Hosea 5:1-15

5  “Hoor dit, o priesters,+ en skenk aandag, o huis van Israel, en luister, o huis van die koning,+ want die oordeel het met julle te doen; want ’n strik+ het julle vir Mispa geword en soos ’n net wat oor Tabor+ uitgesprei is.  En die afvalliges was diep betrokke by slagtingswerk,+ en ek was vir hulle almal ’n vermaning.+  Ek het Eʹfraim+ persoonlik geken, en Israel was nie vir my verborge nie.+ Want nou, o Eʹfraim, het jy vroue soos hoere behandel;+ Israel het homself verontreinig.+  Hulle handelinge laat nie toe dat hulle tot hulle God terugkeer nie,+ omdat daar ’n gees van hoerery+ onder hulle is; en hulle het Jehovah nie erken nie.+  En die trots van Israel het in sy gesig getuig;+ en Israel en Eʹfraim struikel in hulle oortreding.+ Ook Juda het saam met hulle gestruikel.+  Met hulle kleinvee en met hulle beeste het hulle Jehovah gaan soek, maar hulle kon hom nie vind nie.+ Hy het hom van hulle teruggetrek.  Hulle het verraderlik met Jehovah gehandel,+ want hulle het die vader van vreemde kinders geword.+ Nou sal ’n maand hulle met hulle eiendom verslind.+  “BLAAS ’n horing+ in Giʹbea,+ ’n trompet in Rama! HEF ’n oorlogskreet aan in Bet-Awen+—agter jou, o Benjamin!+  O Eʹfraim, jy sal ’n blote voorwerp van verbasing word op die dag van bestrawwing.+ Onder die stamme van Israel het ek betroubare woorde bekend gemaak.+ 10  Die vorste van Juda het geword net soos dié wat ’n grens verskuif.+ Oor hulle sal ek my grimmigheid uitstort soos water. 11  Eʹfraim word onderdruk, in geregtigheid verbrysel,+ want hy het self besluit om agter sy teenstander aan te loop.+ 12  En ek was vir Eʹfraim soos die mot+ en vir die huis van Juda soos verrotting. 13  “En Eʹfraim het sy siekte gesien en Juda sy sweer.+ En Eʹfraim het na Assiʹrië+ gegaan en na ’n groot koning gestuur.+ Maar hy kon julle nie genees nie,+ en hy kon met geen geneesmiddel ’n sweer van julle wegneem nie.+ 14  Want ek sal vir Eʹfraim soos ’n jong leeu wees+ en vir die huis van Juda soos ’n jong maanhaarleeu. Ek, ek sal verskeur en ek sal heengaan en wegdra, en daar sal geen verlosser wees nie.+ 15  Ek sal heengaan, ek sal na my plek terugkeer totdat hulle hulle skuld dra;+ en hulle sal beslis my aangesig soek.+ Wanneer hulle in groot nood verkeer,+ sal hulle my soek.”+

Voetnote