Handelinge 27:1-44

27  En toe daar besluit is dat ons na Italië moet wegseil,+ het hulle Paulus sowel as sekere ander gevangenes oorgegee aan ’n leëroffisier met die naam Juʹlius, van die afdeling van Augustus.  Nadat ons aan boord gegaan het van ’n boot uit Adramitʹtium wat op die punt was om na plekke aan die kus van die landstreek Asië te seil, het ons weggeseil, en Aristarʹgus,+ ’n Masedoniër van Tessaloniʹka, was saam met ons.  En die volgende dag het ons by Sidon aan land gegaan, en Juʹlius het Paulus mensliewend behandel+ en hom toegelaat om na sy vriende toe te gaan en hulle versorging te geniet.+  En ons het daarvandaan uitgevaar en onder die beskutting van Siprus geseil, omdat daar teenwinde was;  en ons het deur die oop see langs Siliʹsië en Pamfiʹlië gevaar en die hawe van Mira in Liʹsië binnegevaar.  Maar daar het die leëroffisier ’n boot uit Aleksandrië gevind+ wat na Italië geseil het, en hy het ons aan boord daarvan laat gaan.  Nadat ons ’n hele aantal dae stadig verder geseil het en met moeite by Knidus gekom het, het ons, omdat die wind ons nie toegelaat het om verder te gaan nie, by Salmoʹne onder die beskutting van Kreta geseil,  en ons het met moeite langs sy kus gevaar en by ’n sekere plek met die naam Mooi Hawens gekom, in die nabyheid waarvan die stad Laseʹa is.  Aangesien ’n geruime tyd verloop het en dit toe al gevaarlik was vir skeepvaart, omdat selfs die vas van die versoendag+ reeds verby was, het Paulus raad gegee 10  en vir hulle gesê: “Manne, ek sien dat die vaart met skade en groot verlies gepaard sal gaan, nie net van die vrag en die boot nie, maar ook van ons siele.”+ 11  Maar die leëroffisier het eerder aan die stuurman en die skeepseienaar gehoor gegee as aan die dinge wat Paulus gesê het. 12  En aangesien die hawe ongerieflik was om in te oorwinter, het die meerderheid aangeraai dat daarvandaan weggeseil moet word om te sien of hulle miskien Feniks, ’n hawe van Kreta wat na die noordooste en na die suidooste oop lê, kon bereik om daar te oorwinter. 13  En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hulle voorneme so goed as verwesenlik het, en hulle het die anker gelig en naby die kus van Kreta langs begin vaar. 14  Maar nie lank daarna nie het ’n stormwind+ wat Euraʹkilon genoem word, daarteen losgebars. 15  Aangesien die boot meegesleur is en nie sy boeg windop kon hou nie, het ons dit opgegee en is ons meegevoer. 16  En ons het onder die beskutting van ’n sekere eilandjie gevaar wat Kauda genoem word, en tog kon ons beswaarlik die sloep+ by die agterstewe onder beheer kry. 17  Maar nadat hulle dit aan boord gehys het, het hulle hulpmiddels begin gebruik om die boot onderom te gord; en omdat hulle gevrees het dat hulle op die Sirtis sou strand, het hulle die takelwerk laat sak en is hulle so voortgedryf. 18  Omdat ons egter geweldig deur die storm heen en weer geslinger is, het hulle die skip die volgende dag ligter begin maak;+ 19  en op die derde dag het hulle met hulle eie hande die boot se takelwerk weggegooi. 20  Toe daar dan baie dae lank nie son of sterre verskyn het nie en ’n hewige storm+ om ons gewoed het, het alle hoop dat ons gered sou word, uiteindelik begin verdwyn. 21  En toe die manne hulle lank van voedsel onthou het, het Paulus in hulle midde opgestaan+ en gesê: “Manne, julle moes beslis na my raad geluister het en nie van Kreta uitgevaar en hierdie skade en verlies gely het nie.+ 22  Nietemin raai ek julle nou aan om vol moed te wees, want geen siel van julle sal verlore gaan nie, net die boot. 23  Want vannag het daar ’n engel+ van die God aan wie ek behoort en aan wie ek heilige diens verrig,+ naby my gestaan 24  en gesê: ‘Moenie vrees nie, Paulus. Jy moet voor die keiser staan,+ en kyk! God het jou almal geskenk wat saam met jou seil.’ 25  Wees dus vol moed, manne; want ek glo God+ dat dit presies sal wees soos daar vir my gesê is. 26  Ons moet egter op ’n sekere eiland uitgespoel word.”+ 27  En toe die veertiende nag aanbreek en ons op die see van Aʹdria heen en weer geslinger word, het die matrose om middernag begin vermoed dat hulle land nader. 28  En hulle het die diepte gepeil en gevind dat dit twintig vaam is; toe het hulle ’n entjie verder gegaan en weer ’n peiling gemaak en gevind dat dit vyftien vaam is. 29  En omdat hulle gevrees het dat ons êrens op die rotse geslinger sou word, het hulle vier ankers van die agterstewe af uitgegooi en begin wens dat dit dag moet word. 30  Maar toe die matrose uit die boot probeer ontsnap en die sloep in die see neerlaat onder die voorwendsel dat hulle van plan is om ankers by die voorstewe te laat sak, 31  het Paulus vir die leëroffisier en die soldate gesê: “As hierdie manne nie in die boot bly nie, kan julle nie gered word nie.”+ 32  Toe het die soldate die toue van die sloep losgekap+ en dit laat afval. 33  En net voor dagbreek het Paulus almal sonder uitsondering begin aanmoedig om voedsel te eet en gesê: “Vandag is die veertiende dag dat julle op die uitkyk is en sonder voedsel bly, aangesien julle niks geëet het nie. 34  Daarom moedig ek julle aan om voedsel te eet, want dit is in die belang van julle veiligheid; want nie ’n haar+ van een van julle se kop sal vergaan nie.” 35  Nadat hy dit gesê het, het hy ook ’n brood geneem, God voor hulle almal gedank+ en dit gebreek en begin eet. 36  Toe het hulle almal blymoedig geword en self voedsel begin eet. 37  En ons was altesaam tweehonderd-ses-en-sewentig siele in die boot. 38  Toe hulle met voedsel versadig was, het hulle die boot ligter begin maak+ deur die koring oorboord te gooi in die see. 39  Toe dit uiteindelik dag word, kon hulle nie die land herken nie, maar hulle het ’n sekere baai met ’n strand gesien, en hulle was vasbeslote om die boot daarop te laat loop+ as hulle kon. 40  Hulle het dus die ankers losgekap en hulle in die see laat val en terselfdertyd die toue van die stuurspane losgemaak, en nadat hulle die voorseil voor die wind gehys het, het hulle op die strand aangestuur. 41  Toe hulle op ’n sandbank afkom wat aan weerskante deur die see omspoel is, het hulle die skip daarop laat strand, en die voorstewe het vasgesteek en onbeweeglik bly sit, maar die agterstewe is deur die geweld van die golwe uitmekaar geslaan.+ 42  Hierop het die soldate besluit om die gevangenes dood te maak, sodat niemand sou wegswem en ontsnap nie. 43  Maar die leëroffisier wou Paulus veilig oorbring en het hulle verhinder om hulle voorneme uit te voer. En hy het dié wat kon swem, beveel om in die see te spring en eerste aan land te kom, 44  en ook die res, party op planke en party op sekere goed van die boot. En só het dit gekom dat almal veilig aan land gebring is.+

Voetnote