Hooglied van Salomo 1:1-17

1  Die voortreflikste lied,+ dié van Salomo:+  “Laat hy my soen met die soene van sy mond,+ want jou liefdesblyke is beter as wyn.+  Jou olies+ is aangenaam van geur. Jou naam is soos ’n olie wat uitgegiet is.+ Daarom het meisies jou liefgehad.  Trek my met jou saam;+ laat ons hardloop. Die koning het my in sy binnekamers gebring!+ Laat ons tog bly wees en ons in jou verbly. Laat ons tog meer van jou liefdesblyke melding maak as van wyn.+ Tereg het hulle jou liefgehad.+  “’n Donker meisie is ek, maar lieflik, o dogters van Jerusalem,+ soos die tente van Kedar,+ en tog soos die tentdoeke+ van Salomo.  MOENIE na my kyk omdat ek donker is nie, want die son het my gewaar. Die seuns van my moeder het vir my kwaad geword; hulle het my as die bewaker van die wingerde aangestel, hoewel ek my wingerd,+ een wat myne was, nie bewaak het nie.  “Sê tog vir my, o my sielsbeminde,+ waar jy skape oppas,+ waar jy die kudde op die middaguur laat lê. Waarom moet ek word soos ’n vrou wat in rougewaad gehul is by die kuddes van jou metgeselle?”  “As jy dit self nie weet nie, o pragtigste onder die vroue,+ gaan dan uit op die spore van die kudde en laat jou boklammers by die woonplekke van die herders wei.”  “Met een van my merries voor die strydwaens van Farao het ek jou vergelyk,+ o my vriendin.+ 10  Lieflik is jou wange tussen die haarvlegsels, jou nek met ’n string krale om.+ 11  Goue ringe sal ons vir jou maak,+ tesame met silwerknoppies.” 12  “Solank die koning aan sy ronde tafel was, het my nardus+ sy geur afgegee.+ 13  Soos ’n sakkie mirre+ is my beminde vir my; tussen my borste+ sal hy die nag deurbring. 14  Soos ’n tros henna+ is my beminde vir my, tussen die wingerde van En-Gedi.”+ 15  “Kyk! Jy is pragtig, o my vriendin.+ Kyk! Jy is pragtig. Jou oë is soos dié van duiwe.”+ 16  “Kyk! Jy is mooi,+ my beminde, ook lieflik. En ons divan+ is van blare. 17  Die balke van ons pragtige huis is seders,+ ons dakbalke jenewerbome.

Voetnote