Hosea 11:1-12

11  “Toe Israel ’n seun was, het ek hom liefgehad,+ en uit Egipte het ek my seun geroep.+  “Hulle het hulle geroep.+ In dieselfde mate het hulle van hulle af weggegaan.+ Aan die Baäl-beelde het hulle offerandes gebring,+ en vir die gesnede beelde het hulle offerrook laat opgaan.+  Maar wat my betref, ek het Eʹfraim leer loop,+ hulle op my arms geneem;+ en hulle het nie erken dat ek hulle genees het nie.+  Met die toue van die mens het ek hulle bly trek, met die koorde van liefde,+ sodat ek vir hulle geword het soos dié wat ’n juk van hulle kakebene aflig,+ en met sagtheid het ek vir elkeen voedsel gebring.+  Hy sal nie na Egipteland terugkeer nie, maar Assiʹrië sal sy koning wees,+ omdat hulle geweier het om terug te keer.+  En ’n swaard sal beslis in sy stede rondgaan+ en ’n einde aan sy grendels maak en verslind+ weens hulle planne.+  En my volk neig tot ontrouheid teenoor my.+ En na bo roep hulle dit; hoegenaamd niemand rig hom op nie.  “Hoe kan ek jou oorgee, o Eʹfraim?+ Hoe kan ek jou oorlewer, o Israel?+ Hoe kan ek jou soos Adma+ maak? Hoe kan ek jou met Seboʹjim+ gelykstel? My hart het in my verander;+ terselfdertyd het my medelye opgevlam.  Ek sal aan my brandende toorn nie uiting gee nie.+ Ek sal Eʹfraim nie weer verdelg nie,+ want ek is God+ en nie ’n mens nie, die Heilige in jou midde;+ en ek sal nie in grimmigheid kom nie. 10  Agter Jehovah aan sal hulle gaan.+ Soos ’n leeu sal hy brul;+ want hy sal brul,+ en kinders sal bewend uit die weste kom.+ 11  Soos ’n voël sal hulle bewend uit Egipte kom,+ en soos ’n duif uit die land Assiʹrië;+ en ek sal hulle beslis in hulle huise laat woon”, is die woord van Jehovah.+ 12  “Met leuens het Eʹfraim my omring,+ en met bedrog die huis van Israel. Maar Juda swerf nog rond met God,+ en hy is trou teenoor die Allerheiligste.”

Voetnote