Hooglied van Salomo 7:1-13

7  “Hoe pragtig het jou voetstappe in jou sandale geword,+ o gewillige+ dogter! Die rondings van jou heupe is soos sierade,+ die werk van ’n vakman se hande.  Jou naeltjie is ’n ronde bak. Laat die gemengde wyn+ nie daarin ontbreek nie. Jou maag is ’n hoop koring, omring met lelies.+  Jou twee borste is soos twee lammers, die tweeling van ’n gaselooi.+  Jou nek+ is soos ’n ivoortoring. Jou oë+ is soos die poele in Hesbon,+ by die poort van Bat-Ribbim. Jou neus is soos die toring van die Liʹbanon, wat op Damaskus uitkyk.  Jou kop op jou is soos die Karmel,+ en die lokke+ van jou kop is soos purperrooigekleurde wol.+ Die koning word gevange gehou deur die golwings.+  Hoe pragtig is jy, en hoe lieflik is jy, o geliefde meisie, onder die verlustiginge!+  Jou gestalte is soos ’n palmboom,+ en jou borste+ soos dadeltrosse.  Ek het gesê: ‘Ek sal teen die palmboom opklim, sodat ek sy dadelstingels kan gryp.’+ En laat jou borste tog soos trosse van die wingerdstok word, en die geur van jou neus soos appels,  en jou verhemelte soos die beste wyn+ wat vir my beminde glad na binne gly,+ wat saggies vloei oor die lippe van dié wat slaap.” 10  “Ek is my beminde s’n,+ en na my hunker hy.+ 11  Kom tog, o my beminde, laat ons uitgaan na die veld;+ laat ons tog tussen die hennaplante+ oornag. 12  Laat ons tog vroeg opstaan en na die wingerde gaan, sodat ons kan sien of die wingerdstok uitgespruit het,+ die bloeisel oopgegaan het,+ die granaatbome gebloei het.+ Daar sal ek jou my liefdesblyke gee.+ 13  Die liefdesappels+ het hulle geur gegee, en by ons ingange is daar allerhande keurige vrugte.+ Die nuwes sowel as die oues, o my beminde, het ek vir jou weggebêre.

Voetnote