Hosea 7:1-16

7  “In die tyd dat ek vir Israel genesing bring,+ word die oortreding van Eʹfraim ook blootgelê+ en die slegte dinge van Samariʹa;+ want hulle het bedrog beoefen,+ en ’n dief kom in; buite val ’n rowerbende aan.+  En hulle sê nie vir hulle hart+ dat ek aan al hulle slegtheid sal dink nie.+ Nou het hulle handelinge hulle omring.+ Dit is voor my aangesig.+  Hulle maak die koning bly deur hulle slegtheid en vorste deur hulle bedrieërye.+  Hulle is almal egbrekers,+ soos ’n oond wat aangesteek word deur ’n bakker, wat ophou stook nadat hy die deeg geknie het totdat dit deursuur is.  Op die dag van ons koning het vorste hulle siek gemaak+—daar is woede weens wyn.+ Hy het sy hand saam met spotters uitgestrek.  Want hulle het hulle hart nader gebring soos na ’n oond;+ dit brand binne-in hulle.+ Die hele nag slaap hulle bakker; teen die oggend brand die oond soos met ’n vlammende vuur.+  Hulle almal word warm, soos die oond, en hulle verteer hulle regters. Al hulle konings het geval;+ niemand onder hulle roep tot my nie.+  “Wat Eʹfraim betref, hy self vermeng hom met die volke.+ Eʹfraim het ’n ronde koek geword wat nie omgekeer is nie.+  Vreemdelinge het sy krag verteer,+ en hy het dit nie te wete gekom nie.+ Ook het grys hare op hom wit geword, maar hy het dit nie te wete gekom nie. 10  En die trots van Israel het in sy gesig getuig,+ en hulle het nie tot Jehovah hulle God teruggekeer nie,+ en ook het hulle hom nie weens dit alles gesoek nie.+ 11  En Eʹfraim is soos ’n eenvoudige duif+ sonder ’n verstandige hart.+ Na Egipte het hulle geroep;+ na Assiʹrië het hulle gegaan.+ 12  “Waarheen hulle ook al gaan, ek sal my net oor hulle uitsprei.+ Soos voëls van die hemel sal ek hulle afbring.+ Ek sal hulle dissiplineer ooreenkomstig die berig aan hulle vergadering.+ 13  Wee hulle,+ want hulle het van my af weggevlug!+ Laat hulle geplunder word, want hulle het teen my oortree! En ek het hulle verlos,+ maar hulle het leuens gespreek, ja, teen my.+ 14  En hulle het nie met hulle hart+ tot my om hulp geroep nie, hoewel hulle op hulle beddens bly weeklaag het. Weens hulle graan en soet wyn het hulle bly leeglê;+ hulle het voortdurend teen my gedraai.+ 15  En wat my betref, ek het dissipline toegepas;+ ek het hulle arms versterk,+ maar teen my het hulle kwaad bly beraam.+ 16  En hulle het teruggekeer, nie tot iets hoërs nie;+ hulle het soos ’n slap boog geword.+ Deur die swaard sal hulle vorste val weens die veroordeling van hulle tong.+ Dit sal hulle bespotting in Egipteland wees.”+

Voetnote