Hosea 4:1-19

4  Hoor die woord van Jehovah, o kinders van Israel, want Jehovah het ’n regsaak met die inwoners van die land,+ want daar is geen waarheid+ of liefderyke goedhartigheid of kennis van God in die land nie.+  Vervloekinge+ en bedrog+ en moord+ en diefstal+ en egbreuk+ het toegeneem, en dade van bloedvergieting het aan ander dade van bloedvergieting geraak.+  Daarom sal die land treur,+ en elke inwoner daarvan sal moet wegkwyn met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel, en selfs die visse van die see sal in die dood versamel word.+  “Laat geen man egter twis nie,+ en laat geen man teregwys nie, want jou volk is soos dié wat met ’n priester twis.+  En jy sal beslis bedags struikel,+ en selfs ’n profeet sal saam met jou struikel, soos in die nag.+ En ek sal jou moeder tot swye bring.+  My volk sal beslis tot swye gebring word, omdat daar geen kennis is nie.+ Omdat jy die kennis verwerp het,+ sal ek jou ook verwerp sodat jy my nie as priester sal dien nie;+ en omdat jy die wet van jou God bly vergeet,+ sal ek, ja ek, jou kinders vergeet.+  Hoe meer hulle geword het, hoe meer het hulle teen my gesondig.+ My heerlikheid het hulle vir blote oneer verruil.+  Die sonde van my volk word voortdurend deur hulle verslind, en hulle siel bly hulle oortreding begeer.+  “En dit sal vir die volk moet word soos vir die priester;+ en ek sal beslis van hulle rekenskap eis oor hulle weë;+ en hulle handelinge sal ek oor hulle terugbring.+ 10  En hulle sal eet, maar nie versadig raak nie.+ Hulle sal vroue soos hoere behandel; maar hulle sal nie toeneem nie,+ omdat hulle opgehou het om op Jehovah ag te slaan.+ 11  Hoerery en wyn en soet wyn neem die goeie beweegrede weg.+ 12  My volk bly hulle houtafgod+ raadpleeg,+ en hulle staf hou aan om hulle in te lig; want die gees van hoerery het hulle laat afdwaal,+ en deur hoerery gaan hulle onder hulle God uit.+ 13  Op die bergtoppe bring hulle offerandes,+ en op die heuwels laat hulle offerrook opgaan,+ onder yslike bome en storaksbome en groot bome, omdat die skaduwee daarvan goed is.+ Daarom pleeg julle dogters hoerery en pleeg julle skoondogters egbreuk. 14  “Ek sal nie van julle dogters rekenskap eis omdat hulle hoerery pleeg en van julle skoondogters omdat hulle egbreuk pleeg nie. Want wat die manne betref, met die hoere sonder hulle hulle af,+ en met die vroulike tempelprostitute+ bring hulle offerandes; en ’n volk wat nie verstaan nie,+ sal vertrap word. 15  Hoewel jy hoerery pleeg, o Israel,+ moet Juda nie skuldig word nie,+ en julle moenie na Gilgal+ kom nie, en moet ook nie na Bet-Awen+ opgaan of sweer ‘So waar as Jehovah lewe!’ nie.+ 16  Want soos ’n hardkoppige koei het Israel hardkoppig geword.+ Sal Jehovah hulle nou soos ’n jong ram in ’n ruim plek laat wei? 17  Eʹfraim is met afgode verbind.+ Laat hom aan homself oor!+ 18  Omdat hulle koringbier op was,+ het hulle ’n vrou gewis soos ’n hoer behandel.+ Haar beskermers+ het gewis oneer liefgehad.+ 19  ’n Wind het haar in sy vleuels gewikkel.+ En hulle sal hulle oor hulle offerandes skaam.”+

Voetnote