Hosea 9:1-17

9  “Moenie bly wees nie, o Israel.+ Moenie vreugdevol optree soos die volke nie.+ Want deur hoerery het jy jou God verlaat.+ Jy het hoereloon liefgehad op al die graandorsvloere.+  Dorsvloer en wynpers voed hulle nie,+ en soet wyn is vir haar teleurstellend.+  Hulle sal nie in die land van Jehovah bly woon nie,+ en Eʹfraim sal na Egipte terugkeer,+ en in Assiʹrië sal hulle eet wat onrein is.+  Hulle sal nie wyn vir Jehovah bly uitgiet nie.+ En hulle offerandes sal nie vir hom aangenaam wees nie;+ dié is vir hulle soos die brood van routye;+ almal wat dit eet, sal hulle verontreinig. Want hulle brood is vir hulle eie siel; dit sal nie in die huis van Jehovah kom nie.+  Wat sal julle op die dag van samekoms en op die dag van die fees van Jehovah doen?+  Want kyk! hulle sal weens die plundering moet weggaan.+ Egipte sal hulle bymekaarbring;+ Memfis+ sal hulle begrawe. Wat hulle begeerlike silwerware betref, netels sal dit in besit neem;+ doringbosse sal in hulle tente wees.+  “Die dae sal kom dat daar aandag aan hulle geskenk word;+ die dae van die vergelding sal kom.+ Israel sal dit weet.+ Die profeet sal dwaas wees,+ die man van geïnspireerde uiting sal weens die oorvloed van jou oortredings+ kranksinnig word, terwyl selfs vyandigheid oorvloedig is.”  Die wag+ van Eʹfraim was by my God.+ Wat ’n profeet+ betref, die valstrik van ’n voëlvanger is op al sy weë;+ daar is vyandigheid in die huis van sy God.  Hulle het diep betrokke geraak by verwoesting,+ soos in die dae van Giʹbea.+ Hy sal aan hulle oortreding dink;+ hy sal aan hulle sondes aandag skenk. 10  “Soos druiwe in die wildernis het ek Israel gevind.+ Soos die vroeë vy aan ’n vyeboom in sy beginstadium het ek julle voorvaders gesien.+ Hulle het na Baäl van Peor+ gegaan en hulle aan die skandelike ding toegewy+ en walglik geword soos die voorwerp van hulle liefde.+ 11  Wat Eʹfraim betref, soos ’n voël vlieg hulle heerlikheid weg,+ sodat daar geen geboorte en geen swanger moederskoot en geen bevrugting is nie.+ 12  Want hoewel hulle hulle kinders grootmaak, sal ek hulle ook van kinders beroof sodat daar geen mens sal wees nie;+ want—wee hulle ook wanneer ek my van hulle afkeer!+ 13  Eʹfraim, wat ek gesien het soos Tirus in ’n weiveld geplant is,+ ja, Eʹfraim is bestem om sy seuns selfs na ’n moordenaar uit te bring.”+ 14  Gee hulle, o Jehovah, wat u moet gee.+ Gee hulle ’n moederskoot wat miskrame het+ en borste wat verdor. 15  “Al hulle slegtheid was in Gilgal,+ want daar moes ek hulle haat.+ Weens die boosheid van hulle handelinge sal ek hulle uit my huis verdryf.+ Ek sal hulle nie langer liefhê nie.+ Al hulle vorste tree hardkoppig op.+ 16  Eʹfraim sal verslaan word.+ Hulle wortel sal verdroog.+ Hulle sal geen vrug voortbring nie.+ Ook as hulle geboorte gee, sal ek selfs die begeerlike dinge van hulle moederskoot doodmaak.”+ 17  My God+ sal hulle verwerp, want hulle het nie na hom geluister nie,+ en hulle sal vlugtelinge onder die nasies word.+

Voetnote