Handelinge 21:1-40

21  En toe ons ons van hulle losgeskeur en uitgevaar het, het ons op ’n reguit koers gevaar en by Kos gekom, maar die volgende dag by Rodos, en daarvandaan by Paʹtara.  En toe ons ’n boot gevind het wat na Feniʹsië oorvaar, het ons aan boord gegaan en weggeseil.  Nadat ons die eiland Siprus+ in sig gekry het, het ons dit aan die linkerkant agtergelaat en verder geseil na Sirië+ en by Tirus aan land gegaan, want die boot moes sy vrag daar aflaai.+  Ná ’n gesoek het ons die dissipels gevind en sewe dae daar gebly. Maar deur die gees+ het hulle herhaaldelik vir Paulus gesê om nie ’n voet in Jerusalem te sit nie.  En toe ons aan die einde van die dae gekom het, het ons vertrek en op reis gegaan; maar hulle almal, saam met die vroue en kinders, het ons tot buite die stad begelei. En ons het op die strand neergekniel+ en gebid  en van mekaar afskeid geneem,+ en ons het aan boord van die boot gegaan, maar hulle het na hulle huise teruggekeer.  Ons het toe die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolemaʹïs aangekom, en ons het die broers gegroet en een dag by hulle gebly.  Die volgende dag het ons vertrek en in Sesareʹa+ aangekom, en ons het ingegaan in die huis van Filippus, die evangeliedienaar, wat een van die sewe manne+ was, en ons het by hom gebly.  Hierdie man het vier dogters gehad, maagde, wat geprofeteer het.+ 10  Maar terwyl ons ’n hele aantal dae daar gebly het, het ’n sekere profeet met die naam Aʹgabus+ van Judeʹa afgekom, 11  en hy het na ons toe gekom en Paulus se gordel geneem, sy eie voete en hande gebind en gesê: “Dít sê die heilige gees: ‘Die Jode sal die man aan wie hierdie gordel behoort, só in Jerusalem bind+ en in die hande van mense van die nasies oorlewer.’”+ 12  En toe ons dit hoor, het ons sowel as dié van daardie plek hom begin soebat om nie na Jerusalem op te gaan nie.+ 13  Daarop het Paulus geantwoord: “Wat doen julle deur te huil+ en my hart swak te maak?+ Wees gerus, ek is gereed om nie net gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf+ vir die naam van die Here Jesus.” 14  Toe hy hom nie laat ompraat het nie, het ons daarin berus met die woorde: “Laat die wil+ van Jehovah geskied.” 15  En ná hierdie dae het ons voorbereidings vir die reis getref en na Jerusalem begin opgaan.+ 16  Maar party van die dissipels uit Sesareʹa+ het ook saam met ons gegaan om ons na die man te bring in wie se huis ons as gaste sou tuisgaan, ’n sekere Mnason van Siprus, ’n vroeë dissipel. 17  Toe ons in Jerusalem kom,+ het die broers ons met blydskap ontvang.+ 18  Maar die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus+ toe ingegaan; en al die ouer manne was teenwoordig. 19  En hy het hulle gegroet en in besonderhede verslag begin gee+ van die dinge wat God deur sy bediening onder die nasies gedoen het.+ 20  Nadat hulle dit gehoor het, het hulle God begin verheerlik, en hulle het vir hom gesê: “Jy sien, broer, hoeveel duisende gelowiges daar onder die Jode is; en hulle is almal ywerig vir die Wet.+ 21  Maar hulle het ’n gerug oor jou gehoor dat jy al die Jode onder die nasies geleer het om van Moses afvallig te word+ deur vir hulle te sê om nie hulle kinders te besny+ of volgens die plegtige gebruike te wandel nie. 22  Wat moet dan daaromtrent gedoen word? Hulle gaan in elk geval hoor dat jy gekom het. 23  Doen dan wat ons vir jou sê: Ons het vier manne wat onder ’n gelofte staan. 24  Neem hierdie manne saam+ en reinig jou seremonieel saam met hulle en dra die koste vir hulle,+ sodat hulle hulle koppe kan laat skeer.+ En dan sal almal weet dat daar niks in die gerugte steek wat hulle oor jou vertel is nie, maar dat jy ordelik wandel en dat jy ook self die Wet onderhou.+ 25  Wat die gelowiges uit die nasies betref, ons het gestuur en ons beslissing gegee dat hulle hulle moet bewaar van afgodsoffers+ sowel as van bloed+ en wat verwurg is+ en van hoerery.”+ 26  Toe het Paulus die manne die volgende dag saamgeneem en hom saam met hulle seremonieel gereinig+ en in die tempel ingegaan om kennis te gee van die dae wat vervul moes word+ vir die seremoniële reiniging, totdat die offer+ vir elkeen van hulle gebring moes word.+ 27  En toe die sewe dae+ byna om was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien, en hulle het die hele skare in verwarring begin bring+ en die hande aan hom geslaan 28  en uitgeroep: “Manne van Israel, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge teen die volk+ en die Wet en hierdie plek leer, en hy het boonop selfs Grieke in die tempel ingebring en hierdie heilige plek verontreinig.”+ 29  Want hulle het Troʹfimus,+ die Efesiër, vantevore saam met hom in die stad gesien, maar hulle het gedink dat Paulus hom in die tempel ingebring het. 30  En die hele stad is in opskudding gebring,+ en ’n volksoploop het ontstaan; en hulle het Paulus gegryp en hom tot buite die tempel gesleep.+ En die deure is onmiddellik toegemaak. 31  En terwyl hulle hom probeer doodmaak het, het ’n berig die bevelvoerder van die afdeling bereik dat die hele Jerusalem in verwarring is;+ 32  en hy het dadelik soldate en leëroffisiere geneem en na hulle toe afgehardloop.+ Toe hulle die militêre bevelvoerder+ en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan. 33  Toe het die militêre bevelvoerder nader gekom en hom gegryp en beveel dat hy met twee kettings geboei moet word;+ en hy het begin vra wie hy is en wat hy gedoen het. 34  Maar sommige in die skare het dít en ander dát begin skreeu.+ En omdat hy weens die opskudding niks sekers te wete kon kom nie, het hy beveel dat hy na die soldate se kwartiere gebring moet word.+ 35  Maar toe hy op die trap kom, het die situasie so geword dat hy weens die geweld van die skare deur die soldate gedra moes word; 36  want die volksmenigte het bly volg terwyl hulle uitgeroep het: “Neem hom weg!”+ 37  En net toe hy in die soldate se kwartiere ingelei sou word, het Paulus vir die militêre bevelvoerder gesê: “Mag ek vir u iets sê?” Hy het gesê: “Kan jy Grieks praat? 38  Is jy dan nie die Egiptenaar wat voor hierdie dae ’n opstand verwek het+ en die vierduisend dolkstekers na die wildernis uitgelei het nie?” 39  Toe het Paulus gesê: “Ek is in werklikheid ’n Jood,+ van Tarsus+ in Siliʹsië, ’n burger van geen onbekende stad. Ek smeek u dus, laat my toe om met die volk te praat.” 40  Nadat hy toestemming gegee het, het Paulus, wat op die trap gestaan het, met sy hand vir die volk beduie.+ Toe ’n groot stilte kom, het hy hulle in die Hebreeuse+ taal toegespreek en gesê:

Voetnote