Hosea 13:1-16

13  “Wanneer Eʹfraim gepraat het, was daar bewing; hy het gesag gehad in Israel.+ Maar hy het skuldig geword met betrekking tot Baäl+ en gesterf.+  En nou begaan hulle nog meer sonde en maak hulle vir hulle ’n gegote beeld van hulle silwer,+ afgode volgens hulle begrip,+ geheel en al die werk van vakmanne.+ Vir hulle sê hulle: ‘Laat die mense wat offer, blote kalwers soen.’+  Daarom sal hulle soos die oggendwolke+ word en soos die dou wat vroeg verdwyn; soos kaf wat deur ’n storm van die dorsvloer af weggewaai word+ en soos rook uit die dakopening.  “Maar ek is Jehovah jou God van Egipteland af,+ en jy het geen God behalwe my geken nie; en daar was geen redder buiten my nie.+  Ek het jou in die wildernis geken,+ in die land van koorsaanvalle.+  Ooreenkomstig hulle weiding het hulle ook versadig geword.+ Hulle het versadig geword, en hulle hart het hom begin verhef.+ Daarom het hulle my vergeet.+  En ek sal vir hulle soos ’n jong leeu word.+ Soos ’n luiperd langs die pad sal ek bly kyk.+  Ek sal hulle aanval soos ’n beer wat haar kleintjies verloor het,+ en ek sal die omhulsel van hulle hart oopskeur. En ek sal hulle daar verslind soos ’n leeu;+ ’n wilde dier van die veld sal hulle verskeur.+  Dit sal jou beslis verwoes,+ o Israel, omdat dit teen my was, teen jou helper.+ 10  “Waar is jou koning dan, sodat hy jou in al jou stede kan red,+ en jou rigters van wie jy gesê het: ‘Gee my tog ’n koning en vorste’?+ 11  Ek het jou ’n koning in my toorn gegee,+ en ek sal hom in my grimmigheid wegneem.+ 12  “Die oortreding van Eʹfraim is toegebind, sy sonde is weggebêre.+ 13  Die geboortepyne van ’n vrou wat geboorte gee, sal oor hom kom.+ Hy is ’n onwyse kind,+ want hy sal nie op die regte tyd stilstaan wanneer kinders uit die moederskoot uitgaan nie.+ 14  “Uit die hand van Sjeool sal ek hulle loskoop;+ uit die dood sal ek hulle verlos.+ Waar is jou angels, o Dood?+ Waar is jou vernietigende krag, o Sjeool?+ Medelye sal vir my oë verborge wees.+ 15  “As hy as die seun van rietplante toon dat hy vrugbaar is,+ sal ’n oostewind, die wind van Jehovah, kom.+ Uit ’n wildernis kom dit op, en dit sal sy put laat opdroog en sy fontein laat droogloop.+ Dit sal die skat van alle begeerlike voorwerpe plunder.+ 16  “Samariʹa sal skuldig geag word,+ want hy is opstandig teen sy God.+ Deur die swaard sal hulle val.+ Hulle kinders sal verpletter word,+ en hulle swanger vroue sal oopgesny word.”+

Voetnote