Hooglied van Salomo 4:1-16
4 “Kyk! Jy is pragtig,+ o my vriendin. Kyk! Jy is pragtig. Jou oë is soos dié van duiwe,+ agter jou sluier.+ Jou hare is soos ’n trop bokke+ wat afgehuppel het uit die bergstreek van Giʹlead.+
2 Jou tande is soos ’n trop pas geskeerde ooie+ wat van die wasplek af opgekom het, wat almal tweelinge voortbring, terwyl nie een van hulle hulle lammers verloor het nie.
3 Jou lippe is soos ’n skarlaken draad, en jou spraak is aangenaam.+ Jou slape is soos ’n granaatskyf agter jou sluier.+
4 Jou nek+ is soos die toring+ van Dawid, gebou in kliplae, waaraan duisend skilde hang, al die ronde skilde+ van die sterk manne.
5 Jou twee borste+ is soos twee lammers, die tweeling van ’n gaselooi, wat tussen die lelies wei.”+
6 “Totdat die wind saggies waai+ en die skaduwees gevlug het, sal ek na die mirreberg en na die wierookheuwel gaan.”+
7 “Jy is in alle opsigte pragtig,+ o my vriendin, en jy is sonder gebrek.+
8 Kom saam met my van die Liʹbanon af, o bruid,+ kom saam met my van die Liʹbanon+ af. Daal af van die top van die Anti-Liʹbanon, van die top van Senir,+ ja, Hermon,+ van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.
9 Jy het my hart laat klop, o my suster,+ my bruid,+ jy het my hart laat klop deur een van jou oë,+ deur een hangertjie van jou halssieraad.
10 Hoe pragtig is jou liefdesblyke,+ o my suster, my bruid! Hoeveel beter is jou liefdesblyke as wyn en die geur van jou olies as allerhande parfuums!+
11 Jou lippe bly drup van heuningstroop,+ o my bruid. Heuning+ en melk is onder jou tong, en die geur van jou klere is soos die geur+ van die Liʹbanon.
12 ’n Geslote tuin is my suster,+ my bruid, ’n geslote tuin, ’n verseëlde fontein.
13 Jou vel is ’n paradys van granate, met die keurigste vrugte,+ hennaplante saam met nardusplante;+
14 nardus+ en saffraan,+ geurige riet+ en kaneel,+ saam met allerhande wierookbome, mirre en aalwyne,+ saam met al die beste parfuums;+
15 en ’n fontein van die tuine, ’n put met vars water,+ en stroompies van die Liʹbanon+ af.
16 Word wakker, o noordewind, en kom in, o suidewind.+ Waai oor my tuin.+ Laat sy geure uitvloei.”
“Laat my beminde in sy tuin kom en die keurigste vrugte daarvan eet.”