Handelinge 16:1-40

16  Toe het hy in Derbe en ook in Listra+ aangekom. En kyk! dáár was ’n sekere dissipel met die naam Timoʹteus,+ die seun van ’n gelowige Joodse vrou maar van ’n Griekse vader,  en hy is gunstig vermeld deur die broers in Listra en Ikoʹnium.  Paulus het die wens uitgespreek dat hierdie man saam met hom moet uitgaan, en hy het hom geneem en hom besny+ weens die Jode wat in daardie plekke was, want almal sonder uitsondering het geweet dat sy vader ’n Griek is.  En terwyl hulle deur die stede voortgereis het, het hulle aan diegene wat daar was, die verordeninge waarop die apostels en ouer manne in Jerusalem+ besluit het, oorgedra om te onderhou.  Daarom is die gemeentes inderdaad voortdurend standvastig gemaak in die geloof+ en het hulle van dag tot dag in getal bly toeneem.  Hulle het ook deur Friʹgië en die land van Galaʹsië+ gegaan, omdat hulle deur die heilige gees verbied is om die woord in die landstreek Asië te spreek.  En toe hulle tot by Miʹsië afgekom het, het hulle pogings aangewend om na Bitiʹnië+ te gaan, maar die gees van Jesus het hulle dit nie toegelaat nie.  Hulle het Miʹsië dus verbygegaan en afgekom na Troas.+  En gedurende die nag het Paulus ’n visioen gehad:+ daar het ’n sekere Masedoʹniese man gestaan en hom gesoebat en gesê: “Kom oor na Masedoʹnië en help ons.” 10  En onmiddellik nadat hy die visioen gesien het, het ons ’n manier gesoek om na Masedoʹnië te gaan,+ aangesien ons die gevolgtrekking gemaak het dat God ons geroep het om die goeie nuus aan hulle bekend te maak. 11  Ons het dus van Troas uitgevaar en reguit koers gehou na Samotraʹke, maar die volgende dag na Neaʹpolis, 12  en daarvandaan na Filipʹpi,+ ’n kolonie, wat die vernaamste stad van die distrik Masedoʹnië is.+ Ons het in hierdie stad gebly en ’n paar dae daar deurgebring. 13  En op die sabbatdag het ons uitgegaan tot buite die poort, langs ’n rivier, waar ons gedink het ’n bidplek is; en ons het gaan sit en met die vroue begin praat wat bymekaargekom het. 14  En ’n sekere vrou met die naam Liʹdia, ’n purperverkoopster, van die stad Tiatiʹra+ en ’n aanbidder van God, het geluister, en Jehovah het haar hart wyd oopgemaak+ om aandag te skenk aan die dinge wat Paulus gesê het. 15  En toe sy en haar huisgenote gedoop is,+ het sy aangedring en gesê: “As julle van oordeel is dat ek getrou is aan Jehovah, kom dan in my huis in en bly daar.”+ En sy het ons eenvoudig gedwing om te kom.+ 16  En terwyl ons op pad was na die bidplek, het ’n sekere diensmeisie met ’n gees,+ ’n waarsêende+ demoon, ons tegemoetgekom. Sy het aan haar here groot wins verskaf+ deur die voorspelkuns te beoefen. 17  Hierdie meisie het Paulus en ons aanhoudend gevolg terwyl sy die volgende woorde uitgeroep+ het: “Hierdie mense is slawe van die Allerhoogste God, wat aan julle die weg van redding verkondig.” 18  Sy het dit baie dae lank gedoen. Uiteindelik het Paulus moeg geword daarvoor+ en omgedraai en vir die gees gesê: “Ek beveel jou in die naam van Jesus Christus om uit haar uit te kom.”+ En hy het daardie selfde uur nog uitgekom.+ 19  Wel, toe haar here sien dat hulle hoop op wins verdwyn het,+ het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle tot op die markplein, na die heersers toe, gesleep,+ 20  en hulle het hulle voor die burgerlike magistrate gebring en gesê: “Hierdie mense bring ons stad in groot beroering,+ omdat hulle Jode is, 21  en hulle verkondig gebruike+ wat ons nie mag aanvaar of beoefen nie, aangesien ons Romeine is.” 22  En die skare het saam teen hulle opgestaan; en nadat die burgerlike magistrate die boklere van hulle afgeskeur het, het hulle beveel dat hulle met stokke geslaan moet word.+ 23  Nadat hulle hulle baie geslaan het,+ het hulle hulle in die gevangenis gegooi en die tronkbewaarder beveel om hulle veilig te bewaak.+ 24  Omdat hy so ’n bevel gekry het, het hy hulle in die binneste gevangenis+ gegooi en hulle voete in die blok vasgemaak.+ 25  Maar omstreeks middernag+ was Paulus en Silas besig om te bid en God met sang te loof;+ ja, die gevangenes het hulle gehoor. 26  Skielik het daar ’n groot aardbewing plaasgevind, sodat die fondamente van die tronk geskud het. Daarbenewens het al die deure oombliklik oopgegaan en het almal se boeie losgeraak.+ 27  Die tronkbewaarder, wat uit die slaap wakker geword het en gesien het dat die gevangenisdeure oop was, het sy swaard getrek en op die punt gestaan om homself om die lewe te bring,+ onder die indruk dat die gevangenes ontsnap het.+ 28  Maar Paulus het met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “Moenie jouself kwaad aandoen nie,+ want ons is almal hier!” 29  Toe het hy ligte gevra en na binne gespring en bewend voor Paulus en Silas neergeval.+ 30  En hy het hulle na buite gebring en gesê: “Menere, wat moet ek doen+ om gered te word?” 31  Hulle het gesê: “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word,+ jy en jou huisgenote.”+ 32  En hulle het die woord van Jehovah tot hom en tot almal in sy huis gespreek.+ 33  En hy het hulle in daardie uur van die nag saamgeneem en hulle wonde gewas; en hy en sy huis is almal sonder uitsondering dadelik gedoop.+ 34  En hy het hulle in sy huis ingebring en ’n tafel vir hulle voorgesit, en hy het hom grootliks saam met al sy huisgenote verbly noudat hy tot geloof in God gekom het. 35  Toe dit dag word, het die burgerlike magistrate+ die konstabels gestuur om te sê: “Laat daardie manne vry.” 36  Daarop het die tronkbewaarder hulle woorde aan Paulus meegedeel: “Die burgerlike magistrate het manne gestuur dat julle twee vrygelaat kan word. Kom dan nou uit en gaan in vrede.” 37  Maar Paulus het vir hulle gesê: “Hulle het ons onveroordeeld in die openbaar geslaan, manne wat Romeine is,+ en ons in die gevangenis gegooi; en gooi hulle ons nou in die geheim uit? Volstrek nie! maar laat hulle self kom en ons uitbring.” 38  Toe het die konstabels hierdie woorde aan die burgerlike magistrate meegedeel. Dié het bevrees geword toe hulle hoor dat die manne Romeine is.+ 39  Gevolglik het hulle gekom en hulle gesoebat, en nadat hulle hulle uitgebring het, het hulle hulle versoek om uit die stad weg te gaan. 40  Maar hulle het uit die gevangenis gekom en na die huis van Liʹdia gegaan, en toe hulle die broers sien, het hulle hulle aangemoedig+ en vertrek.

Voetnote