Handelinge 22:1-30

22  “Manne, broers+ en vaders, hoor nou my verdediging+ teenoor julle.”  (Wel, toe hulle hoor dat hy hulle in die Hebreeuse taal+ toespreek, was hulle nog stiller, en hy het gesê:)  “Ek is ’n Jood,+ gebore in Tarsus van Siliʹsië,+ maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamaʹliël,+ onderrig volgens die strengheid+ van die voorvaderlike Wet, ywerig+ vir God net soos julle almal vandag is.  En ek het hierdie Weg tot die dood toe vervolg+ en manne sowel as vroue geboei en aan gevangenisse oorgelewer,+  soos die hoëpriester sowel as die hele vergadering van ouer manne+ van my kan getuig. Van hulle het ek ook briewe+ aan die broers in Damaskus gekry, en ek was op pad om ook dié wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring om gestraf te word.  “Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus gekom het, omstreeks die middaguur, het daar skielik ’n groot lig uit die hemel rondom my geflits,+  en ek het op die grond geval en ’n stem vir my hoor sê: ‘Saul, Saul, waarom vervolg jy my?’+  Ek het geantwoord: ‘Wie is u, Here?’ En hy het vir my gesê: ‘Ek is Jesus die Nasarener, wat jy vervolg.’+  En die manne wat saam met my was,+ het wel die lig gesien, maar het nie die stem gehoor van die een wat met my gepraat het nie.+ 10  Daarop het ek gesê: ‘Wat moet ek doen,+ Here?’ Die Here het vir my gesê: ‘Staan op, gaan in Damaskus in, en dáár sal jy vertel word van alles wat jou opgelê is om te doen.’+ 11  Maar aangesien ek weens die heerlikheid van daardie lig niks kon sien nie, is ek deur dié wat saam met my was, aan die hand gelei en het ek so in Damaskus aangekom.+ 12  “En Ananiʹas, ’n sekere man wat volgens die Wet godvresend was, gunstig vermeld+ deur al die Jode wat daar woon, 13  het na my toe gekom, en terwyl hy by my gestaan het, het hy vir my gesê: ‘Saul, broer, sien weer!’+ En ek het in daardie selfde uur na hom toe opgekyk. 14  Hy het gesê: ‘Die God van ons voorvaders+ het jou uitgekies+ om sy wil te leer ken en die Regverdige+ te sien+ en die stem van sy mond te hoor,+ 15  want jy moet by alle mense vir hom ’n getuie wees van dinge wat jy gesien en gehoor het.+ 16  En waarom talm jy nou? Staan op, laat jou doop+ en was+ jou sondes af deur sy naam aan te roep.’+ 17  “Maar toe ek na Jerusalem teruggekeer het+ en besig was om in die tempel te bid, het ’n verrukking oor my gekom+ 18  en het ek hom vir my sien sê: ‘Maak gou en gaan sonder versuim uit Jerusalem uit, want hulle sal nie jou getuienis omtrent my aanvaar nie.’+ 19  En ek het gesê: ‘Here, hulle weet self goed dat ek dié wat in u glo, in die gevangenis gegooi+ en in die een sinagoge na die ander geslaan het;+ 20  en toe die bloed van Steʹfanus,+ u getuie, vergiet is, het ek self ook daar gestaan en dit goedgekeur+ en die boklere opgepas van dié wat hom om die lewe gebring het.’ 21  En tog het hy vir my gesê: ‘Gaan, want ek sal jou na verafgeleë nasies uitstuur.’”+ 22  En hulle het tot op hierdie woord na hom geluister, en hulle het hulle stem verhef en gesê: “Neem so ’n mens van die aarde af weg, want hy behoort nie te lewe nie!”+ 23  En omdat hulle uitgeroep en hulle boklere rondgegooi en stof in die lug opgegooi het,+ 24  het die militêre bevelvoerder beveel dat hy in die soldate se kwartiere ingebring moet word en gesê dat hy onder geseling ondervra moet word, sodat hy ten volle te wete kon kom waarom hulle só teen hom skreeu.+ 25  Maar toe hulle hom vir die geseling uitgestrek het, het Paulus vir die leëroffisier wat daar gestaan het, gesê: “Is dit julle geoorloof om ’n man te gesel wat ’n Romein+ en onveroordeeld is?” 26  Wel, toe die leëroffisier dit hoor, het hy na die militêre bevelvoerder toe gegaan en berig gebring en gesê: “Wat is u van plan om te doen? Hierdie man is dan ’n Romein.” 27  Toe het die militêre bevelvoerder nader gekom en vir hom gesê: “Sê vir my, is jy ’n Romein?”+ Hy het gesê: “Ja.” 28  Die militêre bevelvoerder het hierop gesê: “Ek het hierdie burgerreg vir ’n groot som geld gekoop.” Paulus het gesê: “Maar ek het dit deur geboorte.”+ 29  Daarom het die manne wat op die punt gestaan het om hom onder marteling te ondervra, hom onmiddellik laat staan; en die militêre bevelvoerder het bang geword toe hy verneem dat hy ’n Romein+ is en omdat hy hom vasgebind het. 30  Omdat hy met sekerheid wou weet presies waarom hy deur die Jode beskuldig is, het hy hom derhalwe die volgende dag losgemaak en die hoofpriesters en die hele Sanʹhedrin beveel om bymekaar te kom. En hy het Paulus afgebring en hom tussen hulle laat staan.+

Voetnote