Jakobus 1:1-27

1  Jakobus,+ ’n slaaf+ van God en van die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme+ wat oral verstrooi is:+ Groete!  Ag dit louter vreugde, my broers, wanneer julle allerhande beproewinge teëkom,+  aangesien julle weet dat hierdie beproefde hoedanigheid van julle geloof volharding bewerk.+  Maar laat die volharding sy werk voltooi, sodat julle volkome+ en in alle opsigte sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.+  As een van julle dan wysheid kortkom,+ laat hom aanhou om God te vra,+ want hy gee aan almal mildelik en sonder om te verwyt;+ en dit sal aan hom gegee word.+  Maar laat hom aanhou om in geloof te vra,+ sonder om enigsins te twyfel,+ want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedryf+ en heen en weer gewaai word.  Trouens, dié mens moet nie veronderstel dat hy enigiets van Jehovah sal ontvang nie;+  hy is ’n besluitelose+ mens, onbestendig+ in al sy weë.  Maar laat die geringe broer hom verheug oor sy verheffing,+ 10  en die ryke+ hom oor sy vernedering, want soos ’n blom van die plantegroei sal hy verbygaan.+ 11  Want die son kom op met sy versengende hitte en verdor die plantegroei, en sy blom val af en die prag van sy voorkoms vergaan. So ook sal die ryke in sy weë verwelk.+ 12  Gelukkig is die mens wat beproewing bly verduur,+ want wanneer hy goedgekeur is, sal hy die kroon van die lewe ontvang,+ wat Jehovah beloof het aan diegene wat hom altyd liefhet.+ 13  Laat niemand, wanneer hy beproef word,+ sê: “Ek word deur God beproef” nie. Want met bose dinge kan God nie beproef word nie, en ook beproef hy self niemand nie. 14  Maar elkeen word beproef deurdat hy deur sy eie begeerte meegesleep en verlok word.+ 15  Daarna, wanneer die begeerte vrugbaar geword het, baar dit sonde;+ en wanneer die sonde volbring is, bring dit die dood voort.+ 16  Moenie mislei word nie,+ my geliefde broers. 17  Elke goeie gawe+ en elke volmaakte geskenk kom van bo,+ want dit daal neer van die Vader van die hemelse ligte,+ en by hom is daar geen verandering van die draaiing van die skaduwee nie.+ 18  Omdat dit sy wil was,+ het hy ons deur die woord van waarheid voortgebring,+ sodat ons sekere eerstelinge+ van sy skepsele sou wees. 19  Weet dit, my geliefde broers. Elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat,+ stadig om toornig te word;+ 20  want ’n mens se gramskap bewerk nie God se regverdigheid nie.+ 21  Lê derhalwe alle vuilheid en daardie oorbodige ding, slegtheid,+ af, en aanvaar met sagmoedigheid die inplanting van die woord,+ wat julle siele kan red.+ 22  Maar word daders van die woord+ en nie net hoorders wat julleself met valse redenering bedrieg nie.+ 23  Want as iemand ’n hoorder van die woord is, en nie ’n dader nie,+ is hy soos ’n mens wat sy natuurlike gesig in ’n spieël bekyk. 24  Want hy bekyk homself en gaan dan weg en vergeet onmiddellik watter soort mens hy is. 25  Maar hy wat diep kyk in die volmaakte wet+ wat tot vryheid behoort en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder nie maar ’n dader van die werk geword het,+ gelukkig+ wees deurdat hy dit doen. 26  As iemand meen dat hy ’n vormlike aanbidder is+ en tog nie sy tong in toom hou nie,+ maar voortgaan om sy eie hart te bedrieg,+ dié man se vorm van aanbidding is vergeefs.+ 27  Die vorm van aanbidding wat vanuit die standpunt van ons God en Vader rein+ en onbesmet+ is, is dit: om na wese+ en weduwees+ in hulle verdrukking+ om te sien en om jou sonder vlek+ van die wêreld te bewaar.+

Voetnote