Handelinge 13:1-52

13  En in Antiogiʹë was daar profete+ en onderrigters in die plaaslike gemeente: Barʹnabas sowel as Siʹmeon, wat Niger genoem is, en Luʹcius+ van Sireʹne, en Manaʹen, wat saam met Herodes, die distriksheerser, opgevoed is, en Saulus.  Terwyl hulle Jehovah in die openbaar gedien het+ en gevas het, het die heilige gees gesê: “Sonder vir my van almal Barʹnabas en Saulus+ af vir die werk waarvoor ek hulle geroep het.”  Toe het hulle gevas en gebid en hulle die hande opgelê+ en hulle laat gaan.  Daarop het hierdie manne, wat deur die heilige gees uitgestuur is, afgegaan na Seleuʹkië, en daarvandaan het hulle weggeseil na Siprus.  En toe hulle in Saʹlamis aankom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode begin verkondig. Hulle het ook Johannes+ as helper gehad.  Toe hulle die hele eiland tot by Pafos deurgegaan het, het hulle ’n sekere man teëgekom, ’n towenaar, ’n valse profeet,+ ’n Jood wie se naam Bar-Jesus was,  en hy was by die prokonsul Serʹgius Paulus, ’n intelligente man. Hierdie man het Barʹnabas en Saulus laat roep en vurig begeer om die woord van God te hoor.  Maar Eʹlimas, die towenaar (so word sy naam in werklikheid vertaal), het hulle begin teëstaan+ en die prokonsul van die geloof probeer afkeer.  Saulus, wat ook Paulus is, het met heilige gees vervul geraak en hom stip aangekyk 10  en gesê: “O man vol van allerhande bedrog en allerhande gemeenheid, jou kind van die Duiwel,+ jou vyand van alles wat regverdig is, sal jy nie ophou om die regte weë van Jehovah te verdraai nie? 11  Kyk dan nou! Jehovah se hand is op jou, en jy sal blind wees en die sonlig ’n tyd lank nie sien nie.” Oombliklik het ’n dik mis en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en mense gesoek om hom aan die hand te lei.+ 12  Toe die prokonsul+ sien wat gebeur het, het hy ’n gelowige geword, aangesien hy verstom was oor die leer van Jehovah. 13  Die manne, tesame met Paulus, het toe van Pafos uitgevaar en by Perge in Pamfiʹlië+ aangekom. Maar Johannes+ het hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer.+ 14  Hulle het egter van Perge af verder gegaan en by Antiogiʹë in Pisiʹdië gekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge+ ingegaan en gaan sit. 15  Ná die openbare voorlesing van die Wet+ en van die Profete het die presiderende beamptes+ van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: “Manne, broers, as julle enige woord van aanmoediging vir die volk het, spreek dit dan.” 16  Toe het Paulus opgestaan en met sy hand beduie+ en gesê: “Manne, Israeliete en julle ander wat God vrees, hoor.+ 17  Die God van hierdie volk Israel het ons voorvaders uitgekies, en hy het die volk gedurende hulle vreemdelingskap in Egipteland verhef en hulle met ’n opgehefte arm daaruit gelei.+ 18  En hy het oor ’n tydperk van omtrent veertig jaar+ hulle handelswyse in die wildernis verdra. 19  Nadat hy sewe nasies in die land Kanaän vernietig het, het hy hulle land deur die lot verdeel:+ 20  dit alles gedurende omtrent vierhonderd-en-vyftig jaar. “En hierna het hy vir hulle rigters gegee tot op die profeet Samuel.+ 21  Maar van toe af het hulle ’n koning geëis,+ en God het vir hulle Saul gegee, die seun van Kis, ’n man uit die stam Benjamin,+ veertig jaar lank. 22  En nadat hy hom afgesit het,+ het hy vir hulle Dawid as koning verwek,+ aangaande wie hy getuig en gesê het: ‘Ek het Dawid, die seun van Isai,+ gevind, ’n man na my hart,+ wat alles sal doen wat ek begeer.’+ 23  Uit die nageslag+ van hierdie man het God, volgens sy belofte, vir Israel ’n redder+ gebring, Jesus, 24  nadat Johannes,+ voor Sy koms,+ in die openbaar doop as ’n simbool van berou aan die hele volk Israel verkondig het. 25  Maar terwyl Johannes sy loopbaan volbring het, het hy gesê: ‘Wat veronderstel julle is ek? Ek is nie hy nie. Maar kyk! ná my kom iemand wie se sandale ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.’+ 26  “Manne, broers, kinders van die geslag van Abraham en die ander onder julle wat God vrees, die woord van hierdie redding is aan ons gestuur.+ 27  Want die inwoners van Jerusalem en hulle heersers het dié Een nie geken nie,+ maar toe hulle as regters opgetree het, het hulle die dinge vervul wat deur die Profete uitgespreek is+ en wat elke Sabbat voorgelees word, 28  en hoewel hulle geen grond vir die dood gevind het nie,+ het hulle van Pilatus geëis dat hy tereggestel moet word.+ 29  En toe hulle alles volbring het wat oor hom geskryf is,+ het hulle hom van die paal afgehaal+ en hom in ’n gedenkgraf neergelê.+ 30  Maar God het hom uit die dode opgewek;+ 31  en hy het gedurende baie dae sigbaar geword vir dié wat saam met hom van Galileʹa af na Jerusalem opgegaan het, wat nou sy getuies by die volk is.+ 32  “En ons maak dan die goeie nuus oor die belofte wat aan die voorvaders gemaak is,+ aan julle bekend, 33  dat God dit volkome vir ons, hulle kinders, vervul het deurdat hy Jesus opgewek het;+ net soos daar in die tweede psalm geskrywe staan: ‘Jy is my seun, ek het vandag jou Vader geword.’+ 34  En dié feit dat hy hom uit die dode opgewek het, bestem om nie meer tot verderwing terug te keer nie, het hy so bewoord: ‘Ek sal julle die liefderyke goedhartighede teenoor Dawid gee wat betroubaar is.’+ 35  Daarom sê hy ook in ’n ander psalm: ‘U sal nie toelaat dat hy wat teenoor u lojaal is, verderwing sien nie.’+ 36  Want enersyds het Dawid+ in sy eie geslag die uitdruklike wil van God gedien en ontslaap en is hy by sy voorvaders neergelê en het hy wel verderwing gesien.+ 37  Andersyds het hy wat deur God opgewek is, nie verderwing gesien nie.+ 38  “Laat dit daarom aan julle bekend wees, broers, dat vergifnis van sondes deur middel van dié Een aan julle verkondig word;+ 39  en dat elkeen wat glo, deur middel van dié Een onskuldig verklaar word+ van alles waarvan julle nie deur middel van die wet van Moses onskuldig verklaar kon word nie.+ 40  Sorg dus dat wat in die Profete gesê word, nie oor julle kom nie: 41  ‘Aanskou dit, julle veragters, en wees verwonderd daaroor en verdwyn, want ek verrig ’n werk in julle dae, ’n werk wat julle hoegenaamd nie sal glo nie, al vertel iemand dit vir julle in besonderhede.’”+ 42  En toe hulle uitgaan, het die mense begin soebat dat hierdie sake die volgende sabbat+ tot hulle gespreek word. 43  En nadat die sinagogevergadering uiteengegaan het, het baie van die Jode en van die proseliete wat God aanbid het, Paulus en Barʹnabas gevolg,+ wat met hulle gepraat en hulle begin aanspoor het+ om voort te gaan in die onverdiende goedhartigheid van God.+ 44  Die volgende sabbat het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van Jehovah te hoor.+ 45  Toe die Jode die skare sien, is hulle met jaloesie vervul+ en het hulle die dinge wat deur Paulus gespreek is, lasterlik begin weerspreek.+ 46  Daarom het Paulus en Barʹnabas, wat met vrymoedigheid gespreek het, gesê: “Dit was nodig dat die woord van God eers tot julle gespreek word.+ Aangesien julle dit van julle af wegstoot+ en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk! ons wend ons tot die nasies.+ 47  Trouens, Jehovah het ons met hierdie woorde die gebod opgelê: ‘Ek het jou as ’n lig van die nasies aangestel,+ sodat jy tot aan die einde van die aarde tot ’n redding sal wees.’”+ 48  Toe dié uit die nasies dit hoor, het hulle bly geword en die woord van Jehovah verheerlik,+ en almal wat die regte gesindheid vir die ewige lewe gehad het, het gelowiges geword.+ 49  En die woord van Jehovah is deur die hele land uitgedra.+ 50  Maar die Jode+ het die hooggeagte vroue wat God aanbid het en die vernaamste manne van die stad opgestook, en hulle het ’n vervolging+ teen Paulus en Barʹnabas verwek en hulle buite hulle grense uitgewerp. 51  Dié het die stof van hulle voete teen hulle afgeskud+ en na Ikoʹnium gegaan. 52  En die dissipels is voortdurend met vreugde+ en heilige gees vervul.

Voetnote