Handelinge 25:1-27

25  Daarom het Festus, nadat hy die regering oor die provinsie aanvaar het,+ drie dae later van Sesareʹa na Jerusalem opgegaan;+  en die hoofpriesters en die vernaamste manne van die Jode het ’n aanklag+ teen Paulus by hom ingedien. Toe het hulle hom dringend begin versoek  en gevra, as ’n guns teen die man, dat hy hom na Jerusalem moet laat kom, aangesien hulle ’n hinderlaag opgestel het+ om hom langs die pad om die lewe te bring.  Festus het egter geantwoord dat Paulus in Sesareʹa bewaak sou word en dat hy self binnekort daarheen sou vertrek.  “Laat die maghebbers onder julle”, het hy gesê, “derhalwe saam met my afkom en hom beskuldig,+ as daar enigiets slegs omtrent die man is.”  En toe hy nie meer as agt of tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Sesareʹa afgegaan, en die volgende dag het hy op die regterstoel gaan sit+ en beveel dat Paulus ingebring moet word.  Toe hy inkom, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom hom gaan staan en baie en ernstige aanklagte+ teen hom ingebring waarvoor hulle geen bewys kon lewer nie.  Maar Paulus het ter verdediging gesê: “Ek het geen sonde teen die Wet van die Jode of teen die tempel+ of teen die keiser begaan nie.”+  Festus, wat in die Jode se guns wou kom,+ het Paulus geantwoord en gesê: “Wil jy na Jerusalem opgaan en daar voor my oor hierdie dinge geoordeel word?”+ 10  Maar Paulus het gesê: “Ek staan voor die regterstoel van die keiser,+ waar ek geoordeel moet word. Ek het die Jode geen onreg aangedoen nie,+ soos u ook heel goed kan sien. 11  As ek dan werklik ’n kwaaddoener is+ en enigiets gedoen het wat die dood verdien,+ vra ek nie om die dood vry te spring nie; maar as nie een van dié dinge waarvan hierdie manne my beskuldig, waar is nie, kan geen mens my as guns aan hulle oorlewer nie. Ek beroep my op die keiser!”+ 12  Toe het Festus, nadat hy met die vergadering van raadgewers gepraat het, geantwoord: “Op die keiser het jy jou beroep; na die keiser sal jy gaan.” 13  En na verloop van ’n paar dae het koning Agripʹpa en Berniʹce in Sesareʹa aangekom om ’n beleefdheidsbesoek aan Festus te bring. 14  En aangesien hulle ’n aantal dae daar deurgebring het, het Festus die aangeleenthede aangaande Paulus aan die koning voorgelê en gesê: “Daar is ’n sekere man wat deur Feliks as gevangene agtergelaat is, 15  en toe ek in Jerusalem was, het die hoofpriesters en die ouer manne van die Jode ’n aanklag+ teen hom ingedien en gevra dat hy veroordeel moet word. 16  Maar ek het hulle geantwoord dat dit nie die Romeinse prosedure is om enige mens as guns oor te lewer voordat die beskuldigde van aangesig tot aangesig teenoor sy beskuldigers gestel word+ en ’n kans kry om in verband met die klag ter verdediging van homself te spreek nie. 17  Toe hulle dan hier saamgekom het, het ek nie getalm nie, maar die volgende dag op die regterstoel gaan sit en beveel dat die man ingebring moet word. 18  Toe die beskuldigers in die getuiebank gaan, het hulle geen aanklag+ ingebring van die goddelose dinge wat ek aangaande hom vermoed het nie. 19  Hulle het slegs sekere geskille met hom gehad oor hulle eie aanbidding+ van die godheid en oor ’n sekere Jesus wat dood is, maar van wie Paulus bly verklaar het dat hy lewe.+ 20  En omdat ek raadop was met die getwis oor hierdie aangeleenthede, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar aangaande hierdie aangeleenthede geoordeel wou word.+ 21  Maar toe Paulus versoek+ om onder bewaking gehou te word vir die beslissing deur die keiser, het ek beveel dat hy onder bewaking gehou moet word totdat ek hom na die keiser toe sou stuur.” 22  Hierop het Agripʹpa vir Festus gesê: “Ek sou self ook graag die man wil hoor.”+ “Môre”, het hy gesê, “sal u hom hoor.” 23  Die volgende dag het Agripʹpa en Berniʹce toe met groot vertoon+ gekom en saam met militêre bevelvoerders asook vooraanstaande manne in die stad in die gehoorsaal ingegaan, en toe Festus die bevel gee, is Paulus ingebring. 24  En Festus het gesê: “Koning Agripʹpa en manne wat almal hier saam met ons teenwoordig is, julle sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode hulle tesame in Jerusalem sowel as hier tot my gewend het en geskreeu het dat hy nie langer behoort te lewe nie.+ 25  Maar ek het gevind dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie.+ En toe hierdie man hom op die keiser beroep,+ het ek besluit om hom te stuur. 26  Maar ek het niks sekers oor hom om aan my Heer te skryf nie. Daarom het ek hom voor julle gebring, en veral voor u, koning Agripʹpa, sodat ek, nadat die geregtelike ondersoek plaasgevind het, iets kan kry om te skryf.+ 27  Want dit lyk vir my onredelik om ’n gevangene te stuur en nie ook die aanklagte teen hom aan te dui nie.”

Voetnote