Handelinge 3:1-26

3  En Petrus en Johannes het na die tempel opgegaan vir die uur van gebed, die negende uur,+  en ’n sekere man wat van sy moeder se skoot+ af kreupel was, is aangedra, en hulle het hom elke dag neergesit naby die tempeldeur wat Mooi+ genoem is, om barmhartigheidsgawes te vra van dié wat in die tempel ingaan.+  Toe hy Petrus en Johannes sien net toe hulle by die tempel wou ingaan, het hy barmhartigheidsgawes begin versoek.+  Maar Petrus, asook Johannes, het hom stip aangekyk+ en gesê: “Kyk na ons.”  Toe het hy sy aandag op hulle gevestig in die verwagting dat hy iets van hulle sou kry.  Petrus het egter gesê: “Silwer en goud besit ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou:+ In die naam van Jesus Christus die Nasarener,+ loop!”+  Daarop het hy hom by die regterhand+ gevat en hom opgehelp. Oombliklik het sy voetsole en sy enkelbene sterk geword;+  en hy het opgespring+ en regop gestaan en begin rondloop, en hy het saam met hulle in die tempel ingegaan+ terwyl hy geloop en gespring en God geloof het.  En die hele volk+ het gesien hoe hy loop en God loof. 10  En hulle het hom begin herken, dat dit die man was wat gewoonlik vir barmhartigheidsgawes by die tempel se Mooipoort+ gesit het, en hulle is vervul met verbasing en was in vervoering+ oor wat met hom gebeur het. 11  Wel, terwyl die man aan Petrus en Johannes vasgehou het, het die hele volk, wat buite hulleself van verbasing was, op hulle toegestroom by wat Salomo se pilaargang+ genoem is. 12  Toe Petrus dit sien, het hy vir die volk gesê: “Manne van Israel, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom staar julle ons aan asof ons hom deur ons eie krag of godvrugtige toegewydheid laat loop het?+ 13  Die God van Abraham en van Isak en van Jakob,+ die God van ons voorvaders, het sy Kneg,+ Jesus, verheerlik,+ wat júlle oorgelewer+ en voor Pilatus se aangesig verloën het nadat hy besluit het om hom vry te laat.+ 14  Ja, julle het dié heilige en regverdige+ verloën, en julle het gevra dat ’n man, ’n moordenaar,+ aan julle geskenk word, 15  terwyl julle die Hoofbewerker van die lewe+ doodgemaak het. Maar God het hom uit die dode opgewek, ’n feit waarvan ons getuies is.+ 16  Gevolglik het sy naam, deur ons geloof in sy naam, hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur hom is, het die man hierdie algehele gesondheid ten aanskoue van julle almal gegee. 17  En ek weet dan nou, broers, dat julle in onkunde gehandel het,+ soos ook julle heersers.+ 18  Maar op hierdie manier het God die dinge vervul wat hy vooraf deur die mond van al die profete aangekondig het, dat sy Christus sou ly.+ 19  “Toon dus berou+ en draai om+ sodat julle sondes uitgewis kan word,+ dat tye van verkwikking+ van die aangesig van Jehovah kan kom 20  en dat hy die Christus kan uitstuur wat vir julle aangestel is, Jesus, 21  wat inderdaad deur die hemel self gehou moet word+ tot die tye van die herstel+ van alles waarvan God deur die mond van sy heilige profete+ van die ou tyd gespreek het. 22  Trouens, Moses het gesê: ‘Jehovah God sal vir julle uit die midde van julle broers ’n profeet soos ek verwek.+ Julle moet na hom luister volgens alles wat hy vir julle sê.+ 23  Ja, enige siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal heeltemal onder die volk uit vernietig word.’+ 24  En al die profete, trouens, van Samuel af en dié wat gevolg het, almal wat gespreek het, het hierdie dae ook duidelik bekend gemaak.+ 25  Julle is die kinders+ van die profete en van die verbond wat God met julle voorvaders gesluit het toe hy vir Abraham gesê het: ‘En in jou saad sal al die families van die aarde geseën word.’+ 26  Nadat God sy Kneg verwek het, het hy hom eers+ na julle toe uitgestuur om julle te seën deur elkeen van julle af te keer van julle goddelose dade.”

Voetnote