Hosea 2:1-23

2  “SÊ vir julle broers: ‘My volk!’+ en vir julle susters: ‘O vrou aan wie barmhartigheid bewys is!’+  Voer ’n regsaak met julle moeder;+ voer ’n regsaak, want sy is nie my vrou nie+ en ek is nie haar man nie.+ En sy moet haar hoerery voor haar verwyder en haar dade van egbreuk tussen haar borste uit,+  sodat ek haar nie kaal uittrek+ en haar neersit soos op die dag toe sy gebore is+ en haar soos ’n wildernis stel+ en haar soos ’n waterlose land maak+ en haar van dors laat sterf nie.+  En aan haar kinders sal ek nie barmhartigheid bewys nie,+ want hulle is die kinders van hoerery.+  Want hulle moeder het hoerery gepleeg.+ Sy wat met hulle swanger was, het skandelik opgetree,+ want sy het gesê: ‘Ek wil agter dié aan loop wat my hartstogtelik liefhet,+ dié wat my brood en my water, my wol en my linne, my olie en my drank gee.’+  “Daarom, kyk, ek versper jou weg rondom met dorings; en ek sal ’n klipmuur teen haar opstapel,+ sodat sy haar eie paaie nie sal vind nie.+  En sy sal haar hartstogtelike minnaars agternasit, maar hulle nie inhaal nie;+ en sy sal hulle beslis soek, maar hulle nie vind nie. En sy sal moet sê: ‘Ek wil gaan en na my man terugkeer,+ die eerste een,+ want ek het dit toe beter gehad as nou.’+  Maar sy het nie erken+ dat ek aan haar die graan+ en die soet wyn en die olie gegee het nie, en dat ek silwer vir haar oorvloedig laat wees het nie, en goud, wat hulle vir Baäl gebruik het.+  “‘Daarom sal ek omdraai en beslis my graan wegneem op sy tyd en my soet wyn op sy tyd,+ en ek sal my wol en my linne wegruk wat haar naaktheid bedek.+ 10  Ek sal dan nou haar geslagsdele voor die oë van haar hartstogtelike minnaars ontbloot,+ en daar sal geen man wees wat haar uit my hand ruk nie.+ 11  En ek sal beslis al haar vreugde,+ haar feeste,+ haar nuwemane+ en haar sabbatte en al haar feestye laat ophou. 12  En ek sal haar wingerdstok+ en haar vyeboom verwoes,+ waarvan sy gesê het: “Dit is ’n geskenk aan my, wat my hartstogtelike minnaars my gegee het”; en ek sal dit ’n woud maak,+ en die wilde diere van die veld sal dit beslis verslind. 13  En ek sal van haar rekenskap eis+ vir die dae van die Baäl-beelde+ waarvoor sy voortdurend offerrook laat opgaan het,+ toe sy haar met haar ring en haar sieraad versier het+ en agter haar hartstogtelike minnaars aan geloop het,+ en my het sy vergeet’,+ is die woord van Jehovah. 14  “‘Daarom, kyk, ek oorreed haar, en ek sal haar die wildernis laat ingaan,+ en ek sal tot haar hart spreek.+ 15  En van dan af sal ek haar haar wingerde gee,+ en die Agorlaagvlakte+ as ’n deur tot hoop; en daar sal sy beslis antwoord soos in die dae van haar jeug+ en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.+ 16  En in dié dag’, is die woord van Jehovah, ‘sal jy my My man noem, en jy sal my nie meer My eienaar noem nie.’+ 17  “‘En ek sal die name van die Baäl-beelde uit haar mond verwyder,+ en hulle sal nie meer by hulle naam onthou word nie.+ 18  En ek sal beslis in dié dag vir hulle ’n verbond sluit met betrekking tot die wilde diere van die veld+ en die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde, en die boog en die swaard en oorlog sal ek uit die land verbreek,+ en ek sal hulle in veiligheid laat lê.+ 19  En ek sal my aan jou verloof tot onbepaalde tyd,+ en ek sal my aan jou verloof in regverdigheid en in geregtigheid en in liefderyke goedhartigheid en in barmhartighede.+ 20  En ek sal my aan jou verloof in getrouheid; en jy sal Jehovah beslis ken.’+ 21  “‘En in dié dag sal ek antwoord’, is die woord van Jehovah, ‘ek sal die hemel antwoord, en dié sal die aarde antwoord;+ 22  en die aarde sal die graan+ en die soet wyn en die olie antwoord; en dié sal Jisʹreël [‘God sal saad saai’] antwoord.+ 23  En ek sal haar beslis vir my soos saad op die aarde saai,+ en ek sal barmhartigheid bewys aan haar aan wie geen barmhartigheid bewys is nie,+ en ek sal vir dié wat nie my volk is nie, sê: “Julle is my volk”;+ en hulle sal sê: “U is my God.”’”+

Voetnote