Hosea 12:1-14

12  “Eʹfraim voed hom met wind+ en sit die hele dag die oostewind agterna.+ Leuens en plundering vermeerder hy.+ En hulle sluit ’n verbond met Assiʹrië,+ en olie word na Egipte gebring.  “En Jehovah het ’n regsaak met Juda,+ ja, om van Jakob rekenskap te eis ooreenkomstig sy weë;+ ooreenkomstig sy handelinge sal hy hom vergeld.+  In die moederskoot het hy sy broer aan die hakskeen gegryp,+ en met sy dinamiese energie het hy met God geworstel.+  En hy het met ’n engel bly worstel en geleidelik die oorhand gekry.+ Hy het gehuil, sodat hy om guns kon smeek.”+ By Bet-El het Hy hom gevind,+ en daar het Hy met ons begin praat.+  En Jehovah, die God van die leërs,+ Jehovah is sy gedagtenis.+  “En wat jou betref, tot jou God moet jy terugkeer,+ deurdat jy liefderyke goedhartigheid+ en geregtigheid+ bewaar; en hoop voortdurend op jou God.+  Wat die handelaar betref, in sy hand is die weegskaal van bedrog;+ hy was lief daarvoor om te kul.+  En Eʹfraim bly sê: ‘Ek het inderdaad ryk geword;+ ek het vir my waardevolle dinge gevind.+ Wat al my geswoeg betref, hulle sal by my geen oortreding vind wat sonde is nie.’+  “Maar ek is Jehovah jou God van Egipteland af.+ Ek sal jou weer in die tente laat woon soos in die dae van ’n vasgestelde tyd. 10  En ek het met die profete gepraat,+ en visioene het ek vermenigvuldig, en deur die hand van die profete het ek gelykenisse bly gee.+ 11  “By Giʹlead het iets bonatuurliks,+ ook onwaarheid,+ plaasgevind. In Gilgal het hulle selfs bulle geoffer.+ Ook is hulle altare soos kliphope in die vore van die oop veld.+ 12  En Jakob het na die gebied van Sirië gevlug,+ en Israel+ het bly dien vir ’n vrou,+ en vir ’n vrou het hy skape opgepas.+ 13  En deur ’n profeet het Jehovah Israel uit Egipte laat optrek,+ en deur ’n profeet is hy opgepas.+ 14  Eʹfraim het tot bitterheid toe aanstoot gegee,+ en sy dade van bloedvergieting laat hy op homself rus,+ en sy smaad sal sy Grootse Heer hom vergeld.”+

Voetnote