Hooglied van Salomo 2:1-17

2  “Ek is maar net ’n saffraan+ van die kusvlakte,+ ’n lelie van die laagvlaktes.”+  “Soos ’n lelie tussen doringrige onkruid, so is my vriendin onder die dogters.”+  “Soos ’n appelboom+ onder die bome van die woud, so is my beminde onder die seuns.+ Sy skaduwee het ek hartstogtelik begeer, en daar het ek gaan sit, en sy vrugte was soet vir my verhemelte.  Hy het my in die wynhuis ingebring,+ en sy vaandel+ oor my was liefde.+  VERKWIK my tog met rosynekoeke,+ versterk my met appels; want ek is siek van liefde.+  Sy linkerhand is onder my kop; en sy regterhand—dit omhels my.+  Ek het julle onder eed gestel,+ o dogters van Jerusalem, by die gaselooie+ of by die takbokooie+ van die veld, dat julle nie die liefde in my probeer wakker maak of opwek voordat dit daartoe geneig voel nie.+  “Die geluid van my beminde!+ Kyk! Hy kom,+ hy klim oor die berge, hy spring oor die heuwels.  My beminde is soos ’n gasel+ of ’n jong takbok. Kyk! Hy staan agter ons muur, hy tuur deur die vensters, hy loer deur die tralies.+ 10  My beminde het geantwoord en vir my gesê: ‘Staan op, my vriendin, my skone,+ en kom saam.+ 11  Want kyk! die reënseisoen+ is verby, die stortreën is oor, dit het verbygegaan. 12  Bloeisels het in die land verskyn,+ ja, die tyd het aangebreek om die wingerdstokke te snoei,+ en die stem van die tortelduif+ is in ons land gehoor. 13  Wat die vyeboom+ betref, hy het sy vroeë vye+ ’n ryp kleur laat kry; en die wingerdstokke is in bloei, hulle het hulle geur gegee. Staan op, kom, o my vriendin,+ my skone, en kom saam. 14  O my duif+ in die skuilhoeke van die krans, in die skuilplek van die steil pad, wys my jou gestalte,+ laat my jou stem hoor, want jou stem is aangenaam en jou gestalte is lieflik.’”+ 15  “GRYP tog vir ons die jakkalse,+ die klein jakkalse wat die wingerde verniel, aangesien ons wingerde in bloei staan.”+ 16  “My beminde is myne en ek is syne.+ Hy pas skape op+ tussen die lelies.+ 17  Draai om, o my beminde, totdat die wind saggies waai en die skaduwees gevlug het; wees soos die gasel+ of soos die jong takbok op die berge van skeiding.

Voetnote