Hosea 6:1-11

6  “KOM, en laat ons terugkeer tot Jehovah,+ want hy het verskeur,+ maar hy sal ons genees.+ Hy het bly slaan, maar hy sal ons verbind.+  Hy sal ons ná twee dae lewend maak.+ Op die derde dag sal hy ons laat opstaan, en ons sal voor hom lewe.+  En ons sal ken, ons sal daarna streef om Jehovah te ken.+ Soos die dagbreek+ is sy uitgang stewig gevestig.+ En hy sal soos ’n stortreën na ons toe kom;+ soos ’n lentereën wat die aarde deurweek.”+  “Wat sal ek met jou doen, o Eʹfraim? Wat sal ek met jou doen, o Juda,+ wanneer julle liefderyke goedhartigheid soos die oggendwolke is en soos die dou wat vroeg verdwyn?  Daarom sal ek hulle deur die profete moet neerkap;+ ek sal hulle deur die woorde van my mond moet doodmaak.+ En die oordele oor jou sal wees soos die lig wat te voorskyn kom.+  Want in liefderyke goedhartigheid het ek behae geskep,+ en nie in offerande nie;+ en in die kennis van God eerder as in heelbrandoffers.+  Maar hulle het, soos die mens, die verbond oortree.+ Daar het hulle verraderlik met my gehandel.+  Giʹlead+ is ’n stad vol mense wat skadelike dinge beoefen; hulle voetspore is bloed.+  En soos mense ’n man voorlê,+ so is die groep priesters rowerbendes.+ Langs die pad pleeg hulle moord by Sigem,+ omdat hulle niks anders as losbandige gedrag beoefen het nie.+ 10  In die huis van Israel het ek iets afskuweliks gesien.+ Hoerery deur Eʹfraim is daar.+ Israel het homself verontreinig.+ 11  Verder, o Juda, is ’n oes vir jou bepaal, wanneer ek die gevangenes van my volk laat terugkeer.”+

Voetnote