Hosea 1:1-11

1  Die woord van Jehovah+ wat tot Hoseʹa,+ die seun van Beëri, gekom het in die dae+ van Ussiʹa,+ Jotam,+ Agas+ en Hiskiʹa,+ konings van Juda, en in die dae van Jeroʹbeam,+ die seun van Joas,+ die koning van Israel.  Die woord van Jehovah deur Hoseʹa het begin, en Jehovah het vir Hoseʹa gesê: “Gaan,+ neem vir jou ’n vrou van hoerery en kinders van hoerery, want deur hoerery keer die land hom gewis daarvan af om Jehovah te volg.”+  En hy het gegaan en Gomer, die dogter van Diblaʹim, geneem, sodat sy swanger geword en na verloop van tyd vir hom ’n seun gebaar het.+  En Jehovah het vir hom gesê: “Noem hom Jisʹreël,+ want nog ’n klein rukkie en ek sal van die huis van Jehu+ rekenskap eis vir die dade van bloedvergieting van Jisʹreël, en ek sal ’n einde maak aan die koninklike heerskappy van die huis van Israel.+  En in dié dag sal ek die boog van Israel in die laagvlakte van Jisʹreël verbreek.”+  En sy het weer swanger geword en aan ’n dogter geboorte gegee. En Hy het vir hom gesê: “Noem haar Lo-Ruhaʹma,+ want ek sal verder nie meer aan die huis van Israel barmhartigheid bewys nie,+ omdat ek hulle gewis sal wegneem.+  Maar aan die huis van Juda sal ek barmhartigheid bewys,+ en ek sal hulle deur Jehovah hulle God red;+ maar ek sal hulle nie deur ’n boog of deur ’n swaard of deur oorlog, deur perde of deur ruiters, red nie.”+  En sy het Lo-Ruhaʹma eindelik gespeen, en sy het swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee.  Toe het Hy gesê: “Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en ek sal nie julle s’n wees nie. 10  “En die getal van die kinders van Israel sal soos die sandkorrels van die see word, wat nie gemeet of getel kan word nie.+ En op die plek waar daar voorheen vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie’,+ sal daar vir hulle gesê word: ‘Die kinders van die lewende God.’+ 11  En die kinders van Juda en die kinders van Israel sal beslis tot ’n eenheid bymekaargebring word+ en sal vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek,+ want groot sal die dag van Jisʹreël wees.+

Voetnote