Handelinge 28:1-31

28  En toe ons veiligheid bereik het, het ons verneem dat die eiland Malta+ genoem word.  En die anderstalige mense het buitengewone mensliewendheid aan ons betoon,+ want hulle het ’n vuur aangesteek en ons almal op hulpvaardige wyse ontvang weens die reën wat geval het en weens die koue.+  Maar toe Paulus ’n bondel hout bymekaarmaak en dit op die vuur lê, het ’n adder as gevolg van die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.  Toe die anderstalige mense die giftige dier aan sy hand sien hang, het hulle vir mekaar begin sê: “Hierdie man is gewis ’n moordenaar, en hoewel hy veilig aan die see ontkom het, het die wrekende geregtigheid hom nie toegelaat om te bly lewe nie.”  Hy het egter die giftige dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.+  Maar hulle het verwag dat hy sou opswel weens ontsteking of skielik dood sou neerval. Nadat hulle ’n lang ruk gewag het en niks skadeliks met hom sien gebeur het nie, het hulle van mening verander en begin sê dat hy ’n god is.+  En in die omgewing van daardie plek het die vernaamste man van die eiland, met die naam Pubʹlius, grond besit; en hy het ons gasvry ontvang en ons drie dae welwillend gehuisves.  Maar die vader van Pubʹlius het siek gelê aan koors en diarree, en Paulus het na hom toe ingegaan en gebid, hom die hande opgelê+ en hom gesond gemaak.+  Nadat dit plaasgevind het, het die res van die mense op die eiland wat siektes gehad het, ook na hom toe begin kom en is hulle genees.+ 10  En hulle het ons ook met baie geskenke vereer, en toe ons wegseil, het hulle ons oorlaai met alles wat ons nodig gehad het. 11  Drie maande later het ons weggeseil in ’n boot uit Aleksandrië+ wat op die eiland oorwinter het en die boegbeeld “Seuns van Zeus” gehad het. 12  En ons het die hawe van Sirakuʹse binnegevaar en drie dae daar gebly, 13  waarvandaan ons omgevaar en by Reʹgium aangekom het. En ’n dag later het ’n suidewind opgesteek, en ons het Puteʹoli op die tweede dag bereik. 14  Hier het ons broers gevind en is ons dringend versoek om sewe dae by hulle te bly; en so het ons Rome genader. 15  En daarvandaan het die broers, toe hulle die nuus oor ons hoor, tot by die Mark van Apʹpius en die Drie Herberge gekom om ons te ontmoet, en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep.+ 16  Toe ons uiteindelik in Rome gekom het, is Paulus toegelaat+ om op sy eie te woon met die soldaat wat hom bewaak het. 17  Drie dae later het hy egter dié wat die vernaamste manne van die Jode was, bymekaargeroep. Toe hulle bymekaargekom het, het hy vir hulle begin sê: “Manne, broers, hoewel ek niks teen die volk of die gebruike van ons voorvaders gedoen het nie,+ is ek as ’n gevangene uit Jerusalem in die hande van die Romeine oorgelewer.+ 18  En dié wou my vrylaat+ nadat hulle ondersoek ingestel het,+ aangesien daar geen grond vir die dood+ in my was nie. 19  Maar toe die Jode aangehou het om daarteen beswaar te maak, was ek verplig om my op die keiser te beroep,+ maar nie asof ek enigiets gehad het om my nasie van te beskuldig nie. 20  Daarom het ek dan dringend versoek om julle te sien en met julle te praat, want ek het hierdie ketting om my+ weens die hoop+ van Israel.” 21  Hulle het vir hom gesê: “Ons het nie briewe oor jou uit Judeʹa ontvang nie, en ook het niemand van die broers wat hier aangekom het, enigiets kwaads van jou vertel of gesê nie. 22  Maar ons dink dat dit gepas is om by jou te hoor wat jy dink, want waarlik, wat hierdie sekte+ betref, ons weet dat daar oral daarteen gepraat word.”+ 23  En hulle het ’n dag met hom afgespreek, en hulle het in groter getalle na hom toe gekom in sy verblyfplek. En hy het die saak vir hulle verduidelik deur deeglik aangaande die koninkryk van God te getuig+ en deur aan die hand van die wet van Moses+ asook die Profete+ met oorredingskrag met hulle oor Jesus te praat, van die oggend tot die aand. 24  En party het die dinge wat gesê is, begin glo;+ ander het nie geglo nie.+ 25  En omdat hulle dit nie met mekaar eens was nie, het hulle begin weggaan, terwyl Paulus hierdie een opmerking gemaak het: “Die heilige gees het gepas deur middel van die profeet Jesaja tot julle voorvaders gespreek 26  en gesê: ‘Gaan na hierdie volk toe en sê: “Wanneer julle hoor, sal julle hoor, maar hoegenaamd nie verstaan nie; en wanneer julle kyk, sal julle kyk, maar hoegenaamd nie sien nie.+ 27  Want die hart van hierdie volk het onontvanklik geword, en met hulle ore het hulle gehoor sonder om te reageer, en hulle het hulle oë gesluit; sodat hulle nooit met hulle oë sou sien en met hulle ore sou hoor en met hulle hart sou verstaan en terugdraai en ek hulle sou genees nie.”’+ 28  Laat dit dan aan julle bekend wees dat dít, die middel waardeur God red, na die nasies uitgestuur is;+ hulle sal beslis daarna luister.”+ 29  —— 30  Toe het hy ’n volle twee jaar lank in sy eie gehuurde huis gebly,+ en hy het almal wat na hom toe ingekom het, vriendelik ontvang 31  en die koninkryk van God aan hulle verkondig en die dinge aangaande die Here Jesus Christus geleer met die grootste vrymoedigheid van spraak,+ sonder enige verhindering.

Voetnote