Handelinge 14:1-28

14  En in Ikoʹnium+ het hulle saam in die sinagoge+ van die Jode ingegaan en op so ’n wyse gespreek dat ’n groot menigte Jode sowel as Grieke+ gelowiges geword het.  Maar die Jode wat nie geglo het nie, het die siele van mense van die nasies opgestook+ en het hulle ten kwade teen die broers beïnvloed.+  Hulle het dus ’n geruime tyd daaraan bestee om met vrymoedigheid te spreek op gesag van Jehovah, wat getuig het van die woord van sy onverdiende goedhartigheid deur te gee dat tekens en voortekens deur middel van hulle hande plaasvind.+  Die menigte van die stad was egter verdeeld, en party was vir die Jode, maar ander vir die apostels.  En toe ’n gewelddadige poging deur mense van die nasies sowel as die Jode saam met hulle heersers aangewend is om hulle minagtend te behandel en hulle met klippe te gooi,+  het hulle, toe hulle daarvan vertel is, na die stede Likaoʹnië, Listra en Derbe en die omliggende gebied gevlug;+  en daar het hulle voortgegaan om die goeie nuus bekend te maak.+  En in Listra het daar ’n sekere man gesit wat nie sy voete kon gebruik nie, kreupel van sy moeder se skoot af,+ en hy het nooit geloop nie.  Hierdie man het geluister terwyl Paulus gepraat het, en dié het, toe hy hom stip aankyk en sien dat hy geloof het+ om gesond gemaak te word, 10  met ’n harde stem gesê: “Staan regop op jou voete.” En hy het opgespring en begin loop.+ 11  En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, het hulle hulle stem verhef en in Likaoʹnies gesê: “Die gode+ het soos mense geword en het na ons toe neergedaal!” 12  En hulle het Barʹnabas Zeus begin noem, maar Paulus Hermes, aangesien hy die woordvoerder was. 13  En die priester van Zeus, wie se tempel voor die stad was, het bulle en sierkranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offerandes bring.+ 14  Toe die apostels Barʹnabas en Paulus egter hiervan hoor, het hulle hulle boklere geskeur en tussen die skare ingespring terwyl hulle uitgeroep 15  en gesê het: “Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is ook mense+ met dieselfde gebreke+ as julle en maak die goeie nuus aan julle bekend sodat julle julle van hierdie nietige+ dinge tot die lewende God sal keer,+ wat die hemel en die aarde en die see en alles wat in hulle is, gemaak het.+ 16  In die vergange geslagte het hy al die nasies toegelaat om in hulle weë voort te gaan,+ 17  hoewel hy homself inderdaad nie sonder getuienis gelaat het nie deurdat hy goed gedoen het+ deur vir julle reëns+ uit die hemel en vrugbare tye te gee en julle harte geheel en al met voedsel en vrolikheid te vul.”+ 18  Maar selfs deur hierdie dinge te sê, het hulle die skare nouliks verhinder om offerandes aan hulle te bring. 19  Daar het egter Jode van Antiogiʹë en Ikoʹnium aangekom en die skare oorreed,+ en hulle het Paulus gestenig en hom tot buite die stad gesleep, onder die indruk dat hy dood is.+ 20  Toe die dissipels egter rondom hom gaan staan, het hy opgestaan en in die stad ingegaan. En die volgende dag het hy saam met Barʹnabas na Derbe+ vertrek. 21  En nadat hulle die goeie nuus aan daardie stad bekend gemaak en ’n hele paar dissipels gemaak het,+ het hulle na Listra en na Ikoʹnium en na Antiogiʹë teruggekeer 22  en die siele van die dissipels versterk+ en hulle aangemoedig om in die geloof te bly en gesê: “Ons moet deur baie verdrukkinge heen in die koninkryk van God ingaan.”+ 23  Daarbenewens het hulle in elke gemeente vir hulle ouer manne aangestel,+ en terwyl hulle gebid en gevas het,+ het hulle hulle opgedra aan Jehovah,+ in wie hulle begin glo het. 24  En hulle het deur Pisiʹdië gegaan en in Pamfiʹlië+ gekom, 25  en nadat hulle die woord in Perge gespreek het, het hulle afgegaan na Attaʹlië. 26  En daarvandaan het hulle na Antiogiʹë+ weggeseil, waar hulle vroeër aan die onverdiende goedhartigheid van God toevertrou is vir die werk wat hulle ten volle uitgevoer het.+ 27  Toe hulle daar aangekom en die gemeente bymekaargeroep het, het hulle begin vertel+ van die baie dinge wat God deur middel van hulle gedoen het en dat hy vir die nasies die deur tot geloof oopgemaak het.+ 28  Toe het hulle ’n geruime tyd by die dissipels deurgebring.

Voetnote