Hooglied van Salomo 6:1-13

6  “Waarheen het jou beminde gegaan, o pragtigste onder die vroue?+ Waarheen het jou beminde hom gewend, sodat ons hom saam met jou kan soek?”  “My beminde het afgegaan na sy tuin,+ na die speserybeddings,+ om in die tuine skape op te pas+ en om lelies te pluk.  Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne.+ Hy pas skape op+ tussen die lelies.”  “Jy is pragtig, o my vriendin,+ soos die Lieflike Stad,+ mooi soos Jerusalem,+ ontsagwekkend soos troepe+ wat om vaandels+ geskaar is.  Draai jou oë+ van my af weg, want hulle het my verontrus. Jou hare is soos ’n trop bokke wat afgehuppel het uit Giʹlead.+  Jou tande is soos ’n trop ooie wat van die wasplek af opgekom het, wat almal tweelinge voortbring, terwyl nie een van hulle haar lammers verloor het nie.+  Jou slape is soos ’n granaatskyf agter jou sluier.+  Daar mag sestig koninginne en tagtig byvrouens en meisies sonder tal wees.+  Een is daar wat my duif+ is, my onberispelike.+ Een is daar wat aan haar moeder behoort. Sy is die reine van die een wat aan haar geboorte gegee het. Die dogters het haar gesien, en hulle het haar gelukkig genoem; koninginne en byvrouens, en hulle het haar geprys:+ 10  ‘Wie is hierdie vrou+ wat afkyk soos die dagbreek,+ pragtig soos die volmaan,+ rein soos die gloeiende son,+ ontsagwekkend soos troepe wat om vaandels+ geskaar is?’” 11  “Ek het afgegaan na die neuteboord,+ om die botsels in die stroomvallei+ te sien, om te sien of die wingerdstok uitgespruit het, of die granaatbome gebloei het.+ 12  Voordat ek dit geweet het, het my siel my by die strydwaens van my gewillige volk geplaas.” 13  “Kom terug, kom terug, o Sulammitiese meisie! Kom terug, kom terug, sodat ons jou kan sien!”+ “Wat sien julle in die Sulammitiese meisie?”+ “Iets soos die dans van twee kampe!”

Voetnote