Hosea 14:1-9

14  “Keer tog terug, o Israel, tot Jehovah jou God,+ want jy het in jou oortreding gestruikel.+  Neem woorde met julle saam en keer terug tot Jehovah.+ Sê vir hom, julle almal: ‘Mag u oortreding vergewe;+ en neem aan wat goed is, en dan sal ons die jong bulle van ons lippe aanbied.+  Assiʹrië sal ons nie red nie.+ Op perde sal ons nie ry nie.+ En ons sal nie meer vir die werk van ons hande sê: “O ons God!” nie, want deur u word ’n vaderlose seun barmhartigheid bewys.’+  “Ek sal hulle ontrouheid genees.+ Ek sal hulle uit vrye wil liefhê,+ omdat my toorn van hom gewyk het.+  Ek sal vir Israel soos die dou word.+ Hy sal bloei soos die lelie en sal sy wortels uitstoot soos die Liʹbanon.  Sy takkies sal uitloop, en sy waardigheid sal soos dié van die olyfboom word,+ en sy geur sal soos dié van die Liʹbanon wees.  Hulle sal weer in sy skaduwee woon.+ Hulle sal graan verbou en sal bot soos die wingerdstok.+ Sy gedagtenis sal soos die wyn van die Liʹbanon wees.  “Eʹfraim sal sê: ‘Wat het ek nog met die afgode te doen?’+ “Ek sal beslis antwoord en ek sal na hom bly kyk.+ Ek is soos ’n blaarryke jenewerboom.+ Van my sal vrugte vir jou gevind word.”  Wie is wys, sodat hy hierdie dinge kan verstaan?+ Verstandig, sodat hy dit kan weet?+ Want die weë van Jehovah is reg,+ en die regverdiges sal daarin wandel;+ maar die oortreders sal daarin struikel.+

Voetnote