Handelinge 15:1-41
15 En sekere manne het van Judeʹa+ afgekom en die broers begin leer: “Tensy julle volgens die gebruik van Moses+ besny word,+ kan julle nie gered word nie.”
2 Maar nadat daar groot onenigheid en ’n heftige woordewisseling van die kant van Paulus en Barʹnabas met hulle ontstaan het, het hulle gereël dat Paulus en Barʹnabas en ander van hulle na die apostels en ouer manne in Jerusalem+ opgaan in verband met hierdie geskil.
3 Nadat hierdie manne dan ’n ent deur die gemeente begelei is,+ het hulle verder gegaan deur Feniʹsië sowel as Samariʹa en in besonderhede vertel van die bekering van mense van die nasies,+ en hulle het aan al die broers groot vreugde verskaf.+
4 Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle vriendelik ontvang+ deur die gemeente en die apostels en die ouer manne, en hulle het vertel van al die dinge wat God deur middel van hulle gedoen het.+
5 Maar party van dié van die sekte van die Fariseërs wat gelowig geword het, het uit hulle sitplek opgestaan en gesê: “Hulle moet besny word+ en beveel word om die wet van Moses te onderhou.”+
6 En die apostels en die ouer manne het bymekaargekom om op hierdie aangeleentheid in te gaan.+
7 En nadat hulle lank geredeneer het,+ het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Manne, broers, julle weet goed dat God van die vroeë dae af die keuse onder julle gedoen het dat mense van die nasies deur my mond die woord van die goeie nuus moet hoor en moet glo;+
8 en God, wat die harte ken,+ het getuienis afgelê deur hulle die heilige gees te gee,+ net soos ook aan ons.
9 En hy het hoegenaamd geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie,+ maar het hulle harte deur geloof gesuiwer.+
10 Waarom stel julle God dan nou op die proef deur ’n juk+ op die nek van die dissipels te lê wat ons voorvaders en ook ons nie kon dra nie?+
11 Inteendeel, ons vertrou dat ons op dieselfde wyse as ook daardie mense deur die onverdiende goedhartigheid van die Here Jesus gered sal word.”+
12 Daarop het die hele menigte stil geword, en hulle het begin luister hoe Barʹnabas en Paulus vertel van al die tekens en voortekens wat God deur hulle onder die nasies gedoen het.+
13 Nadat hulle opgehou praat het, het Jakobus geantwoord en gesê: “Manne, broers, hoor my aan.+
14 Siʹmeon+ het breedvoerig vertel hoe God vir die eerste keer sy aandag op die nasies gerig het om uit hulle ’n volk vir sy naam te neem.+
15 En hiermee stem die woorde van die Profete ooreen, net soos daar geskrywe staan:
16 ‘Ná hierdie dinge sal ek terugkeer en die vervalle hut van Dawid herbou; en ek sal die puinhope daarvan herbou en dit weer oprig,+
17 sodat dié wat oorbly van die mense, Jehovah ernstig kan soek, tesame met mense van al die nasies, mense oor wie my naam uitgeroep is, sê Jehovah, wat hierdie dinge doen,+
18 wat van ouds af bekend is.’+
19 My beslissing is derhalwe om dit nie moeilik te maak vir dié uit die nasies wat hulle tot God keer nie,+
20 maar om aan hulle te skryf om hulle te onthou van dinge wat deur afgode besoedel is+ en van hoerery+ en van wat verwurg is+ en van bloed.+
21 Want van ouds af het Moses in stad na stad dié gehad wat hom verkondig, omdat hy elke sabbat in die sinagoges voorgelees word.”+
22 Toe het die apostels en die ouer manne tesame met die hele gemeente dit goedgedink om gekose manne uit hulle midde saam met Paulus en Barʹnabas na Antiogiʹë te stuur, naamlik Judas, wat Barʹsabbas+ genoem is, en Silas, manne wat die leiding onder die broers geneem het;
23 en hulle het deur hulle hand geskryf:
“Die apostels en die ouer manne, broers, aan dié broers in Antiogiʹë+ en Sirië en Siliʹsië+ wat uit die nasies is: Groete!
24 Aangesien ons gehoor het dat party uit ons midde julle met woorde verontrus het+ en julle siele probeer omverwerp het, hoewel ons hulle geen instruksies gegee het nie,+
25 het ons tot ’n eenparige besluit+ gekom en dit goedgedink om manne te kies om na julle toe te stuur saam met ons geliefdes, Barʹnabas en Paulus,+
26 manne wat hulle siele vir die naam van ons Here Jesus Christus oorgegee het.+
27 Ons stuur dus Judas en Silas,+ sodat hulle ook dieselfde dinge mondeling kan berig.+
28 Want die heilige gees+ en ons het dit goedgedink om geen verdere las+ vir julle by te voeg nie, behalwe hierdie noodsaaklike dinge:
29 om julle voortdurend te onthou van afgodsoffers+ en van bloed+ en van wat verwurg+ is en van hoerery.+ As julle julle sorgvuldig van hierdie dinge bewaar,+ sal julle voorspoedig wees. Mag julle goeie gesondheid geniet!”
30 Toe hulle dan hierdie manne laat gaan het, het hulle afgegaan na Antiogiʹë, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief vir hulle gegee.+
31 Nadat hulle dit gelees het, was hulle bly oor die aanmoediging.+
32 En Judas en Silas, wat self ook profete was,+ het die broers met baie toesprake aangemoedig en versterk.+
33 En nadat hulle ’n tyd daar deurgebring het, het die broers hulle in vrede laat gaan+ na dié wat hulle uitgestuur het.
34 ——
35 Paulus en Barʹnabas het egter nog ’n ruk in Antiogiʹë+ gebly en geleer en, saam met nog baie ander, die goeie nuus van die woord van Jehovah bekend gemaak.+
36 En ná etlike dae het Paulus vir Barʹnabas gesê: “Laat ons bowenal terugkeer en die broers besoek in elkeen van die stede waarin ons die woord van Jehovah verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.”+
37 Wat Barʹnabas betref, hy was vasbeslote om ook Johannes, wat Markus+ genoem is, saam te neem.
38 Maar Paulus het nie gedink dat dit gepas is om hom saam te neem nie, aangesien hy hulle van Pamfiʹlië af verlaat het+ en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.
39 Hierop het ’n skerp uitbarsting van toorn plaasgevind, sodat hulle uitmekaar gegaan het; en Barʹnabas+ het Markus saamgeneem en na Siprus weggeseil.+
40 Paulus het Silas+ gekies en vertrek nadat hy deur die broers aan die onverdiende goedhartigheid van Jehovah toevertrou is.+
41 Maar hy het deur Sirië en Siliʹsië gegaan en die gemeentes versterk.+