat dit die Jode behaag,+ het hy verder ook vir Petrus gearresteer. (En dit was die dae van die ongesuurde koeke.)+
4 En hy het hom gegryp en in die gevangenis gesit+ en hom oorgegee aan vier groepe van vier soldate elk om hom te bewaak, aangesien hy van plan was om hom ná die pasga voor die volk te bring.+
5 Gevolglik is Petrus in die gevangenis bewaak; maar die gemeente het voortdurend intense gebede tot God vir hom gedoen.+
6 En toe Herodes op die punt staan om hom voor te bring, het Petrus dié nag, geboei met twee kettings, tussen twee soldate geslaap, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.
7 Maar kyk! Jehovah se engel het daar gestaan,+ en ’n lig het in die gevangenissel geskyn. Hy het Petrus wakker gemaak deur hom op die sy te slaan+ en gesê: “Staan gou op!” En sy kettings het van sy hande afgeval.+
8 Die engel+ het vir hom gesê: “Omgord jou en bind jou sandale aan.” Hy het dit gedoen. Laastens het hy vir hom gesê: “Trek jou bokleed+ aan en hou aan om my te volg.”
9 En hy het uitgegaan en aangehou om hom te volg, maar hy het nie geweet dat wat deur middel van die engel gebeur werklik is nie. Trouens, hy het gedink dat hy ’n visioen sien.+
10 Toe hulle deur die eerste en die tweede skildwag gegaan het, het hulle by die ysterpoort gekom wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan.+ En nadat hulle uitgegaan het, het hulle een straat ver gegaan, en onmiddellik het die engel hom verlaat.
11 En Petrus het tot homself gekom en gesê: “Nou weet ek inderdaad dat Jehovah sy engel uitgestuur+ en my verlos+ het uit Herodes se hand en van alles wat die Joodse volk verwag het.”
12 En nadat hy dit oordink het, het hy na die huis van Maria gegaan, die moeder van Johannes wat die bynaam Markus+ gehad het, waar ’n hele paar bymekaar was en gebid het.
13 Toe hy aan die poortdeur klop, het ’n diensmeisie met die naam Rode gekom om te hoor wie daar is,
14 en toe sy die stem van Petrus herken, het sy uit vreugde nie die poort oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.
15 Hulle het vir haar gesê: “Jy is kranksinnig.” Maar sy het volgehou dat dit so is. Hulle het begin sê: “Dit is sy engel.”+
16 Maar Petrus het aangehou klop. Toe hulle oopmaak, het hulle hom gesien en was hulle verbaas.
17 Maar hy het met sy hand vir hulle beduie+ om stil te bly en vir hulle in besonderhede vertel hoe Jehovah hom uit die gevangenis gebring het, en hy het gesê: “Vertel hierdie dinge vir Jakobus+ en die broers.” Daarop het hy uitgegaan en na ’n ander plek gereis.
18 Wel, toe dit dag word,+ was daar groot beroering onder die soldate oor wat nou eintlik van Petrus geword het.
19 Herodes+ het naarstig na hom gesoek, en toe hy hom nie vind nie, het hy die wagte ondervra en beveel dat hulle weggelei moet word om gestraf te word;+ en hy het van Judeʹa afgegaan na Sesareʹa en ’n ruk daar gebly.
20 En hy was in ’n veglustige bui teen die mense van Tirus en van Sidon. Toe het hulle eendragtig na hom toe gekom, en nadat hulle Blastus oorreed het, wat toesig oor die slaapkamer van die koning gehad het, het hulle vrede begin vra, omdat hulle land deur dié van die koning van voedsel voorsien is.+
21 Maar op ’n vasgestelde dag het Herodes koninklike klere aangetrek en op die regterstoel gaan sit en vir hulle ’n openbare toespraak begin hou.
22 Daarop het die vergaderde volk begin skreeu: “’n God se stem en nie ’n mens s’n nie!”+
23 Oombliklik het die engel van Jehovah hom getref,+ omdat hy nie die heerlikheid aan God gegee het nie;+ en hy is deur wurms opgeëet en het gesterf.
24 Maar die woord+ van Jehovah het bly groei en versprei.+
25 Wat Barʹnabas+ en Saulus betref, nadat hulle die noodleniging+ in Jerusalem ten volle uitgevoer het, het hulle teruggekeer en Johannes,+ wat die bynaam Markus gehad het, saamgeneem.