Hosea 8:1-14

8  “Aan jou mond—’n horing!+ Iemand kom soos ’n arend+ teen die huis van Jehovah, omdat hulle my verbond oortree het+ en teen my wet gesondig het.+  Tot my bly hulle roep: ‘O my God, ons, Israel, het u geken.’+  “Israel het die goeie verstoot.+ Laat ’n vyand hom agtervolg.+  Hulle het konings aangestel,+ maar nie deur my nie. Hulle het vorste aangestel, maar ek het dit nie geweet nie. Met hulle silwer en hulle goud het hulle vir hulle afgode gemaak,+ sodat hulle uitgeroei sal word.+  Jou kalf is verstoot,+ o Samariʹa. My toorn het teen hulle ontvlam.+ Hoe lank sal hulle nie tot onskuld in staat wees nie?+  Want selfs dit was uit Israel.+ ’n Blote vakman het dit gemaak,+ en dit is nie God nie; want die kalf van Samariʹa sal blote splinters word.+  “Want wind bly hulle saai, en ’n stormwind sal hulle maai.+ Nêrens is daar staande graan nie.+ Geen uitspruitsel bring meel voort nie.+ As party dit wel voortbring, sal vreemdelinge dit insluk.+  “Israel sal ingesluk word.+ Nou sal hulle onder die nasies wees+ soos ’n houer waarin geen behae geskep word nie.+  Want hulle het na Assiʹrië+ opgetrek, soos ’n sebra wat alleen gelaat is.+ In Eʹfraim se geval het hulle minnaars gehuur.+ 10  En hoewel hulle hulle onder die nasies bly huur,+ sal ek hulle nou bymekaarbring; en hulle sal ’n klein rukkie hewige pyne hê+ weens die las van koning en vorste. 11  “Want Eʹfraim het altare vermenigvuldig om te sondig.+ Hy het altare gekry om te sondig.+ 12  Ek het vir hom baie dinge van my wet geskryf;+ dit is as iets vreemds gereken.+ 13  As my offergawes het hulle vleis bly offer,+ en hulle het dit bly eet waarin Jehovah geen behae geskep het nie.+ Nou sal hy aan hulle oortreding dink en rekenskap eis vir hulle sondes.+ Na Egipte het hulle teruggekeer.+ 14  En Israel het sy Maker begin vergeet+ en tempels gebou;+ en wat Juda betref, hy het versterkte stede vermenigvuldig.+ En ek sal beslis vuur in sy stede stuur en dit sal die woontorings van elkeen verteer.”+

Voetnote