Handelinge 26:1-32
26 Agripʹpa+ het vir Paulus gesê: “Dit is jou vergun om vir jouself te spreek.” Toe het Paulus sy hand uitgesteek+ en tot sy verdediging begin sê:+
2 “Ek ag my gelukkig, koning Agripʹpa, dat dit voor u is wat ek my vandag moet verdedig aangaande alles waarvan ek deur Jode beskuldig word,+
3 veral aangesien u baie goed op hoogte is van al die gebruike+ sowel as die geskille onder Jode. Daarom smeek ek u om my geduldig aan te hoor.
4 “Wat dan die lewenswyse+ van my jeug af betref wat ek van die begin af onder my nasie en in Jerusalem gevolg het, weet al die Jode
5 wat my vantevore, van die begin af, geken het, as hulle maar net wil getuig, dat ek volgens die strengste sekte+ van ons vorm van aanbidding as ’n Fariseër geleef het.+
6 En tog staan ek nou tereg oor die hoop+ op die belofte+ wat deur God aan ons voorvaders gemaak is;
7 terwyl ons twaalf stamme hoop om die vervulling van hierdie belofte te verkry deur nag en dag intensief heilige diens aan hom te verrig.+ Oor hierdie hoop word ek deur Jode beskuldig,+ o koning.
8 “Waarom word dit onder julle as ongelooflik geag dat God die dooies opwek?+
9 Wat my betref, ek het werklik by myself gedink dat ek baie vyandige dade teen die naam van Jesus die Nasarener moes doen;
10 wat ek dan ook in Jerusalem gedoen het, en ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit,+ waartoe ek volmag van die hoofpriesters ontvang het;+ en wanneer hulle tereggestel moes word, het ek my stem teen hulle uitgebring.
11 En deur hulle dikwels in al die sinagoges te straf,+ het ek hulle probeer dwing om ’n herroeping te doen; en aangesien ek uitermate woedend teenoor hulle was, het ek hulle selfs in buitelandse stede vervolg.
12 “Terwyl ek tydens hierdie pogings na Damaskus gereis het,+ met volmag en ’n opdrag van die hoofpriesters,
13 het ek, o koning, op die middaguur op die pad ’n lig wat die helderheid van die son oortref het, uit die hemel rondom my en rondom dié wat saam met my gereis het, sien flits.+
14 En toe ons almal op die grond geval het, het ek ’n stem in die Hebreeuse taal vir my hoor sê: ‘Saul, Saul, waarom vervolg jy my? Om teen die prikkels te bly skop, maak dit vir jou moeilik.’+
15 Maar ek het gesê: ‘Wie is u, Here?’ En die Here het gesê: ‘Ek is Jesus, wat jy vervolg.+
16 Maar kom orent en staan op jou voete.+ Want met dié doel het ek my aan jou sigbaar gemaak, om jou uit te kies as ’n dienaar en ’n getuie+ van dinge wat jy gesien het sowel as dinge wat ek jou aangaande my sal laat sien;
17 terwyl ek jou verlos van hierdie volk en van die nasies, na wie ek jou stuur,+
18 om hulle oë te open,+ om hulle van die duisternis+ na die lig+ en van die gesag van Satan+ na God te keer, sodat hulle vergifnis van sondes kan ontvang+ en ’n erfenis+ onder dié wat deur hulle geloof in my geheilig is.’+
19 “Daarom, koning Agripʹpa, het ek nie ongehoorsaam geword aan die hemelse gesig nie,+
20 maar het ek eers aan dié in Damaskus+ sowel as aan dié in Jerusalem+ en in die hele land van Judeʹa en aan die nasies+ die boodskap gebring dat hulle berou moet hê en hulle tot God moet keer deur werke te doen wat by berou pas.+
21 As gevolg van hierdie dinge het Jode my in die tempel gevange geneem en my probeer ombring.+
22 Omdat ek egter die hulp verkry het+ wat van God kom, gaan ek tot vandag toe voort om aan klein sowel as groot te getuig, maar ek sê niks behalwe dinge wat die Profete+ sowel as Moses+ verklaar het sou plaasvind nie,
23 dat die Christus moes ly+ en dat hy, as die eerste wat uit die dode opgewek sou word,+ lig+ aan hierdie volk sowel as aan die nasies sou verkondig.”+
24 En terwyl hy hierdie dinge ter verdediging van homself gesê het, het Festus in ’n harde stem gesê: “Jy word kranksinnig,+ Paulus! Groot geleerdheid dryf jou tot kranksinnigheid!”
25 Maar Paulus het gesê: “Ek word nie kranksinnig nie, Eksellensie Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en van gesonde verstand.
26 In werklikheid is die koning met wie ek met vrymoedigheid van spraak praat, goed vertroud met hierdie dinge; want ek is daarvan oortuig dat nie een van hierdie dinge sy aandag ontgaan nie, want dit is nie in ’n hoek gedoen nie.+
27 Glo u die Profete, koning Agripʹpa? Ek weet dat u glo.”+
28 Maar Agripʹpa het vir Paulus gesê: “Jy sal my in ’n kort tydjie oorreed om ’n Christen te word.”
29 Hierop het Paulus gesê: “Ek sou tot God kon wens dat nie net u nie, maar ook almal wat my vandag hoor, hetsy in ’n kort tydjie of in ’n lang tyd, so sal word soos ek ook is, met die uitsondering van hierdie boeie.”
30 En die koning het opgestaan, asook die goewerneur en Berniʹce en die manne wat by hulle gesit het.
31 Maar terwyl hulle weggegaan het, het hulle met mekaar begin praat en gesê: “Hierdie man beoefen niks wat die dood of boeie verdien nie.”+
32 En Agripʹpa het vir Festus gesê: “Hierdie man kon vrygelaat geword het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.”+