Hosea 10:1-15

10  “Israel is ’n verslegtende wingerdstok.+ Vrugte bly hy vir hom voortbring.+ Na gelang van die oorvloed van sy vrugte het hy sy altare vermenigvuldig.+ Na gelang van die goedheid van sy land het hulle goeie pilare opgerig.+  Hulle hart het huigelagtig geword;+ nou sal hulle skuldig bevind word. “Daar is iemand wat hulle altare sal breek; hy sal hulle pilare plunder.+  Want nou sal hulle sê: ‘Ons het geen koning nie,+ want ons het Jehovah nie gevrees nie. En wat die koning betref, wat sal hy vir ons doen?’  “Hulle spreek woorde, deurdat hulle valse ede aflê,+ ’n verbond sluit;+ en die oordeel het uitgespruit soos ’n gifplant in die vore van die oop veld.+  Weens die afgodskalf van Bet-Awen+ sal die inwoners van Samariʹa bang word; want oor hom sal sy volk beslis treur, sowel as sy priesters van vreemde gode wat voorheen oor hom bly was, weens sy heerlikheid, omdat hy in ballingskap daarvan weggevoer sal word.+  Ook sal iemand hom na Assiʹrië bring as ’n geskenk aan ’n groot koning.+ Eʹfraim sal skande ervaar,+ en Israel sal beskaamd staan oor sy raad.+  Samariʹa en sy koning sal beslis tot swye gebring word,+ soos ’n afgebreekte takkie op die oppervlak van waters.  En die hoogtes van Bet-Awen,+ die sonde van Israel,+ sal verdelg word. Dorings en dissels+ sal op hulle altare opkom.+ En mense sal dan vir die berge sê: ‘Bedek ons!’ en vir die heuwels: ‘Val op ons!’+  “Sedert die dae van Giʹbea+ het jy gesondig,+ o Israel. Daar het hulle stilgestaan. In Giʹbea het die oorlog teen die kinders van onregverdigheid hulle nie ingehaal nie.+ 10  Wanneer dit my begeerte is, sal ek hulle ook dissiplineer.+ En teen hulle sal volke beslis versamel word wanneer hulle aan hulle twee oortredings gebind word.+ 11  “En Eʹfraim was ’n geleerde vers wat daarvan gehou het om te dors;+ en wat my betref, ek het oor haar mooi nek gegaan. Ek laat iemand Eʹfraim ry.+ Juda ploeg;+ Jakob eg+ vir hom. 12  Saai vir julle saad in regverdigheid;+ maai in ooreenstemming met liefderyke goedhartigheid.+ Bewerk vir julle bewerkbare grond,+ wanneer daar tyd is om Jehovah te soek totdat hy kom+ en julle onderrig gee in regverdigheid.+ 13  “Julle het goddeloosheid geploeg.+ Onregverdigheid het julle gemaai.+ Julle het die vrug van bedrog geëet,+ want jy het op jou weg vertrou,+ op die menigte van jou sterkes.+ 14  En ’n rumoer het onder jou volk ontstaan,+ en al jou versterkte stede sal geplunder word,+ soos die huis van Arbel deur Salman geplunder is, op die dag van oorlog toe ’n moeder langs haar kinders verpletter is.+ 15  So sal iemand beslis aan julle doen, o Bet-El, weens julle buitengewone slegtheid.+ In die oggendskemering sal die koning van Israel gewis tot swye gebring moet word.”+

Voetnote