Handelinge 9:1-43

9  Maar Saulus, wat nog steeds dreiging en moord+ teen die dissipels+ van die Here geblaas het, het na die hoëpriester toe gegaan  en van hom briewe aan die sinagoges in Damaskus gevra, sodat hy almal wat hy sou vind wat tot Die Weg+ behoort, manne sowel as vroue, geboeid na Jerusalem kon bring.  En toe hy op sy reis Damaskus nader, het daar skielik ’n lig uit die hemel rondom hom geflits,+  en hy het op die grond geval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy my?”+  Hy het gesê: “Wie is u, Here?” Hy het gesê: “Ek is Jesus, wat jy vervolg.+  Maar staan op+ en gaan in die stad in, en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”  En die manne wat saam met hom gereis het,+ het sprakeloos gestaan,+ aangesien hulle wel die geluid van ’n stem gehoor het,+ maar niemand gesien het nie.  Maar Saulus het van die grond af opgestaan, en hoewel sy oë oop was, het hy niks gesien nie.+ Daarom het hulle hom aan die hand gelei en hom in Damaskus ingebring.  En hy het drie dae lank niks gesien nie,+ en hy het nie geëet of gedrink nie. 10  Daar was ’n sekere dissipel in Damaskus met die naam Ananiʹas,+ en die Here het in ’n visioen vir hom gesê: “Ananiʹas!” Hy het gesê: “Hier is ek, Here.” 11  Die Here het vir hom gesê: “Staan op, gaan na die straat wat Reguit genoem word en soek by die huis van Judas ’n man met die naam Saulus, van Tarsus.+ Want kyk! hy is besig om te bid, 12  en hy het in ’n visioen gesien hoe ’n man met die naam Ananiʹas inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kan sien.”+ 13  Maar Ananiʹas het geantwoord: “Here, ek het by baie van hierdie man gehoor, hoeveel skadelike dinge hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het. 14  En hier het hy volmag van die hoofpriesters om almal wat u naam aanroep,+ in boeie te slaan.” 15  Maar die Here het vir hom gesê: “Gaan heen, want hierdie man is vir my ’n uitverkore vat+ om my naam na die nasies+ sowel as na konings+ en die kinders van Israel te dra. 16  Want ek sal hom duidelik toon wat hy alles vir my naam moet ly.”+ 17  Toe het Ananiʹas gegaan en in die huis ingekom, en hy het hom die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here, die Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, het my uitgestuur, sodat jy weer kan sien en met heilige gees vervul kan word.”+ 18  En onmiddellik het daar iets wat soos skubbe gelyk het, van sy oë afgeval, en hy kon weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop, 19  en hy het voedsel ingeneem en is versterk.+ Hy was ’n paar dae saam met die dissipels in Damaskus,+ 20  en hy het Jesus onmiddellik in die sinagoges begin verkondig,+ dat hy die Seun van God is. 21  Maar almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: “Is dit nie die man wat verwoesting aangerig het+ onder dié in Jerusalem wat hierdie naam aanroep, en wat juis met dié doel hierheen gekom het om hulle geboeid na die hoofpriesters te lei nie?”+ 22  Maar Saulus het al hoe meer krag verkry en het die Jode wat in Damaskus gewoon het, oorbluf, aangesien hy logies bewys het dat dit die Christus is.+ 23  En na verloop van ’n hele paar dae het die Jode saam beraadslaag om hom om die lewe te bring.+ 24  Hulle komplot teen hom het egter aan Saulus bekend geword. Maar hulle het ook die poorte dag en nag sorgvuldig bewaak om hom om die lewe te bring.+ 25  Daarom het sy dissipels hom geneem en hom in die nag deur ’n opening in die muur neergelaat deur hom in ’n mandjie te laat sak.+ 26  Toe hy in Jerusalem aankom,+ het hy pogings aangewend om by die dissipels aan te sluit; maar hulle was almal bang vir hom, omdat hulle nie geglo het dat hy ’n dissipel is nie. 27  Toe het Barʹnabas hom te hulp gekom+ en hom na die apostels toe gelei, en hy het vir hulle in besonderhede vertel hoe hy op die pad die Here gesien het+ en dat hy met hom gepraat het,+ en hoe hy in Damaskus+ vrymoedig in die naam van Jesus gespreek het. 28  En hy het by hulle gebly, terwyl hy in Jerusalem in- en uitgegaan en vrymoedig in die naam van die Here gespreek het;+ 29  en hy het met die Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer. Maar dié het pogings aangewend om hom om die lewe te bring.+ 30  Toe die broers dit agterkom, het hulle hom na Sesareʹa afgebring en hom na Tarsus weggestuur.+ 31  Toe het die gemeente+ deur die hele Judeʹa en Galileʹa en Samariʹa inderdaad ’n tydperk van vrede ingegaan en is dit opgebou; en terwyl dit in die vrees van Jehovah+ en in die vertroosting van die heilige gees+ gewandel het, het dit bly vermeerder. 32  En terwyl Petrus deur al die streke gegaan het, het hy ook afgekom na die heiliges wat in Lidda+ gewoon het. 33  Daar het hy ’n sekere man met die naam Eneʹas aangetref, wat al agt jaar plat op sy draagbed gelê het, aangesien hy verlam was. 34  En Petrus het vir hom gesê:+ “Eneʹas, Jesus Christus maak jou gesond.+ Staan op en maak jou bed op.” En hy het onmiddellik opgestaan. 35  En almal wat in Lidda en op die vlakte van Saron+ gewoon het, het hom gesien, en hulle het hulle tot die Here gekeer.+ 36  Maar in Joppe+ was daar ’n sekere dissipel met die naam Tabiʹta, wat, wanneer dit vertaal word, Dorkas beteken. Sy was oorvloedig in goeie dade+ en barmhartigheidsgawes wat sy gegee het. 37  Maar in dié dae het sy siek geword en gesterf. Toe het hulle haar gewas en in ’n bovertrek neergelê. 38  En aangesien Lidda naby Joppe+ was, het die dissipels, toe hulle hoor dat Petrus in dié stad is, twee manne na hom toe gestuur om hom te soebat: “Moet asseblief nie aarsel om tot by ons te kom nie.” 39  Daarop het Petrus opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar aankom, het hulle hom boontoe gelei, na die bovertrek; en al die weduwees het by hom kom staan, terwyl hulle gehuil en baie onder- en boklere gewys het+ wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was.+ 40  Maar Petrus het almal buitentoe gestuur+ en op sy knieë gegaan en gebid, en hy het na die liggaam gedraai en gesê: “Tabiʹta, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak, en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.+ 41  Hy het haar sy hand gegee en haar opgehelp,+ en hy het die heiliges en die weduwees geroep en haar lewend voor hulle gestel.+ 42  Dit het deur die hele Joppe bekend geword, en baie het in die Here begin glo.+ 43  Hy het ’n hele paar dae in Joppe gebly+ by ’n sekere Simon, ’n leerlooier.+

Voetnote