Hooglied van Salomo 8:1-14

8  “Ag, was jy maar soos my broer,+ wat aan die borste van my moeder+ drink! As ek jou buite kry, sou ek jou soen.+ Mense sou my nie eens verag nie.  Ek sou jou lei, ek sou jou in die huis van my moeder inbring,+ wat my geleer het. Ek sou jou gekruide wyn+ gee om te drink, vars granaatsap.  Sy linkerhand sou onder my kop wees; en sy regterhand—dit sou my omhels.+  “Ek het julle onder eed gestel, o dogters van Jerusalem, dat julle nie die liefde in my probeer wakker maak of opwek voordat dit daartoe geneig voel nie.”+  “Wie is die vrou+ wat daar uit die wildernis opkom,+ wat op haar beminde+ leun?” “Onder die appelboom het ek jou opgewek. Daar het jou moeder in geboortepyne verkeer met jou. Daar het sy wat aan jou geboorte gegee het, geboortepyne ervaar.+  “Plaas my as ’n seël op jou hart,+ as ’n seël op jou arm; want die liefde is so sterk soos die dood,+ die aandrang op uitsluitlike toegewydheid+ is so onversetlik soos Sjeool. Die gloed daarvan is die gloed van ’n vuur, die vlam van Jah.+  Baie waters kan die liefde nie blus nie,+ en ook kan riviere dit nie wegspoel nie.+ As ’n man al die waardevolle dinge van sy huis vir die liefde gee, sou mense dit gewis verag.”  “Ons het ’n sustertjie+ wat geen borste het nie. Wat sal ons vir ons suster doen op die dag dat sy gevra sal word?”  “As sy ’n muur is,+ sal ons ’n silwerkanteel op haar bou; maar as sy ’n deur is,+ sal ons haar met ’n sederplank toemaak.” 10  “Ek is ’n muur, en my borste is soos torings.+ In dié geval het ek in sy oë geword soos iemand wat vrede vind. 11  “Salomo het ’n wingerd+ in Baäl-Hamon gehad. Hy het die wingerd aan die bewakers oorgegee.+ Elkeen het vir die vrugte daarvan duisend silwerstukke ingebring. 12  “My wingerd, wat aan my behoort, is tot my beskikking. Die duisend behoort aan u, o Salomo, en tweehonderd aan dié wat die vrugte daarvan bewaak.” 13  “O jy wat in die tuine woon,+ die vriende skenk aandag aan jou stem. Laat my dit hoor.”+ 14  “Hardloop weg, my beminde, en maak jou soos ’n gasel of soos ’n jong takbok op die speseryberge.”+

Voetnote