Handelinge 8:1-40

8  Wat Saulus betref, hy het die moord op hom goedgekeur.+ Daardie dag het daar groot vervolging+ ontstaan teen die gemeente wat in Jerusalem was; almal behalwe die apostels is in al die streke van Judeʹa en Samariʹa verstrooi.+  Maar godvresende manne het Steʹfanus na die begrafnis gedra,+ en hulle het grootliks oor hom geweeklaag.+  Saulus het egter gewelddadig teen die gemeente begin optree. Hy het die een huis na die ander binnegedring en manne sowel as vroue uitgesleep en hulle aan die gevangenis oorgelewer.+  Dié wat verstrooi is, het egter deur die land gegaan en die goeie nuus van die woord bekend gemaak.+  Wat Filippus betref, hy het afgegaan na die stad Samariʹa+ en die Christus aan hulle begin verkondig.  Die skare het eendragtig aandag geskenk aan die dinge wat deur Filippus gesê is, terwyl hulle geluister en die tekens aanskou het wat hy gedoen het.  Want daar was baie wat onrein geeste gehad het,+ en dié het met ’n harde stem uitgeroep en uitgekom. Bowendien is baie wat verlam+ en kreupel was, genees.  Toe het daar groot vreugde in dié stad ontstaan.+  En in die stad was daar ’n sekere man met die naam Simon, wat voor hierdie dinge toorkunste beoefen+ en die nasie van Samariʹa verbaas het, terwyl hy gesê het dat hy iemand besonders is.+ 10  En hulle almal, van die geringste tot die grootste, het op hom ag gegee en gesê: “Hierdie man is die Krag van God, wat Groot genoem kan word.” 11  En hulle het op hom ag gegee omdat hy hulle ’n hele ruk met sy toorkunste verbaas het. 12  Maar toe hulle Filippus glo, wat die goeie nuus van die koninkryk van God+ en van die naam van Jesus Christus bekend gemaak het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.+ 13  Simon het ook self ’n gelowige geword, en nadat hy gedoop is, was hy voortdurend by Filippus;+ en hy was verbaas toe hy tekens en groot kragtige werke sien plaasvind. 14  Toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samariʹa die woord van God aangeneem het,+ het hulle Petrus en Johannes na hulle toe gestuur; 15  en dié het afgegaan en vir hulle gebid om heilige gees te ontvang.+ 16  Want dit het nog nie op enigeen van hulle geval nie, maar hulle was net in die naam van die Here Jesus gedoop.+ 17  Toe het hulle hulle die hande opgelê,+ en hulle het heilige gees begin ontvang. 18  En toe Simon sien dat die gees deur die handeoplegging van die apostels gegee is, het hy hulle geld aangebied+ 19  en gesê: “Gee my ook hierdie gesag, sodat enigeen wat ek die hande oplê, heilige gees kan ontvang.” 20  Maar Petrus het vir hom gesê: “Mag jou silwer saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die vrye gawe van God deur geld in besit te kry.+ 21  Jy het geen aandeel in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg in God se oë nie.+ 22  Toon dus berou oor hierdie slegtheid van jou, en smeek Jehovah+ dat die lis van jou hart jou, indien moontlik, vergewe word; 23  want ek sien dat jy ’n giftige gal+ en ’n band van onregverdigheid is.”+ 24  Simon het geantwoord en gesê: “Doen tog ’n smeekbede tot Jehovah vir my+ dat niks van wat julle gesê het, oor my sal kom nie.” 25  Nadat hulle dan die getuienis deeglik gegee en die woord van Jehovah gespreek het, het hulle teruggedraai na Jerusalem, en hulle het die goeie nuus aan baie dorpies van die Samaritane begin bekend maak.+ 26  Jehovah se engel+ het egter met Filippus gepraat en gesê: “Staan op en gaan na die suide, na die pad wat van Jerusalem na Gasa afloop.” (Dit is ’n woestynpad.) 27  Daarop het hy opgestaan en gegaan, en kyk! ’n Etiopiese+ eunug,+ ’n maghebber onder Kandaʹke, die koningin van die Etiopiërs, wat oor al haar skatte was. Hy het na Jerusalem gegaan om te aanbid,+ 28  maar hy was op pad terug en het in sy wa gesit en die profeet Jesaja hardop gelees.+ 29  Toe het die gees vir Filippus gesê:+ “Gaan nader en bly by hierdie wa.” 30  Filippus het langs die wa gehardloop en hom die profeet Jesaja hardop hoor lees, en hy het gesê: “Verstaan u werklik wat u lees?” 31  Hy het gesê: “Hoe sou ek tog ooit kon, tensy iemand my lei?” En hy het Filippus gesoebat om op te klim en by hom te kom sit. 32  En die gedeelte van die Skrif wat hy hardop gelees het, was dit: “Soos ’n skaap is hy gebring om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor sy skeerder, so maak hy nie sy mond oop nie.+ 33  Gedurende sy vernedering is die oordeel van hom weggeneem.+ Wie sal die besonderhede van sy geslag vertel? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.”+ 34  Die eunug het geantwoord en vir Filippus gesê: “Ek smeek u, van wie sê die profeet dit? Van homself of van iemand anders?” 35  Filippus het sy mond oopgemaak+ en het, deur met hierdie Skrifgedeelte+ te begin, die goeie nuus oor Jesus aan hom bekend gemaak. 36  En terwyl hulle op die pad gereis het, het hulle by water gekom, en die eunug het gesê: “Kyk! Water; wat verhinder my om gedoop te word?”+ 37  —— 38  Daarop het hy beveel dat die wa moet stilhou, en hulle het albei in die water afgeklim, Filippus sowel as die eunug; en hy het hom gedoop. 39  Toe hulle uit die water opgekom het, het Jehovah se gees Filippus gou weggelei,+ en die eunug het hom nie meer gesien nie, want hy het sy reis met blydskap voortgesit. 40  Maar Filippus is in Asdod gevind, en hy het deur die gebied gegaan en aangehou om die goeie nuus aan al die stede bekend te maak+ totdat hy in Sesareʹa gekom het.+

Voetnote